<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hoe hulle by die uitsonderlike naam uitgekom het, bly egter ’n raaisel, en dit lyk asof hulle self ook nie heeltemal seker is nie.

En hul bewerings dat die Zorb gegrond is op van Leonardo da Vinci se vroeë ontwerpe . . . wel, dis seker nie onmoontlik nie.

Maar dis sekerlik ’n verbetering – wat gemak en veiligheid betref – op sy voorloper, waar mense met groot metaaldromme en motorbande teen steil afdraande afgerol het.

Die Zorb het sedert sy ontstaan vinnig wêreldwyd versprei, en dié sport word vandag in Amerika, Engeland en Europa beoefen. Dit word nog nie in Suid-Afrika beoefen nie, maar wie weet, miskien sien jy binnekort ook dié blink strandballe oral in ons land rondrol en hop.

En Zorbonauts wat dit al gedoen het, belowe die adrenalien-inspuiting is nie te versmaai nie.

LU 1.2

AKTIWITEIT 2

1 Lees nou deur die teks en werk met die volgende vrae wat hoofsaaklik op begrip gerig is.

  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE DEUR VAN VOLSINNE GEBRUIK TE MAAK. (Jy mag wel meer as een volsin per antwoord gebruik waar dit nodig is.)

1.1 Sê in jou eie woorde hoe ’n Zorb lyk.

1.2 Verduidelik so volledig as moontlik hoe die Zorb werk.

1.3 Beskryf hoe ’n rit in ’n Zorb vir die Zorbonaut verloop van die begin af totdat hy in die water tot stilstand kom.

1.4 Noem twee redes waarom ’n mens nie maklik in ’n Zorb sal seerkry nie.

1.5 Watter twee “speelgoed” was die voorgangers van die Zorb?

1.6 Waarom beskou die skrywer die Zorb as ’n verbetering op hierdie twee goed?

1.7 Hoe ervaar mense wat al in die Zorb gery het, hierdie rit?

  • VAN NOU AF GAAN ONS MET ’N KLOMPIE WOORDE / SINSNEDES / SINNE WERK. DIS NIE MEER NODIG OM IN VOLSINNE TE ANTWOORD NIE

1.8 Wat bedoel die skrywer in par. 1 met die sin: “baie mense bou hulle lewe rondom hierdie ‘speelding'"?

1.9 Waarom noem die verteller die Zorb “’n blink strandbal”?

1.10 Haal ’n sinsnede uit die leesstuk aan waaruit jy kan aflei dat niemand juis maklik gaan seerkry met (binne óf buite) ’n Zorb nie.

LU 3.6

AKTIWITEIT 3

Ons (leer) gebruik ’n woordeboek!

  • MAAK VAN ‘N VERKLARENDE WOORDEBOEK GEBRUIK OM DIE VOLGENDE OPDRAGTE TE KAN UITVOER.

In die woordeboek (HAT in hierdie geval) staan by adrenalien die volgende:

  • “Hormoon uit die murg van die byniere wat die hartfunksie versnel en die klein bloedvate laat saamtrek; hormoon wat ’n gevoel van opwinding, ekstase laat ervaar.”

1.11 Haal uit die leesstuk al die woorde aan waarvan “adrenalien” ’n deel vorm, en verduidelik wat die woorde beteken.

  • Verduidelik nou ook die volgende:

1.12 “ kwasi -ernstige mense”

1.13 “ – om jou daaglikse dosis adrenalien op ’n prettige manier in te kry”

1.14 “ mededingend

1.15 “ ekstreem

1.16 “ deursigtige wand”

1.17 “ middelpuntvliedende krag”

1.18 “ roteer

1.19 “ bisarre gevoel”

1.20 “entrepreneurs”

1.21 “ uitsonderlike naam”

1.22 “dis nie te versmaai nie”

LU 6.1.5

AKTIWITEIT 4

2 Ons lees in die artikel dat die Zorb die opvolger is van ander pretgoed, soos ’n trekkerbinneband of ’n metaaldrom waarmee kinders maar altyd teen skuinstes of teen duine by die see afry. Veral kinders is baie vindingryk en kan maklik so ’n pret-speelding maak uit die eenvoudigste, skynbaar onmoontlikste materiaal. Dink maar aan ’n sinkplaat of ou stuk karton of hardebord waarmee kinders maklik op ’n sandduin ski, of ’n boomstomp en ’n paar dromme waarmee hulle ’n vlot maak om op water te kan speel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask