<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Berig 3

Stellenbossers sterf in bende-hinderlaag
Mnre. Gavin (Tand) Alexander (25) en ‘n vriend, Cameron (Lappe) Abrahams (17) is Donderdagaand omstreeks 22:30 doodgeskiet in wat vermoedelik ‘n bendelokval was.Die oorledenes, na bewering op pad na ‘n smokkelhuis, was glo besig om ‘n pap band om te ruil toe hulle, volgens die polisie, deur bendelede genader is wat hulle motor wou kaap. Drie sake wat teen Alexander hangend was, is Woensdag in absentia terug getrek. In een van die sake was daar nie minder nie as veertien klagtes van huisbraak en diefstal teen Alexander. Volgens die sekretaris van die rugbyklub waarvan Alexander lid was, is sy heengaan ‘n groot verlies. “Dit sal moeilik wees om ‘n speler soos hy te vervang. Hy was ‘n staatmaker en het goeie rugby gespeel - sy gunsteling posisie was flank. Hy het altyd ‘n goeie gesindheid teenoor sy medespelers en die bestuur geopenbaar. Hy sal van die bestuurskant as ‘n lojale en klipharde speler onthou word. Die klub getuig sy meegevoel met sy familie en al sy rugbyvriende,” het hy gesê. - Eikestadnuus, 23 November 2001 -

Aktiwiteit 3:

Om na aanleiding van koerantberigte ‘n bespreking te voer [LU 1.4]

Groepbespreking

Bespreek die volgende aspekte in julle groepe:

Berigte 1 en 2

  • Word hier verwys na vlugtige vriendskappe, vaste verhoudings of verkragting?
  • Word daar van skoolgaande kinders in hierdie berigte gepraat?
  • Na watter oortredings word daar in die berigte verwys?
  • Ongeveer hoeveel mense of instansies word deur die oortredings geraak?
  • Wat is die rol van die kinders se ouers in die situasie?
  • Wat is die regte of verkeerde optrede van die kinders in die betrokke situasies?
  • Wat is die polisie se rol in die situasie?
  • Is MIV/VIGS in enige van die twee tipes voorvalle wat in die berigte beskryf word, ‘n moontlike gevaar?
  • Wat kan jong mense doen om hulle in soortgelyke situasies teen MIV/VIGS te beskerm?
  • Wanneer ‘n persoon verkrag is, is dit moontlik dat sy ‘n seksuele oordraagbare siekte of VIGS kan opdoen. Wat behoort so ‘n slagoffer hieromtrent te doen?
  • Hoe sou jy in dié situasies opgetree het?
  • Wat dink jy is die regte optrede in sulke situasies?
  • Is verkragters altyd onbekendes?
  • Is mense wat wetteloos optree deur en deur sleg of het hulle ook goeie eienskappe?
  • Kan jy ‘n persoon met kriminele neigings maklik uitken?

Deel ook met mekaar situasies waarin jy of ‘n maat was wat jy as ‘n soortgelyke of ander gevaarsituasie ervaar het.

Berig 3

  • Identifiseer ten minste een probleem wat geweldverwant is.
  • Beskryf ten minste drie maniere waarop hierdie probleem aangespreek kan word en wat die gevolge van die misdryf is.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
G ESONDHEIDSBEVORDERINGDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 maniere voorstel om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter;
1.2 optrede evalueer om ’n omgewingsgesondheidsprobleem te hanteer;
1.3 strategieë beskryf om met siektes, insluitend MIV/vigs, saam te leef;
1.4 die persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk bespreek wat met seksualiteit gepaardgaan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask