<< Chapter < Page Chapter >> Page >

KUNS EN KULTUUR

Graad 5

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 1

VISUELE KUNS

AKTIWITEIT 1: (INDIVIDUEEL)

OM SEKONDÊRE KLEURE TE ONTDEK

[LU 3.7]

In die klas is daar ‘n klomp deurskynende voorwerpe neergesit om ‘n stillewe te vorm. Kyk nou mooi na hierdie stillewe en teken dit dan eers in potlood. Let daarop dat sekere voorwerpe voor andere staan, maar omdat die voorwerpe deurskynend is, ‘n mens die agterste voorwerp/e ook kan sien.

Volgende moet die voorwerpe geverf word. Gebruik die drie primêre kleure rooi, geel en blou. Probeer om elke voorwerp ‘n ander kleur as die een langsaan te maak. Omdat daar nie wit of swart verf is nie, kan die kleure nie ligter of donkerder gemaak word nie. Dus moet elke voorwerp plat geverf word. Waar voorwerpe oorvleuel, moet albei kleure gemeng en geverf word.

Beantwoord die volgende vrae wanneer jy klaar is:

  • Van watter kleure mag jy gebruik het?
  • Het jy voorwerpe wat langs mekaar staan verskillende kleure gemaak?
  • Wat het gebeur toe jy twee verskillende kleure oor mekaar geverf het?
  • Hoeveel nuwe kleure het jy gekry? Noem hulle.
  • Skryf neer hoe jy die nuwe kleure gekry het.

AKTIWITEIT 2: (GROEPWERK/INDIVIDUEEL)

OM 'N GROEPPROJEK TE BEPLAN EN UIT TE VOER

[LU 3.7]

Elkeen het ‘n deeltjie van ‘n foto of prent gekry met ‘n nommer agterop.

Teken nou alles wat jy op die stukkie foto of prent sien op die groter papier wat jy daarvoor gekry het, met ander woorde dit moet vergroot word – groter as wat dit oorspronklik op die foto of prent was. Skryf die nommer van jou stukkie foto of prent agterop jou tekening.

Julle sal nou in groepe van vier opgedeel word. Kyk na die nommers agterop en las julle tekeninge aan mekaar. Vorm dit ‘n eenheid? As dit nie reg is nie, verander aan die tekeninge waar nodig.

Daarna moet julle vier julle tekeninge verf met sekondêre kleure, asook wit en swart om lig en donker (tinte en skakerings) te wys.

Wanneer julle klaar is, kan julle julle geverfde werke aan ‘n volgende groep s’n las – kyk net na die nommers agterop om te sien hoe dit bymekaar pas. So sal julle ‘n groot weergawe van die oorspronklike foto of prent kry wat julle dan teen die muur kan vasplak/aanbring.

[LO 3.7]

Assessering

LU 3

DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ALGEMEEN

t.o.v. 3.1 – 3.7 hieronder, die volgende toon:

  • saamwerk met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders toon;

VISUELE KUNS (3.7)

  • ‘n projek kies, beplan en die nodige stappe volg;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask