<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 1.5 LU 2.5

Die leerders het teen hierdie tyd ‘n redelike woordeskat opgebou. Hulle behoort teen hierdie tyd ook eenvoudige biblioteekboeke met eenvoudige woordeskat en baie herhaling te kan lees. Nooi leerders uit om sulke boeke by die skool te kom lees. Hulle kan die storie voorlees en vertel hoekom hulle daarvan hou. Bespreek die karakters en gebeure in die boek. Maak seker dat, selfs al het hulle die storie gememoriseer, hulle die boeke korrek hanteer (reg vashou, korrek blaai, ens.). Laat leerders die storie voorspel deur na die voorblad en prente in die boek te kyk. Wanneer hulle vashaak, kan hulle na ander woorde in die sin of na die prent kyk, of hulle kan “raai” wat die woord dalk kan wees. Daar is weer eens heelwat uitkomste wat hierop van toepassing is. Die onderwyser kan elke keer op ‘n ander aspek fokus en die leerders oor ‘n tydperk toets.

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3

LU 3.4 LU 3.6

In hierdie module gaan die leerders heelwat hersiening doen van die frekewensie-woordeskat wat reeds aangeleer is. Sorg dat hulle dit gereeld lees en gebruik. Flits die woorde vir hulle en laat hulle dit gebruik wanneer hulle stories skryf.

LU 3.4

Leer ook vir hulle die volgende woorde aan as frekwensie-woordeskat: jaag, stert, vinnig, soek, verloor, hartseer, kwaad, bang, opgewonde.

LU 3.4

Lees die storie aan hulle voor. Vra vooraf vir die leerders om spesifiek te luister hoe Makkie sy stert verloor het. Vra aan die einde van die storie vir hulle hoe dit gebeur het. Doen dieselfde met ander stories. Vra vooraf vir die leerders om vir iets spesifieks, of vir ‘n hoofgedagte, te luister (bv. luister na die storie en probeer agterkom hoeveel kinders altesaam in die park gaan speel het, of hoekom Hansie so graag nuwe skoene wou hê). Doen dit totdat u uiteindelik al die leerders hierop geassesseer het.

LU 1.3

Vra na die storie vir die leerders hoe hulle voel as hulle iets verloor het (dit sluit ook by die vorige module aan). Laat hulle veral oor hulle gevoelens gesels. Wat maak ons nog ongelukkig? Wat maak jou bly / kwaad / opgewonde?

LU 2.1

Daar is ‘n hersieningsbladsy van woorde wat die leerders in die eerste paar modules geleer het. Laat hulle die woord met die regte prentjie verbind (elkeen in ‘n ander kleur, anders is dit moeilik om na te sien).

Daar is ‘n knip-en-plak bladsy wat gebaseer is op die storie wat hulle gehoor het. Hulle moes goed na die storie geluister het om dit te kan doen. Leerders moet eers die prente in die regte volgorde (van 1 – 4) plak. Daarna moet hulle die sinne daarby gaan pas en plak. Laat hulle in groepe vertel wat hulle sien en die sinne lees.

Daar is ‘n speletjie waarin leeswoorde hersien word. Ongeveer vier tot vyf leerders kan dit op ‘n keer speel. Naas die bord, benodig hulle ook ‘n dobbelsteen en ‘n teller vir elke leerder. (Die bord kan ook op karton gekopieer word, ingekleur word en oorgetrek word met plastiek om dit meer duursaam te maak.) Leerders kan die borde selfs huis toe neem om daar saam met boeties en sussies te speel.

Leerders maak beurte om te gooi. Indien hulle nie op ‘n woord geland het nie, moet hulle outomaties weer gooi. Indien hulle wel op ‘n woord geland het, moet hulle dit lees. Indien hulle dit kan lees, kry hulle nog ‘n beurt. Indien nie, kry die volgende leerder ‘n beurt. Wanneer hulle op ‘n glyplank land, moet hulle ondertoe gly. Die leerder wat eerste op / oor die laaste blokkie is, wen die speletjie.

Lees die storie vir die leerders voor. Gebruik baie van die stories wat in die klas voorgelees word om ander vaardighede, soos luistervaardighede, te toets. Vra vrae soos die volgende:

Wie het almal help soek?

Waar het hulle oral gesoek?

Hoekom kon hulle nie Makkie se stert kry nie?

Hoekom het hulle opgehou soek?

LU 1.3

Laat leerders die woorde in die storie klap om te sien uit hoeveel lettergrepe dit bestaan. (Gebruik ook ander woorde om dieselfde vaardigheid te toets.) Doen dit met woorde soos die volgende:

hartseer

boomwortels

grond

Grootoog

bossies

blare

daarsonder

LU 6.1

Leerders in die eerste blokkie ‘n a, en in die tweede blokkie ‘n aa invul. Gesels oor die verskil in klank. Laat hulle die nuwe woorde lees en illustreer. Hierdie aktiwiteit word herhaal met o en oo.

Leerders afdeling

Inhoud

Wie kan my vang?

Die Waps-kinders lag en skreeu dat jy hulle amper dwarsdeur die bos kan hoor! Hulle speel aan-aan, en Willie is “aan”! Willie jaag eers vir Kassie en wanneer Kassie te vinnig om ‘n draai verdwyn, hardloop hy agter Bienkie en dan agter Vollie aan. Elke keer wanneer Willie so vinnig van rigting verander, skreeu hulle eers. Dit is sommer ‘n lekker speletjie en hulle kan dit vir ure aanmekaar speel!

Makkie speel ook saam. Hy kan nie so ver soos die Waps-kinders en Vollie hardloop nie, maar hy is baie rats en beweeg vinnig tussen die blare en boomwortels deur. Wanneer hulle nie kyk nie, kruip hy vinnig onder een van die herfsblare op die grond weg om asem te skep!

Aaaaaah! Daar sien Willie vir Makkie! Met ‘n kreet storm hy op Makkie af! Hy was nou lank genoeg “aan” en iemand anders kan nou vir ‘n slag ‘n beurt kry. Hy wil nou weer bietjie rondhardloop terwyl iemand HOM jaag! Hy gryp vir Makkie aan die stert: “Het jou!”

Nou is Makkie aan. Hy wil net begin toe Bienkie uitroep: “Makkie, jou stert!” Almal kyk na Makkie en sowaar, sy stert is af! Daar waar Makkie se mooi stert was, is nou net ‘n stompie. Waaraan gaan Makkie nou ‘n mooi strik vasbind as hulle weer feesvier of verjaarsdag hou? Almal staan doodstil. Niemand weet wat om te sê nie en niemand is meer lus vir speel nie. Wat gaan hulle nou doen?

  • Soek die prentjie wat by die woordjie pas
LU 3.4
  • Knip en plak bladsy
1.
2.
3.
4.
LU 1.3 LU 3.4
  • Knip en plak bladsy
Willie jaag vir Makkie.
Willie vang vir Makkie.
Makkie se stert is weg.
Makkie is baie hartseer.
  • Knip en plak bladsy
  • Kies die regte woord wat die prentjie beskryf.
LU 3.4

LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask