<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 1

Toets jou luistervermoë

AKTIWITEIT 1

  • Jou onderwyser gaan die volgende stuk aan jou voorlees en dan vrae vra sodat jy jou luistervermoë kan toets

TEKS A

Reksprong, abseil en nou is daar Zorb

Adrenalien-sport deur Charl Rootman (aangepas uit Die Bylae tot Die Burger )

Die mens het oor die eeue heen nog altyd van speel gehou. Baie mense bou hul lewe rondom dié “speletjies” - goed wat ander kwasi-ernstige mense as tydmors beskou.

Dis veral waar vir adrenalienslawe, wat nie altyd mededingend of ekstreem wil wees nie, maar soms ook net pret wil hê. Dis hoe die uitvinders van Zorb by hul idee uitgekom het – om jou daaglikse dosis adrenalien op ’n prettige manier in te kry.

Dink net: jy staan bo-op ’n hoë bult met ’n steil grasperk wat tot dóér onder by ’n dam voor jou uitstrek. Langs jou staan iets wat soos ’n reusagtige ronde bal lyk met ’n tonnel na binne. Jy klim in en sien steeds die mense buite deur die deursigtige wand. Die bal begin stadig rol en jy kry dit reg om saam met die beweging binne-in te loop. Die bal rol ál vinniger, en vinniger, en vinniger. Jy kan nie meer byhou nie en val. Soos die bal teen die steilte afsnel, hop en bons jy rond binne-in, totdat jy skielik in die water onder stop en kan uitklim.

Zorb behels dat jy in iets klim wat soos ’n reusagtige, deurskynende strandbal lyk, en dan teen ’n hoë spoed teen ’n heuwel afrol. Die bal self word ’n Zorb genoem. Dis gemaak van ’n baie sterk, deursigtige PVC-tipe plastiek en bestaan uit twee lae.

Die deursnee van die buitenste bal is net oor die drie meter en dié van die binneste bal amper twee meter. Die gedeelte tussen die twee lae word vol lug gepomp. Die binneste bal vorm dan ’n kamertjie met ’n tonnel na buite waardeur jy inklim. Binne het jy ’n lugkussing van 70 cm dik tussen jou en die grond.

Die bal kan ’n snelheid van tot 50 km bereik, afhangende natuurlik van hoe steil die helling is. Die idee is dat, soos die bal rol, die persoon aan die binnekant – wat ’n Zorbonaut genoem word – teen die kant vasgedruk word as gevolg van middelpuntvliedende krag. ’n Mens val dus nie vreeslik rond nie.

Omdat die Zorb so groot is, roteer dit ook slegs een keer elke 10 m.

Ervare Zorbonauts – waarvan daar al meer as 10 000 in die wêreld is – sê dié rollery is ’n bisarre gevoel, maar dat die stadige rotasie darem verhinder dat jy maklik naar word.

Avontuurlustige Zorbonauts het al talle nuwe uitdagings met hul reuse-strandballe aangepak Soms klim meer as een ryer per keer in die bal, of die Zorb rol bo-oor mense wat in sy pad lê.

Dan is daar ook HydroZorb, waar die bal in die water ingerol word. Die ontwerp veroorsaak dat water nie in die binneste bal of kamer kan inloop nie, en die persoon binne-in kan dus rondrol sonder om nat te word.

Die uitvinders van die Zorb beplan ook om binnekort met ExtremeZorb te begin. Deelnemers sal op interessante maniere met mekaar meeding.

Die Zorb het sy oorsprong in Nieu-Seeland, waar twee entrepreneurs met verskillende ontwerpe geëksperimenteer het totdat hulle by die Zorb uitgekom het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask