<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 8

Strukture

Module 1

Strukture

Aktiwiteit 1

Strukture

  • Feitlik alles om ons is ‘n struktuur of maak deel uit van ‘n struktuur. ‘n Mens dink onmiddellik aan dinge soos geboue, hyskrane, brûe, ens. Ons vergeet dat daar ook strukture in die natuur om ons is. Dink byvoorbeeld aan ‘n spinnerak, jou skedel, skilpaddop, ens. Gevolglik word strukture in twee hoofgroepe ingedeel:

Natuurlike strukture en mensgemaakte strukture

  • Strukture word deur ons vervaardig in werkwinkels en fabrieke. Alle produkte wat die mens vervaardig, het ‘n struktuur, selfs die houers waarin produkte verpak word.

Funksies van strukture:

Strukture het die volgende funksies:

Ondersteuning, bv. ‘n stoel

Beskerming, bv. ‘n skilpaddop

Oorbrugging van ‘n ruimte, bv. ‘n brug

  • Strukture word verder verdeel in dop- en raamstrukture . Die funksie sowel as die vorm van die struktuur bepaal of ‘n struktuur ‘n dop of ‘n raam is. ‘n Bril is bv. ‘n raamstruktuur, terwyl ons huis ‘n dopstruktuur is. Albei word deur die mens vervaardig.

Opdrag 1

  • Hierdie opdrag behels dat jy die strukture van ‘n huis identifiseer en beskryf.

  • Skep vir jouself ‘n tabel soos hieronder.
ITEM DOP/RAAM FUNKSIE
Dakkappe Raam Versterk en ondersteun
  • Voltooi die tabel soos volg:
  • Identifiseer die strukture van die huis. Jy kan ook bekende items in ‘n huis, bv.’n tafel en stoele, identifiseer.
  • Klassifiseer die items as dop of raam.
  • Dui die funksie van die struktuur aan.
LU 2.1

Assessering

LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon:
  • die gebruik en toepassing van basiese strukturele komponente (kolomme, balke, boë);
  • tegnieke vir die versterking van raamstrukture (driehoekvorming, webbe en oriëntering en dwarsdeursnitoppervlak en lede); hoe raamstrukture sterk gemaak kan word (bv. verband tussen die grootte en vorm van die basis, die swaartekragpunt en punt van stabiliteit;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask