<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 15

Wat is ware gesondheid?

Aktiwiteit 1

Om jou bewus te maak dat daar faktore is wat of voordelig of nadelig inwerk op alle lewende organismes

LU 1.3

Lees die volgende deeglik en beantwoord dan die vrae:

’n Mens is ’n eenheid van liggaam, verstand en gees

Wat is ware gesondheid? Dit is die genot van ’n vol lewe omdat die liggaam, die verstand en die gees optimaal funksioneer. Dis die ideale staat waarin elke lewende organisme behoort te verkeer. Maar soos ons maar alte goed weet, kom die ideaal en die werklikheid nie altyd bymekaar uit nie. Daar is allerhande peste, siektes, te min tyd om te oefen of te ontspan, besoedeling, stress . . . Al hierdie dinge beroof ons van optimale gesondheid. En nie net die mens nie, al die lewende organismes op die Aarde word deur hierdie faktore benadeel.

Daar is egter maniere om nader te beweeg aan optimale gesondheid. Kom ons kyk eerstens na die alledaagse dinge wat min of meer onder ons beheer is. Om ’n gesonde leefstyl te volg behels die volgende: ’n gebalanseerde dieet, genoeg en gereelde oefening, genoeg slaap en rus, streshanteringmeganismes, goeie interpersoonlike verhoudings en besoeke aan ’n gesondheidsdeskundige wanneer nodig.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Noem die faktore wat optimum gesondheid mag verhoed. Gebruik gerus jou eie woorde om te wys dat jy die leesstuk werklik verstaan.

2. Word slegs mense benadeel deur die faktore wat bo genoem word? Bespreek hierdie kwessie in die klas en skryf dan jou antwoord neer. ’n “Ja” of “Nee” antwoord is onvoldoende.

3. Wat is noodsaaklik vir die beoefening van ’n gesonde lewenstyl? Doen ’n bietjie navorsing en maak ‘n lys van ten minste 10 punte.

4. Klasbespreking: Die gemiddelde Suid-Afrikaner is ’n “couch potato” (rusbank-rankplant?) of nie, en indien wel, moet ons iets daaraan probeer doen? Skryf ’n opsomming van die klasbespreking hieronder.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Gesondheids-bevordering Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
1.3 kan beskryf wat ’n gesonde leefstyl in sy eie situasie behels, onder andere as ’n manier om siektes te voorkom.
LU 4
Fisiese Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n avontuurlike, buitemuurse ontspannings­aktiwiteit kan beplan en daaraan kan deelneem;
4.4 teikenspele ontwerp en speel;
4.5 geslagsgelykheidsaangeleenthede in ’n ver­skeidenheid atletiek- en sportaktiwiteite­ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask