<< Chapter < Page Chapter >> Page >

VRAE:

. (a) Die dogter se naam is Maria.

  1. Haar verjaarsdag is vir haar die lekkerste dag van die jaar.
  2. Sy vertel van haar tiende verjaarsdag.
  3. Op haar verjaarsdag het sy baie laat wakker geword.
  4. Haar bed kraak baie hard.
  5. Sy het twee boeties.
  6. Haar pa het eerste opgestaan.
  7. Haar ma het badkamer toe gegaan.
  8. Daarna het haar twee boeties kombuis toe gegaan.
  9. Sy het gemaak asof sy slaap.

Luister terwyl julle opvoeder vir julle ‘n baie kort storietjie voorlees waarin ‘n dogter van haar verjaarsdag vertel. Beantwoord dan die vrae wat die opvoeder oor die storie vra. Julle opvoeder sal die storie minstens twee maal voorlees.

Beantwoord die vrae (a) tot (j) deur slegs Ja of Nee te skryf.

MONDELING

Telefoongesprek

Jou ma sê jy mag vir jou elfde verjaarsdag ‘n paar maats na julle huis toe nooi vir ‘n partytjie. Die tyd is ‘n bietjie min, aangesien jy oor drie dae verjaar. Dis beter om die maats te bel en telefonies uit te nooi.

Rolspeel die telefoongesprek saam met ‘n maat. Julle kan dit neerskryf as julle wil.

Een maat is A en die ander maat is B.

Hier volg ‘n paar leidrade vir julle gesprek.

Begin só:

A: Hallo, mag ek asseblief met _ praat?

B: Ja, dit is _ wat praat.

A: Dis ­_ hier. Ek bel net om te hoor wat jy Saterdag doen.

B: Watter Saterdag? Saterdag 1 Oktober of Saterdag 8 Oktober?

A: Ek praat van eerskomende Saterdag, 1 Oktober.

B: Hoekom vra jy? _

(Voltooi nou self verder)

Jou ma wil vir jou ‘n verjaarsdagkoek bak, maar die resep se stappe het deurmekaar geraak. skryf nou die resep oor met die stappe in die regte volgorde!

  1. Gooi die mengsel in die koekpanne.
  2. Sit die bestanddele bymekaar.
  3. Lees die resep.
  4. Meng die bestanddele in ‘n mengbak.
  5. Skakel die oond aan, en verhit tot 180°C
  6. Versier die koek soos verkies.
  7. Sit die koekpanne in die oond en bak vir 30 minute.
  8. Bedek die koek met versiersuiker

[LU 5.2.3]

6. samestellings

Wat kom jy agter van woorde soos verjaarsdagkoek, koekpan en mengbak?

Hulle is eintlik uit twee woorde saamgestel.

verjaarsdag + koek : verjaarsdagkoek

koek + pan : koekpan

meng + bak : mengbak

Ons noem sulke woorde samestellings .

Kyk na die ballonne. Die woorde in elke ballon kan saamgevoeg word om samestellings te vorm. Skryf hierdie nuwe woorde neer van (a) tot (j).

Skyf nou die woorde en hulle samestellings in volsinne soos volg neer.

  1. ‘n Kamer waarin ‘n mens slaap, is ‘n _ .

Doen dieselfde met die orige samestellings en nommer hulle van (l) tot (t).

[LU 6.3.4]

  1. VERJAARSDAGKAARTJIE

Ontwerp ‘n verjaarsdagkaartjie vir iemand vir wie jy lief is en wat jy goed ken. Hierdie verjaarsdagkaartjie moet natuurlik voorop ‘n boodskappie van gelukwense bevat. Die volgende boodskappies sal geskik wees en jy mag enige van hulle gebruik as jy wil:

Binne-in die kaartjie moet jy ‘n spesiale boodskap skryf om hierdie persoon geluk te wens. Hierdie boodskap moet beskryf hoekom hierdie persoon spesiaal is vir jou of wat hom of haar spesiaal maak.

Jy kan ‘n A4-grootte vel papier vou en gebruik om jou kaartjie te ontwerp.

[LU 4.2]

Pinata

Is daar dalk ‘n klasmaat wat binnekort verjaar? Hoekom vier julle nie sy of haar verjaaarsdag op die Mexikaanse manier nie?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask