<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Vraag :

Antwoord : Ek is nooit bang vir die tandarts nie.

LU 4.3.1

SELFASSESSERING:

Hoe het ons groep gevaar?
2. Het ons almal deelgeneem?
3. Het ons mekaar gehelp?
4. Was ons eindresultaat goed?
5. Wat was ons finale puntetoekenning?

5. Hoe goed is jou algemene kennis?

Hieronder volg ‘n klompie name van persone. Verbind elke persoon met sy of haar “eerste”. Hierdie persone was almal die “eerste” om iets te ontdek, uit te vind of te doen.

Thomas Edison Sy eerste verversingspos aan die Kaap
Neil Armstrong Eerste telefoon
Bartolomeus Dias Eerste vlug met ‘n vliegmasjien
Alexander Graham Bell Eerste gloeilamp
Wilbur en Orville Wright Eerste om Amerika te ontdek
Marie Curie Eerste seevaarder wat seil om suidpunt van Afrika
Jan van Riebeeck Eerste man op die maan
Christopher Columbus Eerste om X-strale te ontwikkel
LU 5.1.2

Ons noem ‘n persoon wat die eerste een is om iets te doen, uit te vind of te ontdek, ‘n baanbreker of ‘n pionier .

(a) WIE IS EK?

Verdeel in groepe. Een groeplid skryf elke voorafgaande baanbreker se naam op ‘n stukkie papier. Julle kan ander baanbrekers se name byvoeg. Die papiertjies word toegevou en in ‘n houer gegooi. Elke groeplid trek ‘n papiertjie, maar hou sy baanbreker se naam geheim. Al die leerders kry ‘n paar dae kans om meer oor sy/haar baanbreker te wete te kom.

Raadpleeg boeke of selfs die Internet. Elke groeplid kry ‘n beurt om vrae in verband met sy/haar baanbreker te beantwoord. Die res van die groep vra vrae om die identiteit van die baanbreker vas te stel.

Voorbeelde van nuttige vrae is:

  • Is die persoon manlik of vroulik?
  • Wanneer is hy/sy gebore?
  • Waar het sy/hy gewoon?
  • Was hy/sy ‘n uitvinder?
  • Lewe hy/sy nog?
  • Wanneer is hy/sy oorlede? ens.

‘n Maksimum van 20 vrae kan toegelaat word.

LU 2.1.1

b) Beskryf jou baanbreker nou skriftelik.

Doen dit kortliks deur net twee paragrawe te skryf. Die eerste paragraaf beskryf die lewensgeskiedenis en die tweede paragraaf die ontdekking, uitvinding of beroemde daad van die baanbreker.

LU 4.1.2

6. Kyk mooi na die prente hieronder.

Dis nodig om hulle te bestudeer en sodoende meer te wete te kom van ‘n baie belangrike en beroemde baanbreker.

Probeer nou om al die verskille saam met ‘n maat te identifiseer en skryf hulle kortliks neer.

7. Die volgende sinne beskryf sommige van die kenmerke van die outydse motor. Skryf hulle sinvol oor deur met die vetgedrukte woorde te begin:

(a) ‘n Hoë dak het die ou motor.

(b) Ovaalvormig is die agterruit .

(c) Baie koddig lyk die voorligte .

(d) Sit baie hoog in die motor ‘ n mens .

(s) Soos fietswiele met speke lyk die bande.

Punt uit 5
LU 4.1.2

8. Lees hierdie brief hardop voor in jou groep nadat jy tuis voorberei het.

Posbus 1879 Detroit Michigan Verenigde State van Amerika

5 November 1913

Beste Gunther

Ek weet dat die eerste motor met ‘n petrolenjin in 1886 deur Karl Benz daar by julle in Duitsland gebou is. In 1900 het Gottlieb Daimler mos ‘n Mercedes gebou. Hier in Amerika is daar ook ‘n groot baanbreker op die gebied van motors.

Henry Ford is hier in Michigan gebore en hy het reeds in 1896 sy eerste petrolaangedrewe motor gebou. In 1903 het hy die Ford Motormaatskappy gestig en het sommer gou agt verskillende modelle gemaak. Henry het egter besef dat motors baie duur is en het in 1909 motors begin produseer wat deur gewone, werkende mense bekostig kon word. Henry het hierdie motor die Model T genoem en dit het slegs $825 (825 dollars) gekos. Uitstekende waarde vir geld!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask