<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 7

Die mfecane verskuif grense

Module 1

Wat is die mfecane?

1. WAARVANDAAN KOM AL DIE MENSE WAT IN SUID-AFRIKA WOON?

Gedurende die Ystertydperk, ongeveer 2 000 jaar gelede, het die swart mense hulle ook in Afrika kom vestig. In 1652 het Jan van Riebeeck die eerste wit nedersetting gevestig. Daarna het immigrante van Frankryk, Duitsland en Engeland hulle hier kom vestig.

Gedurende die 17de en 18de eeu het Khoina-groepe, en later ook Griekwas, na die binneland geëmigreer, weg van die toenemende getal wit mense wat hulle op die beskikbare grond kom vestig het. Van die grootste migrasies was egter die MFECANE en die GROOT TREK (Module 2). Hierdie migrasies het belangrike gevolge gehad.

WAT WAS DIE MFECANE?

Tussen ongeveer 1815 en 1830 het verskillende swart groepe met mekaar gebots. Dit het ‘n kettingreaksie tot gevolg gehad en het tot verdere botsings en oorloë gelei. Groot getalle veetroppe en graanvoorrade is vernietig – met gepaardgaande swaarkry en lyding. Oral was daar ruïnes. Duisende haweloses het in alle rigtings gevlug. Dié wat in die bosse en berge geskuil het, het geleef soos jagter-versamelaars. Baie het van honger gesterf, of is deur wilde diere doodgemaak. Hierdie oorloë van verwoesting het dwarsoor Suidelike-Afrika plaasgevind, van die Kaapse Oosgrens in die suide, tot by die Victoria-meer (in Tanzanië) in die noorde.

  • Die NGUNI volkere (bv. Zoeloes) het hierdie opstande die Mfecane genoem – wat beteken het “om te onderdruk”.
  • Die Sotho volkere (bv. Sotho’s) het dit die Difaqane genoem – wat beteken het “gedwonge verwydering”.

2. BRONNE OOR DIE MFECANE

Vir historici wat altyd op soek is na die waarheid, sal die Mfecane ‘n onvolledige raaisel bly omdat te veel misverstande en te min inligting bestaan. Daar is twee besondere redes hiervoor:

Die geskrewe bronne wat bestaan, is meestal deur wit reisigers, sendelinge en amptenare geskryf. Ongelukkig was hierdie persone nie altyd goed ingelig oor presies wat gebeur het nie, ook omdat die gebeure oor ‘n wydverspreide gebied plaasgevind het. Gevolglik was die bronne nie altyd betroubaar nie.

BRON A

BRON B

Mondelinge bronne oor die Mfecane was nie so betroubaar soos geskrewe en visuele bronne nie.

Aktiwiteit 1:

Om te onderskei tussen feite en menings by bronne oor die mfecane

[lu 2.3]

  • Die vorige voorbeelde sal help om sommige misverstande te identifiseer en om hulle te herken wanneer julle historiese navorsing doen.

a) Watter misverstand kom voor in Bron B?

b) Watter probleem kan daardeur geskep word?

c) Dink julle dat sodanige misverstande vermy kan word? Hoe?

d) Waarom is mondelinge bronne nie altyd betroubaar nie? Bron A.

e) Watter ooreenkoms is daar tussen die bronne?

f) Teken twee voorbeelde van misverstande wat in ons land voorkom. Skryf gepaste opskrifte vir jul sketse.

  • Die Suid-Afrikaanse binneland het teen 1830 soos volg daar uitgesien. Vervolgens gaan ons kyk hoe van die ryke ontstaan het.

Assessering

Assesseringstandaarde(ASe)
LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek
1.1 Bekom die bronne
1.2 Gebruik die bronne
1.3 Kommunikeer inligting uit bronne (verslaggewing)
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake,gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)

Memorandum

Aktiwiteit 1

  • Grondbesit: individuele of groepsreg?
  • Konflik
  • Ja
  • Mense se herinneringe en stories oor die verlede is nie altyd akkuraat nie.
  • Konflik oor eiendomsreg

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11022/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask