<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die reis is lank en vervelig. beantwoord die volgende vrae:

  • Sal jou vriend met jou gesels of eerder verkies om ‘n boek te lees?
  • Jy het net oninteressante en gesonde kos ingepak en jou vriend hou van heerlike en aangename versnaperinge. Wat sal jou vriend doen?
  • Tydens jou reis moet jy by jou ma se ou vriendin stop en sy haat kinders. Sal jou vriend saam met jou gaan of belowe om jou na jou besoek iewers te ontmoet?
  • Ons kan sê ‘n goeie vriend is , en .Dit is baie belangrik om reëls na te kom wat bedoel is om ons gesond te hou. Ons moet fiks bly en gesond eet. Om fiks te bly beteken dat ons ons spiere gereeld moet oefen.Dit is wonderlik om te sien wat ons liggaam alles kan doen.

Oefen in ‘n groep om te wys watter verskillende maniere julle liggame kan buig en draai. Maak ook verskillende bewegings vorentoe en agtertoe. Julle vertoning moet soos ‘n konsert wees waar die ander groepe vir julle kan kyk. Dink aan ‘n manier waarop julle die konsert kan aanbied sodat dit vir die ander groepe interessant sal wees om daarna te kyk.

  • Kyk na die lys om seker te maak dat julle alles in julle vertoning ingesluit het.
ITEMS JA/NEE
‘n Inleiding
Draai- en swaaibewegings
Vorentoe beweeg en op drie verskillende maniere
Agtertoe beweeg op drie verskillende maniere
Hoe om julle vertoning af te sluit

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERINGLU 2
SOSIALE ONTWIKKELING Die leerder kan begrip toon van en hom verbind tot grondwetlike regte en verantwoordelikhede, asook begrip toon van uiteenlopende kulture en godsdienste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 eienskappe van ‘n goeie maat noem en redes daarvoor gee.
LU 4
FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING Die leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.2 deelneem aan aktiwiteite om beheer, koördinasie en balans te ontwikkel in die basiese aksies van beweging, elevasie en rotasie;4.3 ekspressiewe bewegings of patrone ritmies kan uitvoer deur verskeie stimuli te gebruik.
AARDRYKSKUNDELU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 omgewingsvraagstukke op die plek waar die leerder woon of skoolgaan identifiseer en beskryf (die vraagstuk);3.2 die faktore wat tot die probleem of vraagstuk aanleiding gee, beskryf (faktore wat die vraagstuk affekteer);3.3 die uitwerking van die vraagstuk op die plek en op mense (huis, skool, omgewing) identifiseer (faktore wat die vraagstuk affekteer);3.4 voorstel wat gedoen kan word om die probleem op te los en die plek waar die leerder woon of skoolgaan, te verbeter (maak keuses).
NATUURWETENSKAPLU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder kan met vertroue reageer op nuuskierigheid oor natuurverskynsels en kan verhoudinge ondersoek en probleme oplos in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 Beplan : ‘n ondersoek as lid van ‘n groep beplan;1.2 Doen : onafhanklik of as deel van ‘n groep aan ‘n beplande aktiwiteit deelneem;1.3 Terugskou : wys en verduidelik wat gedoen is en hoe dit gedoen is.
KUNS EN KULTUURLU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 Dans : vrylik en met gemak deur ruimte beweeg, sowel binne as buite, terwyl afgespreekte fisieke, mondelinge en klankseine nagekom word.
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder kan veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur ontleed en gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.3 Drama : poppespel, geanimeerde klippe, mieliekoppe of ander voorwerpe in dramatiese spel gebruik om eie idees en gevoelens uit te druk;4.6 Oorkoepelend : praat oor wat hy/sy in die eie omgewing gesien en gehoor het wat vir hom/haar betekenisvol is.

Memorandum

  • Ons maak in hierdie laaste module gebruik van ‘n algemene tema oor reise om die verskillende assesseringstandaarde te dek. Ons lê elke dag verskillende klein reise af: skool toe, winkel toe, huis toe, ensovoorts, en moet elke keer die padtekens en verkeersreëls gehoorsaam. Hierdie reëls is bedoel om ons veiligheid te verseker, net soos die reëls by die skool. Ons reis deur elke skooldag word veilig gemaak deurdat ons die skoolreëls, wat te doen het met ons gesondheid en met dissipline, gehoorsaam.
  • Ons reise kan ons ook na landelike gebiede neem, waar ons in aanraking kan kom met besoedelde water en die belangrikheid van skoon water.
  • Selfs ons lewe kan gesien word as ‘n reis. Ons vriendskappe en verhoudings met ander mense kan ons “reis” maak of breek. Ons kom dikwels probleme teë. Moedig die leerders aan om so ‘n probleem in die gemeenskap te identifiseer en ‘n oplossing daarvoor te probeer uitdink.
  • Bespreek die maniere waarop die leerders by die skool kom. Lei die bespreking op so ‘n wyse dat die leerders sal besef dat verkeersreëls bydra tot die veiligheid van die gebruikers van die paaie. Hulle moet ook besef dat voetgangers ook die paaie gebruik en dat ook hulle die verkeersreëls en padtekens moet gehoorsaam.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11104/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask