<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Persoon 1 mℓ gemors in 30 sekondes
Persoon 2 mℓ gemors in 30 sekondes
Gemiddeld

Rapporteer terug aan die klas. Die onderwyser kan die verskillende groepe se gemiddeldes op die bord aanbring.

2.siektes wat met die gebruik van water in verband gebring kan word

Verdeel die klas in drie groepe.

Elke groep bestudeer onderskeidelik een van die volgende ten opsigte van die drie vernaamste siektes, nl. cholera, bilharzia en diarree:

a) Oorsake van die siekte

b) Simptome

c) Behandeling

d) Voorkoming van verspreiding

  • Voltooi die volgende tabel:
ASPEKTE CHOLERA BILHARZIA DIARREE
Oorsake
Simptome
Behandeling
Voorkoming van verspreiding

Skryf ’n paar sinne ter afsluiting neer om jou eie gevolgtrekking t.o.v. waterverbruik, besparing en bewaring saam te vat.

Assessering van NAVORSINGSPROJEK – WATER-OUDIT

Kon jy die projek BEPLAN en UITVOER? Kan jy waardering uitspreek vir water as kosbare hulpbron?

[LU 1.1; 1.2; 1.3; 3.1; 3.2]

Aktiwiteit 3:

Om die besoedelingsprobleem te kan bespreek

[lu 2.2; 2.3]

Het jy geweet?

’n Lemoenskil kan tussen 5 tot 8 maande neem om te vergaan.

’n Koeldrankblikkie neem tussen 80 - 100 jaar en ’n plastieksak sal veel langer as jou leeftyd, behoue bly.

Wat is die nuwe regulasies oor plastieksakke? Weet jy ook van die nuwe afbreekbare sakke wat van meel gemaak word of die soort wat met blootstelling aan lig afbreek?

BESOEDELING gebeur op verskeie wyses. Maak ’n lys:

Identifiseer en beskryf die besoedeling wat deur elk van die volgende sketse voorgestel word:

Assessering: BESOEDELINGSVOORBEELDE

Kon jy die besoedelingsvoorbeelde identifiseer en bespreek?

[LU 2.2; 2.3]

AKTIWITEIT 4:

Om hersirkulering as ’n maatreël vir die bekamping van besoedeling te kan bespreek

[LU 3.1; 3.2]

Dink aan soveel moontlik voorbeelde waar materiaal hersirkuleer behoort te kan word. Dra jou idees aan die klas voor. Luister ook na ander idees en skryf dan die vyf wat vir jou die beste is, neer.

My idees:

Die VYF beste idees uit die klasbespreking:

Hoe kan die gemeenskap van die idees bewus gemaak word?

Die mens beskik oor die breinkrag en die tegnologie om die ergste van sy foute onge­daan te maak. Dit gaan egter die gesamentlike poging van almal – ek en jy ook – verg om die oplossings te vind vir al die probleme. Nadat oplossings gevind is, moet die lang­same en moeitevolle roete van volhouding aangedurf word. Dit is almal se plig en ver­ant­woorde­likheid om te sorg dat ’n gesonde planeet vir die nageslag agtergelaat word.

Dink dus tweekeer voordat jy daardie papiertjie by die motorruit uitgooi of weer hardop sug as julle skool ’n herwinningsprogram wil vestig.

Assessering van HERSIRKULERING

Kon jy insien dat die mens moet voorstu met sy pogings om sy hulpbronne te beskerm?

[LU 3.1; 3.2]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Aktiwiteit 1: Ekologiese probleme en oplossings

PROJEK: WATER-OUDIT by DIE SKOOL

  • Verdeel in groepe van 4. Beplan die volgende:

1. Hoe julle die watergebruik in julle skool gaan bepaal.

2. Bepaal hoe julle die bevindinge gaan voorstel in ’n verslag.

3. Watter aanbevelings gaan julle maak.

Handig in by die onderwyser op ’n datum soos bepaal.

Groepe rapporteer terug. Finale bevindinge kan na die bestuur van die skool deurgegee word.

Eie memo

Opdrag 1: WATERVERMORSING BY KRANE

  • Eie memo

Opdrag 2: KLASBESPREKING OOR AANBEVELINGS

  • Watter aanbevelings sal julle tesame met die water-oudit indien by die skool se beheerliggaam ten opsigte van watervermorsing by krane.
  • Lys aanbevelings:
  • Eie memo

Opdrag 3: SIEKTES GEKOPPEL AAN WATER

ASPEKTE CHOLERA BILHARZIA DIARREE
Oorsake
  • Aansteeklike dunderminfeksie agv bacterium Vibrio cholarae agv besoedelde water
  • Schistosoma platwurm
  • In besmette water – dring vel in by seertjies
  • Salmonella virus groep of botulisme(voedselvergiftiging) of ander soos cholera, spastiese kolon ens.
Simptome
  • Akute diarree, hoofpyn, koors, braking, dehidrasie
  • Jeukerige vel, koorsigheid, bloed in urine
  • Herhaalde en vloeibare ontlasting
Behandeling
  • Tetrasiklien en ander antibiotika
  • Rehidrasie
  • Medikasie
  • Afhangend van oorsaak
  • Staak melkprodukte inname
  • Rehidrasie
Voorkoming van verspreiding
  • Vermy areas, kook water
  • inspuiting
  • Behandel water­bronne, bestry varswaterslakke wat tussengasheer is
  • Vermy “af” kos, vermy besmette plekke
  • Afhangend van oorsaak

BESOEDELING kom in verskeie vorme. Maak ’n lys:

Olie, chemikalieë wat deur nywerhede gestort word, plastiek, motorbande, papier en rommelstrooiery, water en gifstowwe, sproei van plaagdoders.

Opdrag 4: IDENTIFISEER die BESOEDELING op die volgende skets:

  • Sketsblad memo

Opdrag 5: BESOEDELING-PLAKKATE

  • Eie memo

Opdrag 6: VOORSTELLE HERSIRKULERING

  • Eie memo

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask