<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Voorbeelde van fisiese verandering : ‘n pan wat verhit word; tee wat afkoel
Voorbeelde van chemiese verandering: vuurhoutjie wat brand; brood wat rooster
Malvalekkers
Mense gebruik verskillende natuurlike stowwe en verander dit in iets anders. Stowwe word met ander gemeng, verhit, geskei, opgelos of met elektrisiteit behandel ten einde die verandering teweeg te bring. Sommige veranderinge is egter nie blywend nie, maar ander is weer nie omkeerbaar nie. Ons onderskei tussen fisiese en chemiese verandering.
Fisiese Verandering
Wanneer versuikerde heuning in ‘n pot verhit word, raak dit weer vloeibaar. Sodra dit egter weer afkoel en blootgestel word aan lug, versuiker dit weer. Geen nuwe stowwe is gevorm nie, die eienskappe is nog presies dieselfde en ons noem hierdie verandering ‘n fisiese verandering. In die vorige eksperiment het die oranje kwikoksied weer swart geword nadat dit afgekoel het (fisiese verandering).
Chemiese Verandering
Wanneer rou pannekoekdeeg in warm olie gegooi word, gebeur daar iets. Die voorkoms van die deeg verander. Dit is nie meer loperig nie en word hard. Die verandering wat plaasgevind het, is permanent. Veranderings wat permanent is en wat iets nuuts voortbring, word chemiese veranderings genoem. Die nuwe stof se eienskappe verskil van die oorspronklike stof s’n. Die kwikoksied het ook ‘n chemiese verandering ondergaan toe dit ontbind het in kwik en suurstof.
Noem nog twee voorbeelde van fisiese en twee voorbeelde van chemiese veranderinge.
_____________________________________________________________________
______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Probeer die volgende:
Bring malvalekkers skool toe. Sit dit op die punt van ‘n vurk en hou dit oor ‘n vlam. Beantwoord dan die volgende vrae.
_____________________________________________________________________
______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente, diagramme, ens.).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?