<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeeld B: Tuislande

Tien tuislande is vir swart Suid-Afrikaners opsy gesit. Vier van die tuislande het volkome onafhanklik geword, maar is slegs deur die Suid-Afrikaanse Regering erken. Die tuislandbeleid is egter deur die meeste swart mense en die internasionale gemeenskap verwerp, omdat hul geglo het dat alle Suid-Afrikaners volle regte in SA moet hê.

(c) Vul die name van die voormalige tuislande teenoor die ooreenstemmende nommer in:

(a) B __________

(b) L ____________

(c) V ___________

(d) G ______________

(e) Ka ______________

(f) Kw ____________

(g) T ________________

(h) C _____________

(i) Q _________________

(j) Kw __________________

Voorbeeld C: Wet op Afsonderlike Geriewe

Swart mense wat in dorpe en stede gewerk het, moes vanaf 1952 'n pas (identiteitsdokument) by hulle gehad het, anders kon hulle tronkstraf opgelê word. Hulle moes in lokasies (agterbuurtes) gaan bly. Al hoe meer massa-aksies het in die 1950's gevolg. Die ANC se ledetal het vanaf 7 000 tot 100 000 vermeerder.

(d) Beantwoord die vrae oor dié volgende spotprent wat in 1953 verskyn het. Jul kan in pare saamwerk.

  • Hoekom lyk die twee persone (links) so verbaas?
  • Verklaar die afkorting: SAR&H.
  • Watter wet is hier ter sprake?
  • Verskaf jou eie onderskrif vir hierdie spotprent.
  • Wat het jy hieruit geleer?

Hierna sou veral twee massa-aksies (Vryheidsmanifes, Alexandra-busboikotte) volg om swart mense se ontevredenheid te demonstreer.

Voorbeeld A: Vryheidsmanifes

As ‘n laaste poging tot vreedsame protes het swart mense hul regte en griewe amptelik bewoord. Die dokument staan as die Vredesmanifes bekend. Meer as 3 000 mense het op 25 en 26 Julie 1955 onder leiding van die Congress Alliance by Kliptown, net buite Johannesburg, byeengekom om die Vryheidsmanifes ("Freedom Charter") te aanvaar (sien hieronder). Dit het 'n demokrasie, wat almal in SA verteenwoordig, met gelyke regte vir almal, bepleit. Die Vryheidsmanifes is deur verskeie politieke organisasies van alle rassegroepe onderteken. Die regering het egter die publikasie hiervan in 1981 verbied.

Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan.

(e) Onderstreep die eise wat jy op hierdie skets sien op meegaande Vryheidsmanifes .

(f) Ontwerp nou jou eie plakkaat van kinderregte en -voorregte.

Hou eers ‘n groepgesprek oor wat die basiese menseregte is wat elke mens toekom? Mense-regte is die vryheid wat elke mens behoort te hê.

Voorbeeld B: Alexandra-Busboikotte

Op 9 Augustus 1956 stap ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria om protes teen die paswette aan te teken. Tydens Januarie 1957 het ongeveer 60 000 swart mense die PUTCO-busse aan die Rand geboikot toe vervoertariewe verhoog is sonder om hulle te raadpleeg. Baie kon die verhoging net nie bekostig nie. Hulle het die 15 km tussen Alexandra en Johannesburg se middestad gestap of met fietse afgelê. Die boikot is beëindig toe daar ingestem is om die busmaatskappy te subsidieer.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEK Die leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Kaapkolonie, Oranje-Vrystaat, Natal, Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal)

(b) Herman Tobransky het in 1897 ‘n stukkie grond 7 km wes van Johannesburg gekoop en na sy vrou Sophia vernoem. Toe ‘n suiweringsaanleg en lokasie naby gebou is, verkoop hy die grond as klein plotte. Op 10 Februarie 1955 is die 110 gesinne deur 2 000 gewapende polisiemanne op vragmotors na Meadowlands verskuif.

(c)

  • (a) Bophuthatswana
  • (b) Lebowa
  • (c) Venda
  • (d) Gazankulu
  • (e) Kangwane
  • (f) KwaZulu
  • (g) Transkei
  • (h) Ciskei
  • (i) Qwaqwa
  • (j) Kwandebele

(d) Swart vissies?

South African Railways and Harbours

Wet op Afsonderlike Geriewe (1953)

Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask