<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

‘n gesonde leefwyse

Module 4

Persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk

Persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk en hoe dit seksualiteit raak.

Aktiwiteit 1:

Om na aanleiding van koerantberigte gevaarsituasies in eie lewe te bespreek [LU 1.4]

Groepaktiwiteit

Lees die koerantberigte op die volgende bladsye en bespreek dit in ‘n groep. Deel ook met mekaar ‘n situasie waarin jy of ‘n maat verkeer het wat jy as ‘n soortgelyke gevaarsituasie ervaar het.

Aktiwiteit 2:

Om na aanleiding van koerantberigte ‘n rolspel uit te voer [LU 1.4]

Alternatiewe groepaktiwiteit

Berigte 2 en 3 kan gebruik word as ‘n “hofsaak” wat uitgebeeld word deur rolspel.

Rolverdeling:

  • Die regter
  • Staatsaanklaer
  • Die aangeklaagde
  • Die aangeklaagde se regsverteenwoordiger (prokureur)
  • Getuies

Berig 1

Hermanus reg vir matrieks se naweek
HERMANUS - Polisieversterkings word hierdie naweek ontplooi in afwagting van duisende jong mense wat op die dorp en omstreke sal toesak vir die jaarlikse matrieknaweek.Die berugte naweek na die laaste vak van die matriekeindeksamen lok jaarliks duisende matrikulante, studente en ander jongmense na die dorp.Baie vier hulle nuutgevonde vryheid met alkohol.Dit is juis die soms onverantwoordelike uitbundigheid wat die polisie vanjaar sterk wil vasvat. Geen vorm van wetteloosheid sal geduld word nie.Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, insp. Eben Groenewald, sal geen drankmisbruik in die openbaar, roekelose en dronkbestuur, onsedelikheid in die openbaar, vandalisme, onwettige parkering, opruiende en wangedrag, en rusverstoring geduld word nie.Oortreders sal summier in hegtenis geneem of beboet word.Inwoners, sakelui en gereelde besoekers eis dat die polisie teen enige vorm van wetteloosheid optree. Dit is presies wat ons beplan om te doen. Die polisie is slaggereed om enige situasie te hanteer en ‘n beleid van geen genade nie sal gevolg word, het Groenewald gewaarsku.Hy het gesê die polisie sal ten nouste met die munisipale en provinsiale verkeerspolisie saamwerk. Strande, kuierplekke en restaurante sal gepatrolleer en padversperrings aangebring word.Baie ouers het geen benul wat hul kinders gedurende die naweek aanvang nie. Ervaring het geleer dat baie ouers liewers in hul kinders se onskuld as in die polisie se verduidelikings glo wanneer die kinders in hegtenis geneem word.Dit is nie ons voorneme om enige persoon se pret te bederf nie, maar ons vra samewerking om te verseker dat hulle ‘n veilige en prettige tyd op Hermanus sal hê.Hy het ‘n beroep op ouers, skoolhoofde en tersiêre inrigtings gedoen om die ernstige waarskuwing onder die aandag van die betrokke leerders en studente te bring. - Die Burger, 15 November 2001 -

Berig 2

Hof hoor van skoliere se nag van verkragting
Die aansoek om borgtog deur ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy twee plaaslike skoliere die nag van 25 Oktober verkrag het, het Woensdag in die Stellenbosch Landdroshof misluk.Die 34-jarige man staan tereg op vyftien klagtes: elf van verkragting, twee van onsedelike aanranding en twee van menseroof. Weens die erns van die klagtes staar hy moontlike lewenslange gevangenisstraf in die gesig, sou hy skuldig bevind word.Die beskuldigde het getuig dat hy sosiaal drink en die betrokke aand saam met vriende uit was. Hy het gaan dans by ‘n plaaslike klub. Hy het egter ontken dat hy ‘n vuurwapen in sy besit gehad het of iemand beroof het.Die beskuldigde se vrou het daarna getuig dat dit na haar mening nie moontlik kan wees dat elf verkragtings in een aand kon plaasvind nie. Sy kan getuig dat haar man die broodwinner is en dat hy goed na sy kinders omsien. Sy het ook getuig dat sy die betrokke aand tuis was en reeds geslaap het toe sy haar man se stem in die huis gehoor het. Hy was saam met ‘n vriend. Insp. Van Rooyen het getuig dat die klaagsters, twee skoliere, in die vroeë oggendure by ‘n robot stilgehou het. Die beskuldigde het hulle genader en om ‘n geleentheid gevra. Hy het hulle beduie na ‘n plaas buite die dorp en het na bewering selfs aan hulle genoem dat hulle ‘n fout gemaak het en nie vreemde mense moet oplaai nie. Op die plaas het hy volgens hulle gesê dat hy ‘n mes en vuurwapen het, maar later weer dat hy net ‘n grap gemaak het.Op ‘n vraag van die beskuldigde se regsverteenwoordigers oor waarom twee skoolmeisies omstreeks 02:00 op ‘n skoolaand op straat was, het insp. Van Rooyen geantwoord dat hulle die aand by ‘n klub was en daarna twee vriendinne in Somerset-Wes gaan aflaai het. Sy het getuig dat die klaagsters na bewering uit was met hul ouers se toestemming. Die klaagsters het ‘n noodoproep van een van hul selfone gemaak toe die beskuldigde hulle die tweede keer alleen gelos het. ‘n Helikopter is daarna onder andere in die soektog gebruik. - Eikestadnuus, 9 November 2001 -

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask