<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Nog steeds was Henry nie tevrede nie. Hy wou die Model T nóg goedkoper maak. Weer eens is Henry ‘n baanbreker op nóg ‘n gebied. Hy het onlangs ‘n baie groot fabriek opgerig. By hierdie fabriek het hy nou begin met massaproduksie. Dit beteken dat die motors aanmekaar gesit word op ‘n monteerband. Daar is verskeie monteerbande wat baie stadig beweeg. Die werktuigkundiges staan langs die bande en elkeen bring dan ‘n nuwe onderdeel aan, terwyl die motorenjins by hulle verbybeweeg. Henry het reeds ‘n vaste reël neergelê. Al hierdie modelle moet swart wees.

Motors word nou baie vinniger gemaak en word nog goedkoper verkoop! Ek kry juis môre my Model T of “Tin Lizzie”, soos die mense dit noem. Ek dink dis wonderlik dat nóg meer mense dit nou kan bekostig om ‘n motor te koop.

Groete

George Philips

.

Hulle lyk baie anders vandag.

So ry ons nog steeds met Ford motors.

Baie luukser met baie meer krag.

Koor: Dink terug, o dink terug,

O dink terug aan die motors van ouds, van ouds.

Dink terug, o dink terug,

O dink terug aan die motors van ouds, van ouds.

Ons ry nou met vinnige motors.

Daar’s modelle te kus en te keur.

Ons ry nou met vinnige motors.

Die soorte word net al hoe meer. (G.S.)

Koor:

Het iemand dalk lus om ‘n derde of selfs vierde versie te skryf ?

LU 2.4.2

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.1.5 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig);
1.5 respekteer ander leerders:
1.5.1 gee ander leerders ‘n kans om te praat;
1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat;
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle;
4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?)

Memorandum

Hierdie leesstuk word gelees vir die luisterbegripoefening by no. 3

My Eerste Skooldag

Die dag het begin soos gewoonlik, maar dit was heeltemal anders. Die nuwe grys broek het my knieë gekrap en die baadjie het amper op my knieë gehang.

Ek wou nie skool toe gaan nie. Ek wou by die huis bly by my eendjie. Ek wou liewers met my karretjies speel en saam met my ma winkels toe gaan. Ek wou liewers in die oggend televisie kyk.

My pa het gesê ek moet dapper wees. Hy het gesê alle kinders moet skool toe gaan en dat ek baie nuwe maats sou kry. My ma het niks gesê nie en haar oë het geblink. Ek het haar hand styf vasgehou en saam met haar na my klaskamer toe gestap. My juffrou was mooi en vriendelik en skielik was ek nie meer bang nie. Ek het ‘n seun op die mat sien sit en ek het by hom gaan sit en hom gehelp om ‘n toring met blokkies te bou.

3.

(a) Nee

(b) Nee

(c) Nee

(d) Ja

(e) Nee

(f) Ja

(g) Ja

(h) Nee

(i) Ja

(j) Ja

4.

(a) Hoe oud was jy toe jy die eerste maal na die tandarts toe moes gaan?

(b) Hoekom moes jy na die tandarts toe gaan?

(c) Was jy bang vir die tandarts?

(d) Hoe het die tandarts gelyk?

(e) Wat het jy in die spreekkamer raakgesien?

(f) Wat het die tandarts eerste gedoen?

(g) Wat het die tandarts gesê?

(h) Was dit baie seer?

(i) Is jy ooit bang vir die tandarts?

5.

  • Thomas Eddison Eerste gloeilamp
  • Neil Armstrong Eerste man op die maan
  • Bartolomeus Diaz Eerste seevaarder wat seil om suidpunt van Afrika
  • Alexander Graham Bell Eerste telefoon
  • Wilbur en Orvill Wright Eerste vlug met 'n vliegmasjien
  • Marie Curie Eerste om X-strale te ontwikkel
  • Jan van Riebeeck Eerste verversingspos aan die Kaap
  • Christopher Columbus Eerste om Amerika te ontdek

6.

  • Die ou motor het 'n hoë dak.
  • Die ou motor het dun bande met speke.
  • Die ou motor het 'n klein, ovaalvormige agterruit.
  • Die ou motor het snaakse voorligte.
  • Die ou motor se voorruit is in vierkante verdeel.
  • Die ou motor het nie agterdeure nie.
  • Die ou motor het nie 'n kattebak nie.
  • 'n Mens sit baie hoog in die ou motor.

7.

(a) Die ou motor het 'n hoë dak.

(b) Die agterruit is ovaalvormig.

(c) Die voorligte lyk baie koddig.

(d) 'n Mens sit baie hoog in die ou motor.

(e) Die bande lyk soos fietswiele met speke.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask