<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba neem belangrike besluite oor hoe hy sy prysgeld gaan spandeer.
Die gedig “Hoër as die wolke” bevat leidrade wat die leerders kan oorweeg om te besluit wat hulle dink Themba sal besluit. Groepwerk kan sorg vir ‘n lewendige bespreking.
Die onderhoud wat die verslaggewer met Themba voer, kan aanleiding gee tot onderhoude tussen leerders in die klas. Leerders vertel ook wat hulle met die prysgeld sou gedoen het.
-ks, -mp, -lp, -lf en -lk word in hierdie module aangeleer.
Hersiening van moeilike hoofletters gaan voort.
Ek wens ek was ‘n skoenlapper,
met vlerke mooi en sterk.
ek sal tot by die wolke vlieg,
en neerkyk op blomme waar ek werk.
Ek wens die helikopter wil my neem
nog hoër as die wolke,
dan sal ek afkyk op die berge,
bome, en die see se golwe.
Ek wens ek was ‘n ruiteman,
dan sal ek met my ruimteskip
tot ver bo die wolke reis
en op die maan gaan wip.
G.J.M.
LU 1.3 | LU 2.4 | LU 3.2 |
1. Waarvan hou Themba?
2. Wat sal hy graag wil doen?
3. Hoe sal hy dit kan regkry?
4. Wie sal hom kan help?
Ons dink Themba sal ………………………………………………………..….. omdat …………………………………………………………………………….
LU 2.4 | LU 4.4 | LU 5.3 |
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?