<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Buitelandse verhandeling

  1. Ek wil 'n MP3-speler koop wat £100 kos, en die huidige wisselkoers is tans £ 1 = R 14 . Ek glo die wisselkoers gaan verander na R 12 binne 'n maand.
    1. Hoeveel sal die MP3 speler in rand kos as ek dit nou koop?
    2. Hoeveel sal ek spaar as die wisselkoers daal na R 12 ?
    3. Hoeveel sal ek verloor as die wisselkoers verander na R 15 ?
  2. Bestudeer die volgende tabel met wisselkoerse:
    Land Geldeenheid Wisselkoers
    Verenigde Koninkryk(VK) Pond(£) R 14 , 13
    Amerika (VSA) Dollar ($) R 7 , 04
    1. In Suid-Afrika is die koste van 'n nuwe Honda Civic R 173 400 . In Engeland kos dieselfde voertuig £ 12 200 en in die VSA $ 21 900 . In watter land is die voertuig die goedkoopste as jy die pryse omskakel na Suid-Afrikaanse rand ?
    2. Sollie en Arinda is kelners in 'n Suid-Afrikaanse restaurant wat baie oorsese toeriste lok. Sollie kry 'n £ 6 fooitjie van 'n toeris en Arinda kry $ 12. Hoeveel Suid-Afrikaanse rand het elkeen gekry?

Opsomming

  • 'n Buitelandse wisselkoers is die prys van een geldeenheid in terme van 'n ander.
  • Daar is twee soorte rente: enkelvoudige rente en saamgetelde rente.
  • Die volgende tabel verduidelik die simbole wat in die formules vir enkelvoudige sowel as saamgestelde rente gebruik word.
    P Aanvangsbedrag ("Principal amount") (die bedrag geld aan die begin van die transaksie)
    A Eindbedrag ("Accumulated amount") (die bedrag geld aan die einde van die transaksie)
    i rentekoers per tydsinterval
    n aantal tydsintervalle (bv. jare, maande, dae)
  • Vir enkelvoudige rente gebruik ons:
    A = P ( 1 + i · n )
  • Vir saamgestelde rente gebruik ons:
    A = P ( 1 + i ) n
Sorg dat die rentekoers en die periode altyd in dieselfde tydseenhede (bv. albei in jare, of albei in maande, ens.) uitgedruk word.

Die volgende 3 videos gee 'n opsomming oor hoe om rente te bereken. Let daarop dat hoewel die voorbeelde met dollars gedoen word, ons die feit kan gebruik dat die dollar 'n desimale geldeenheid is net soos die rand (ignoreer die wisselkoers). Dit is wat in die onderafdelings gedoen is.

Khan akademie video oor rente - 1

Khan akademie video oor rente - 2

Let Wel: Aan die einde van hierdie video word die reël van 72 genoem. Jy sal nie hierdie reël gebruik nie, maar sal liewer die probeer-en-tref metode gebruik om die gevraagde probleem op te los.

Khan akademie video oor rente - 3

Einde van hoofstuk oefeninge

  1. Jy is met vakansie in Europa. Die hotel vra 200 euro per nag. Hoeveel rand het jy nodig om die hotelrekening te betaal as die wisselkoers 1 euro = R9,20 is?
  2. Bereken hoeveel rente jy sal verdien as jy R500 vir 1 jaar belê teen die volgende rentekoerse:
    1. 6,85% enkelvoudige rente
    2. 4,00% saamgestelde rente
  3. Bianca het R1 450 om vir 3 jaar te belê. Bank A bied 'n spaarrekening aan wat enkelvoudige rente betaal teen 'n koers van 11% per annum. Bank B bied 'n spaarrekening aan wat saamgestelde rente betaal teen 'n koers van 10,5% per annum. Watter bank gaan vir Bianca die spaarrekening gee met die grootste opgeloopte bedrag aan die einde van die 3 jaar?
  4. Hoeveel enkelvoudige rente is betaalbaar op 'n lening van R2 000 vir 'n jaar indien die rentekoers 10% per jaar is?
  5. Hoeveel saamgestelde rente is betaalbaar op 'n lening van R2 000 vir 'n jaar indien die rentekoers 10% per jaar is?
  6. Bespreek:
    1. watter soort rente jy sal verkies as jy die lener is
    2. watter soort rente jy sal verkies as jy die bankier is
  7. Bereken die saamgestelde rente vir die volgende probleme:
    1. 'n lening van R2 000 vir 2 jaar teen 5% per jaar
    2. 'n belegging van R1 500 vir 3 jaar teen 6% per jaar
    3. 'n lening van R800 vir l jaar teen 16% per jaar
  8. As die wisselkoers vir 100 jen = R6,2287 en 1 Australiese dollar (AUD) = R5,1094 , bepaal die wisselkoers tussen die Australiese dollar en die Japanese jen.
  9. Bonnie het 'n stoof gekoop vir R3 750. Na 3 jaar het sy dit klaar betaal, asook die R956,25 huurkoopkoste. Bereken die koers waarteen enkelvoudige rente bereken is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask