<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Formuleer drie vrae van jou eie wat met die storie oor die geskiedenis van bungee-spring verband hou.

2. By wie lê die verteller se simpatie in hierdie verhaal?

3. Gee twee aanhalings (enkele woorde of sinsnedes of selfs sinne) ter stawing van jou antwoord by 2.

4. Het jy die verhaaltjie geniet/interessant gevind? Gee kortliks terugvoering oor jou siening. (Skryf drie of vier sinne.)

LU 1.1

Aktiwiteit 2

Om mondelinge tekste te verstaan en om aandagtig te luister tydens ’n bespreking

1. Skryf die verhaal van die ontstaan van hierdie sportsoort kortliks in jou eie woorde oor (in ongeveer 70 woorde).

2. Beantwoord die volgende vrae wat op die teks op p.1 gebaseer is, in volsinne:

2.1 Watter land was een van die eerste wat baie aktief aan bungee-spring begin deelneem het? (Dis nie die land/eiland waar dit ontstaan het nie.)

2.2 Noem nog ’n paar sportsoorte op waaraan die lede van die “Oxford Dangerous Sports Club of Britain” moontlik deelgeneem het of nog steeds deelneem. (Dit staan nie in die teks nie. Dink self aan moontlike sportsoorte.)

3. Wat is “ kommersiële bungee-terreine”?

4. Vind uit van twee plekke in Suid-Afrika waar daar sulke terreine is en skryf die naam van die dorp/stad of omgewing neer.

5. Sou jy graag eendag ’n bungee-sprong wou uitvoer?

6. Gee ’n rede vir jou antwoord.

7. Verdeel in groepies van vyf en ruil standpunte uit oor hierdie sportsoort. Indien jou maats se standpunte van joune verskil, moet jy hoflik daarop reageer. Jy mag hul standpunt bevraagteken, maar moet hulle nie onderbreek terwyl hulle praat nie. Jy mag hulle idees kritiseer, maar moenie die spreker vir sy/haar standpunt kritiseer nie. Evalueer mekaar se argumente. Skryf jou evaluering kortliks neer.

8. Hoe verskil die aktiwiteit waaraan julle so pas deelgeneem het (’n gesprek / debatvoering ) van ’n verhaal ? Skryf sommige van die elemente van elk van hierdie twee tekste (gesprek / verhaal) neer. Jul onderwyser sal ’n bietjie raad gee voor julle begin.

LU 1.2 LU 1.4

Aktiwiteit 3

Om te vertaal en te tolk

1. Verdeel in groepies van drie (A, B en C). A dra ’n boodskap oor in die huistaal, terwyl B as tolk optree en dit op Afrikaans aan C oordra. Die boodskap moet op die een of ander manier verband hou met bungee-spring, en dit moet so korrek moontlik vertolk word sodat daar geen misverstand intree nie. Die ontvanger van die boodskap (C) moet dan op Afrikaans antwoord en die tolk moet dan die antwoord op Engels aan C gee.

  • Wees kreatief – dit moet ’n interessante of opwindende boodskap wees. Dramatiseer so ’n bietjie terwyl julle dit doen.

2. Vertaal die volgende teks in Afrikaans. Jy mag ’n woordeboek gebruik. ( BASE word nie vertaal nie; dit bly net so.)

Bungee jumping is sometimes confused with a similar sport that is called BASE jumping. One of the well known places where this sport is practised is a bridge over a deep gorge in Virginia in the U.S.A. Each year on “Bridge Day” a number of people gather there to jump. The jumper wears a parachute which is attached to a cable. As the person jumps, the parachute opens automatically as soon as he/she is far enough below the bridge. The cable swings away from the jumper who then parachutes 800 feet to the bottom of the gorge.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories waardeer en verstaan;
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Verduidelik wat woordspeling is en hoe dit met “aanhangers” en “met rasse skrede” verband hou.

Verduidelik wat “les bes” aan die einde van die stuk beteken.

1. Drie vrae wat leerder self geformuleer het. NB: Volsinne met vraagteken aan einde.

2. Die verteller is simpatiek teenoor die vrou.

3. Enige twee aanhalings wat aanvaarbaar is, bv. “…sy was natuurlik slimmer as hy…” en “mishandel”.

4. Leerder se mening en eie terugvoering.

AKTIWITEIT 2

1. eie kort samevatting in eie woorde sover moontlik

2.1 Engeland

2.2 Enige moontlike sportsoorte, soos rotsklim of valskermspring.

3. Dit is terreine waar mense betaal om bungee-spronge uit te voer, m.a.w. waar dit as ‘n besigheid bedryf word.

4. Enige twee plekke wat deur navorsing geïdentifiseer is, bv. by die Gouritsrivier-brug, of in Mpumalanga naby Sabie.

5. eie antwoord

6. eie rede

7. Bespreking; meningsverskille op hoflike wyse. Evaluering van argumente word kortliks neergeskryf.

8. Gesprek / debatvoering het te make met feite of opinies; verhaal is ‘n “storie”; het gewoonlik karakters; is in ‘n sekere tyd en ruimte geplaas; het moontlik ‘n intrige; het waarskynlik ‘n begin, middel en einde. Onderwyser moet hier leiding gee en kan dalk ‘n kort kortverhaal voorlees. Daar is uitstekende Afrikaanse kortverhale wat deur Abraham H de Vries byeengebring is in verskeie bundels.

AKTIWITEIT 3

1. Vertolking moet getrou aan oorspronklike wees in betekenis en moet ondubbelsinnig wees. Lyftaal en intonasie is belangrik. Gee leerders die geleentheid om kreatief rolspel te beoefen.

2. eie vertaling

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask