<< Chapter < Page Chapter >> Page >

'n Sak bevat drie rooi balle, vyf wit balle, twee groen balle en vier blou balle:

1. Bereken die waarskynlikheid dat 'n rooi bal uit die sak gehaal sal word.
2. Bereken die waarskynlikheid dat 'n bal wat NIE rooi is nie, uit die sak gehaal sal word.

  1. Vind gebeurtenis 1:

    Gestel R is die gebeurtenis waar 'n rooi bal uit die sak gehaal word.
    • P(R)-n(R)/n(S)=3/14
    • R en R' is komplementêre gebeurtenisse
  2. Bereken die waarskynlikhede:

    ∴ P(R') = 1 - P(R) = 1 -3/14 = 11/14.
  3. Alternatiewe oplossing:

    • Alternatiewelik, P(R') = P(B) + P(W) + P(G)
    • P(R') = 4/14 + 5/14 + 2/14 = 11/14

Waarskynlikheid in die alledaagse lewe

Waarskynlikheidsleer hou verband met onsekerheid. In enige statistiese eksperiment, kan die moontlike uitkomste bekend wees, maar om presies te sê watter een, is nie bekend nie. Waarskynlikheidsteorie formuleer, op 'n Wiskundige wyse, onvolledige kennis met betrekking tot die moontlikheid of waarskynlikheid van 'n gebeurtenis. Byvoorbeeld, 'n weervoorspeller sal sê dat daar 'n 60% kans is dat dit môre gaan reën. Dit beteken dat 6 van elke 10 keer wanneer die wêreld in die huidige toestand verkeer, dit môre sal reën.

Nog 'n manier om na waarskynlikheid te verwys is kans. Die kans van 'n gebeurtenis word gedefinieer as die verhouding van die waarskynlikheid dat die gebeurtenis plaasvind na die waarskynlikheid dat dit nie plaasvind nie. Byvoorbeeld, die kans dat 'n muntstuk op 'n gegewe kant land is 0 . 5 0 . 5 = 1 , gewoonlik geskryf "1 tot 1" of "1:1". Dit beteken dat die muntstuk gemiddeld so veel keer op die een kant sal land as wat dit op die ander kant sal land.

Die eenvoudigste voorbeeld: ewe waarskynlike uitkomste

Ons sê dat twee uitkomste ewe waarskynlik is as hulle 'n gelyke kans het om te gebeur. Byvoorbeeld wanneer 'n billike muntstuk opgeskiet word, sal elke uitkoms in die steekproefruimte S = { k o p , s t e r t } ewe waarskynlik wees om voor te kom.

Waarskynlikheid is 'n funksie van gebeurtenisse (sedert dit nie moontlik is dat vir 'n enkele gebeurtenis twee verskillende waarskynlikhede bestaan nie), so ons dui gewoonlik die waarskynlikheid P dat 'n seker gebeurtenis E voorkom as P ( E ) . Wanneer al die uitkomste ewe waarskynlik is (in enige aktiwiteit), is dit redelik maklik om die waarskynlikheid dat 'n sekere gebeurtenis sal plaasvind te bepaal. In hierdie geval,

P ( E ) = n ( E ) / n ( S )

Byvoorbeeld, wanneer ons 'n ewekansige dobbelsteen rol is die steekproefruimtee space is S = { 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 5 ; 6 } so die totale aantal moontlike uitkomste n ( S ) = 6 .

Gebeurtenis 1: Rol 'n 4

Die enigste moontlike uitkom is 4 , i.e E = { 4 } . So n ( E ) = 1 .

Die waarskynlikheid dat 'n 4 gerol word: P ( k = 4 ) = n ( E ) / n ( S ) = 1 / 6 .

Gebeurtenis 2: Rol 'n nommer groter as 3

Gunstige uitkomste: E = { 4 ; 5 ; 6 }

Aantal gunstige uitkomste : n ( E ) = 3 .

Die waarskynlikheid om 'n nommer groter as 3 te rol: P ( k > 3 ) = n ( E ) / n ( S ) = 3 / 6 = 1 / 2 .

'n Standaard pak kaarte (sonder harlekyne) het 52 kaarte. Daar is vier stelle kaarte: harte, klawers, skoppe, en diamante wat die pas genoem word. Die pas waaraan 'n kaart behoort word aangedui deur' n simbool op die kaart. Elke pas het 13 kaarte ( 4 passe × 13 kaarte = 52 ) wat opgemaak word deur een van elke tipe - ase, koning, koningin, boer en die nommerkaarte 2 tot 10.

As ons lukraak 'n kaart uit die pak trek, kan ons die gekose kaart beskou as 'n moontlike uitkoms. Dus is daar is 52 moontlike uitkomstes. Ons kan nou kyk na verskeie gebeurtenisse en hul waarskynlikhede bereken:

  1. Slegs 13 van die 52 kaarte is klawers. Daarom, as die gebeurtenis van belang die trek van 'n klawer is, sal daar 13 gunstige uitkomste wees. Wat is die waarskynlikheid van hierdie gebeurtenis?
  2. Daar is 4 konings in 'n pak (een van elke pas). Wat is die waarskynlikheid dat 'n koning getrek word?
  3. Wat is die waarskynlikheid om 'n koning of klawer te trek?
  1. Die waarskynlikheid van hierdie gebeurtenis is 13 52 = 1 4 .

  2. 4 52 = 1 13 .

  3. Hierdie voorbeeld is 'n bietjie meer ingewikkeld. Ons kan nie bloot die aantal uitkomste in elke geval afsonderlik bymekaar tel nie (4 + 13 = 17) want dan word een van die uitkomste dubbeld getel (die koning van klawers). Hoekom is dit so? Wel, soos aangedui in vraag 3, deel (f) hierbo, n ( A B ) = n ( A ) + n ( B ) - n ( A B ) . In die resultate met die gooi van die dobbelsteen, was die kruising van enige twee uitkomste leeg (en dus n ( A B ) = 0 ) aangesien dit nie moontlik is vir die bokant van 'n dobbelsteen om twee verskillende waardes gelyktydig te hê. Maar in hierdie geval, kan 'n kaart op dieselfde tyd sowel as' n klawer en 'n koning wees (dws n ( A B ) = 1 ). Daarom, n ( A B ) = 4 + 13 - 1 = 16 . So die korrekte antwoord is 16 52 .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask