<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Rotariër Vereniging is ‘n voorbeeld. Gesels met jou ouers en opvoeder oor die spesifieke doel en werking van so ‘n organisasie en skryf dan ‘n kort paragraaf met spesifieke verwysing na die volgende aspekte:

  • In watter lande is hulle werksaam?
  • Wat is die hoofdoel van die organisasie?
  • Hoe bekom hulle hul fondse?

.....................................................................................................

KYK OF JULLE KAN UITVIND WATTER ORGANISASIE DEUR DIE VOLGENDE SIMBOOL VERTEENWOORDIG WORD.

+

  1. Hooftipes organisasies

Daar is hoofsaaklik drie hooftipes organisasies.

VRYWILLIGE WELSYNSORGANISASIEbv. gemeenskapskasDIENSORGANISASIEbv. Rotariërs Mense sluit uit vryewil by so ‘norganisasie aan, omdat hulle in die aktiwiteite daarvan belangstel.
VERPLIGTE Skool Mense sluit by hierdie organisasies aan omdat hulle moet.
BESIGHEID Winkel, bank, fabriek, ens. Mense sluit by hierdie organisasies aan omdat dit hulle help om ‘n inkomste te genereer. Hierdie tipes organisasies kies gewoonlik die mense wat hulle wil hê en wanneer die organisasie suksesvol is, verdien die werkers geld.

C. Organisasie en bestuur

‘n Organisasie kan op verskeie maniere bestuur word. ‘n Skool sal byvoorbeeld heel anders as ‘n kerk bestuur word. Laasgenoemde sal weer baie verskil van die bestuur van die plaaslike sportklub. Daar is gewoonlik ‘n groep mense wat in die bestuur dien. Elkeen het ‘n spesifieke afdeling van die organisasie wat hy/sy bestuur. Ons gaan nou jul eie skool as organisasie neem en die bestuur daarvan ontleed.

GEVALLESTUDIE

Aktiwiteit 2

Om meer te wete te kom oor die bestuur van die skool [lu 3.1]

DIE BESTUUR VAN DIE LAERSKOOL .......................................................

Vorm kleiner groepe in jul klas. Beplan nou die nodige onderhoude met rolspelers ten einde ‘n kort verslag te skryf oor die bestuur van julle skool . Lê veral klem op taakomskrywing van die volgende funksionarisse :

  • die beheerliggaam;
  • die skoolhoof;
  • departementshoofde;
  • sekretaresses;
  • ouer-onderwysersvereniging;
  • leerderraad;
  • sportorganiseerder;
  • terreinbestuurder;

................................................

................................................................................................................

Waarom het ‘n organisasie ‘n bestuur nodig?

Aktiwiteit 3

Om ‘n organisasie te stig [lu 3.1]

D. Klasprojek

  • Identifiseer ‘n behoefte aan ‘n organisasie binne jul eie klas.
  • Stig so ‘n organisasie.
  • Formuleer ‘n duidelike doel vir jul organisasie.
  • Stel reëls (‘n grondwet) vir die organisasie saam.
  • Hou jul eerste vergadering en verkies ‘n bestuur.
  • Gee aan elke bestuurslid ‘n spesifieke taak (dit is sy/haar verantwoordelikheid).
  • Besluit hoe gereeld die bestuur gaan vergader.
  • Besluit hoe jul gaan bepaal of en wanneer julle in julle doel geslaag het.

Sterkte en geniet dit!

Assessering

LEERUITKOMS 3: BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 deelneem aan die bestuur van ‘n klasprojek (beplanning, organisering, leiding en beheer).

3.2 onderskei drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings.

Memorandum

Bladsy 2

  • Leerders beantwoord begripsvrae met leesstuk op p. 1 as inligtingsbron.
  • ‘n Gesprek met ouers of lede van die plaaslike Rotariërvereniging sal baie help ten einde hierdie paragraaf sinvol te kan skryf.

Bladsy 3

International Federation of Red Cross and Red Crescent Societies.

Bladsy 4

Opvoeder help om leerders in klein groepe te deel en reël dan onderhoude met lede van die skool se bestuur. Opvoeder gee leiding t.o.v. tipe vrae wat aan die onderskeie funksionarisse gevra kan word.

Bladsy 5

Opvoeder lei leerders om ‘n behoefte aan ‘n organisasie te identifiseer. (Hou dit klein – binne klasverband.) Gebruik nou kennis in hierdie module opgedoen om die organisasie van stapel te stuur.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask