<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit is belangrik dat ons sal kennis neem van faktore wat die groei van bakterieë bevorder. Indien hierdie faktore aan ons bekend is, sal dit moontlik wees om stappe te doen ten einde hulle groei teen te werk.

Warmte Die temperatuur tussen 5°C en 63°C staan bekend as ‘n gevaarsone, aangesien bakterieë dan kan vermeerder. Indien ons die temperatuur óf bokant 63°C óf benede 5°C kan hou, maak ons dit dus onmoontlik vir bakterieë om verder te vermeerder. Dit word aanbeveel dat kossoorte ten minste vir twee minute bokant 70°C gekook word – sodoende word alle bakterieë vernietig.
Vog Bakterieë het vog nodig om te groei. Het jy al ooit gewonder waarom biltong só ‘n lang raklewe het? Dit is omdat daar nie genoeg vog in die gedroogde vleis teenwoordig is vir bakterieë om op te floreer nie.
Proteïenryke voedsel Bakterieë verkies voedsel met ‘n hoë proteïngehalte soos vleis, eiers en vis. Ons kan hierdie voedselsoorte beskou as hoë-risiko voedselsoorte.
Tyd Bakterieë kan, soos wat voorheen genoem is, vinnig vermeerder onder ideale omstandighede. Voedsel moet dus nie te lank in warmrige omstandighede gelaat word nie.

Mense wat voedsel hanteer, moet die volgende gevaarlike praktyke probeer vermy:

die voedsel kook nie lank genoeg nie;

die voedsel word voorberei en dan vir ‘n lang tyd laat staan alvorens dit geëet word;

die oordrag van bakterieë vanaf rou materiale na gekookte kos;

voedsel word nie in die vrieskas bewaar nie;

kossoorte soos bevrore hoender word nie behoorlik ontvries nie.

Kweek die gewoonte aan om die etiket op die voedselitem deeglik te bestudeer voordat jy dit koop. Die etiket dui die vervaldatum van die item vir die verbruiker aan. Hierdie vervaldatum word vooraf deur wetenskaplikes en voedseltegnoloë bepaal. Later in die module gaan daar aan julle ‘n kans gebied word om julle eie voedselproduk te ontwerp, en dan sal julle jul eie etikette moet ontwerp.

Dit wil voorkom asof kennis van die verband tussen temperature en bakterieë belangrik is, veral met die oog op die vervaardiging van julle eie voedselprodukte. Ons beveel dus aan dat julle die volgende tabel so noukeurig as wat moontlik is, sal invul.

opdrag:

Grade Celsius 100; 72; 63; 37; 25; 5; 0; 18

Kies vanuit die gegewe tabel die temperatuur wat die beste by die beskrywing in die onderste tabel pas.

VOEDSELTEMPERATUURKAART
Kamertemperatuur
Vrieskastemperatuur
Water se vriespunt
Water se kookpunt
Pasteurisasie-temperatuur
Yskas se temperatuur
Liggaamstemperatuur
Baie warm – bakterieë word vernietig

opdrag:

Vorm ‘n “paneel van voedseltegnoloë” om die onderwerp voedselveiligheid te bespreek.

Wenke by die opstel van ‘n paneel:

‘n Paneel bestaan gewoonlik uit drie tot vyf lede en het ‘n paneelleier wat deur middel van vrae die res van die groep aktiveer.

Elke lid kry ‘n onderafdeling van die onderwerp om deeglik voor te berei. Die groepleier weet watter onderafdeling aan die onderskeie lede toegewys is, en berei sy vrae dienooreenstemmend voor.

Die groepleier stel die paneel aan die res van die klas voor en begin sy vrae aan die onderskeie lede vra.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask