<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dis reg. Ons kan “ ORGANISASIE ” spel deur al elf letters te gebruik!
Nou kom ons by die maklike deel…. Wat is ‘n organisasie?
A. Groepwerk
Gesels in jul groepe en kyk of julle ‘n kort definisie vir ‘n organisasie kan skryf.
Hou nou ‘n kort klasbespreking oor almal se bydraes en formuleer ‘n klasdefinisie.
Behoort jy aan enige organisasies?
Indien ja, hoeveel mense behoort aan hierdie organisasie?
Behoort jou ouers / familie aan enige organisasies?
B. Hier volg ‘n paar voorbeelde van organisasies:
Ek is seker jou begrip van die term “organisasie” raak al beter.
C. Deur nou die lys met voorbeelde in gedagte te hou, kyk of julle in jul groepe ‘n paar eienskappe van ‘n organisasie kan neerskryf:
Kyk of julle die volgende eienskappe op julle lys het:
‘n ORGANISASIE is ‘n groepering van mense wat…
gewoonlik dieselfde voel oor ‘n spesifieke saak;
‘n gemeenskaplike doel voor oë het ( ‘n doel wat vir almal geld);
volgens spesifieke reëls en regulasies funksioneer, en
‘n eie unieke naam het.
D. Gebruik nou alle inligting wat jy sover oor ‘n ORGANISASIE versamel het en bespreek die volgende stelling krities (m.a.w. sê of dit waar of onwaar is en gee redes vir jou antwoord):
“My gesin is ‘n organisasie.”
MY SKOOL - ‘N ORGANISASIE
Beantwoord die volgende vrae oor jou skool as ‘n organisasie.
F. Organisasie / Grondwet
Die reëls waarbinne ‘n organisasie funksioneer, word die KONSTITUSIE of GRONDWET genoem. Die grondwet sluit die volgende in:
Aan die begin van die 1990’s het die politieke partye in ons land besluit dat Suid-Afrika ‘n nuwe nasionale grondwet (stel reëls waarbinne almal in Suid-Afrika moet leef) nodig het. Hierdie nuwe grondwet is in 1994 saamgestel en ons eerste demokratiese verkiesing om ‘n nuwe regering te verkies het ook in daardie jaar plaasgevind. Die grondwet se hoofdoel is om die regte van elke inwoner van die land te beskerm. Almal moet die reëls gehoorsaam - selfs die regering.
Probeer nou om ‘n grondwet (stel reëls waarbinne die organisasie funksioneer) vir jou skool as ‘n organisasie te skryf.
LEERUITKOMS 3: BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE
Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.1 deelneem aan die bestuur van ‘n klasprojek (beplanning, organisering, leiding en beheer);
3.2 drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings onderskei.
Bladsy 3
Bladsy 3
Bladsy 4
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?