<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 3.4]

Agtergrond
Geld kan by die poskantoor, in banke en gemeenskapsgebaseerde bank-fasiliteite gespaar word.By hierdie instellings kan jou geld RENTE verdien en so geleidelik meer word.

Opdrag 6

Wat is RENTE?

(Wenk: Slaan in ‘n verklarende woordeboek na).

  1. Probleem 4:

Jou ouers is bereid om elke maand R150,00 in jou eie spaarrekening by ‘n plaaslike bank te deponeer. Hiervan mag jy R50,00 maandeliks vir sakgeld onttrek, maar die oorblywende R100,00 moet rente verdien, sodat jy eendag self die deposito vir jou eie bromponie waarmee jy skool toe kan ry, kan betaal.

Opdrag 7

Maak ‘n lys van die banke in jou dorp/stad (op die meeste 5). Vaardig ‘n leerder per bank af om te gaan uitvind by watter bank jou geld die beste rente sal verdien in ‘n spaarrekening.

Naam van bank Rentekoers Bankkoste per transaksie

[LU 3.3]

Wanneer geld in ‘n spaarrekening gedeponeer word en later onttrek word, word die rente bereken op die daaglikse saldo (eindbedrag). Die renteberekenings word gewoonlik met ‘n rekenaar gedoen.

Opdrag aan die onderwyser: Nooi verteenwoordigers van die plaaslike banke uit om met die leerders te kom gesels oor die verskillende spaar- of bankgeriewe wat deur die banke aangebied word.

Opdrag 8

By watter bank sal jy ‘n spaarrekening gaan open? Motiveer jou besluit met ten minste vier goeie redes.

[LU 3.3]

Opdrag 9

Kry ‘n bankdeposito-strokie by ‘n plaaslike bank. Jy het gister verjaar en R230,00 kontant gekry. Jy wil dit graag in jou spaarrekening deponeer. Vul die bankdeposito-strokie korrek in en plak dit hier onder.

Banke gebruik die geld wat ons spaar om in ander besighede te belê of om geboue en grond aan te koop. Op dié manier laat banke ons geld “groei”. As jy jou geld by ‘n bank spaar, kry jy meer geld terug as wat jy ingesit het.

[LU 3.3]

Assessering

LU 2

VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING

Die leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.

Dit is duidelik as die leerder die volgende doen:

2.2 verduidelik die begrip ekonomiese groei en ontwikkeling, en die impak daarvan op die ontwikkeling van gemeenskappe en die samelewing;

2.3 ondersoek persoonlike stappe en houdings om die lewenstandaard te verbeter (bv. Die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede, die opbouende gebruik van tyd en hulpbronne om ‘n gesonde omgewing te bevorder).

LU 3

Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Ons weet dit as die leerder die volgende doen :

3.3 vind uit en bespreek hoe ‘n spaarrekening by ‘n bank oopgemaak word en vul ‘n deposito- en onttrekkingstrokie in;

3.4 bespreek die waarde daarvan om geld te spaar en spaarsaam te wees, en waarom mense in wie se basiese behoeftes nie voorsien word nie, dit moeilik vind om te spaar.

Memorandum

Opdrag 1

Elke leerder moet na aanleiding van die probleemstelling ‘n begroting vir sekere uitgawes saamstel. Elke leerder moet die verskillende soorte uitgawes kwalifiseer met voorbeelde. ‘n Sakrekenaar mag gebruik word.

Kan verskil, maar die uitgawes moet net die inkomste oorskry en ‘n tekort moet aangedui word. ‘n Wenk is om afgeronde bedrae te gebruik.

  • Uitgawes: Totale bedrag R75,00

(a) Skryfbehoeftes

(i) potlood R3,00

(ii) uitveër R4,00

(b) Toiletware

√ √ (i) onderarmrol R8,00

(ii) sjampoe R14,00

(c) Verjaarsdaggeskenke

(i) Elisma R15,00

(ii) Adri R15,00

(d) Lekkergoed

(i) Snoepie R16,00

√√

  • Tekort R25,00
  • Netheid √ √

Opdrag 2

Die gevolge van die opeenhoping van skuld en dat ‘n persoon se uitgawes sy inkomste oortref, word met die klas bespreek. Die belangrikheid van die opstel van ‘n begroting sodat skuld nie kan ophoop nie, word onder die leerders se aandag gebring. Daarna kan die leerder die probleemstelling oplos. ‘n Sakrekenaar mag gebruik word.

Soos Opdrag 1, Totale bedrag R28,00 √ (minder as R30)

Ten minste drie items, maar nie meer as vyf. √ √ √

Totale afgerond. √ √

Surplus √ R2,00 √

Netheid √ √

Opdrag 3: Die verskil tussen vaste en veranderlike uitgawes word aan die leerders verduidelik, waarna die leerders individueel Opdrag 3 kan voltooi.

Vaste Veranderlik
Huispaaiement (doen saam as klas)Telefoonhuur √Huishulp se loon √Huishulp se loon √Sakgeld √Klererekening wat jy afbetaal √ Waterrekening √Elektrisiteitsrekening √Kontant: kruideniersware √Ontspanningsuitgawes √Brandstofverbruik √

Opdrag 4: Die dilemma rondom kinderarbeid kan ‘n lewendige debat ontlok en elke leerder se siening kan oorweeg word. Die aanvaarbaarheid of onaanvaarbaarheid van sekere situasies kan dan oorweeg word.

Opinies kan verskil.

Situasie 1 – aanvaarbaar

Situasie 2 – onaanvaarbaar

Opdrag 5 : Die belangrikheid van spaar word onder die leerders se aandag gebring, asook verskillende maniere van spaar. Daarna kan die beste manier van spaar afgelei word.

Spaarrekening voordeel – geld verdien rente

nadeel – moet bankkoste betaal

Spaarbussie: nadeel – kan gesteel word, het te maklik toegang tot geld.

Opdrag 6: Die begrip rente word aan die leerders verduidelik, waarna die opdrag voltooi word

Opbrengs van uitgeleende of geld wat belê is, vergoeding van bank omdat hul jou geld vir hul beleggings kan gebruik.

Opdrag 7 : ‘n Groep leerders kan afgevaardig word om by verskillende banke inligting oor rentekoerse en bankkostes te versamel. Slegs een leerder per graadgroep kan by een bank die inligting gaan versamel en dit dan aan die ander graadgroepe deurgee. Antwoorde kan verskil

Opdrag 8: Leerders moet slegs aflei dat verskillende banke verskillende rentekoerse bied, asook dat die bankkostes verskil. Solank ‘n leerder kan motiveer, met aanvaarbare redes, hoekom hy/sy ‘n spesifieke bank gekies het, is alle antwoorde aanvaarbaar. Antwoorde kan verskil

Opdrag 9

Voorbeeld van depositostrokie en bepunting

Leerders kry prakties die geleentheid om ‘n bankdepositostrokie in te vul. Hoe dit gedoen word, kan vooraf aan die klas verduidelik word. ‘n Verskeidenheid banke se strokies kan ingevul word, sodat leerders die basiese inligting wat op almal voorkom, kan aflei.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask