<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Alle mense het die reg tot ontspanning.

Balans handhaaf tussen werk en speel.

Elke mense het die reg om sy mening uit te spreek – vryheid van spraak.

Reg op orde en reëls om ‘n vreedsame veilige leefwyse te verseker.

  • MENSEREGTE EN INKLUSIWITEIT

Reëls geld vir alle mense.

Regverdigheid word aangemoedig.

Reg op behuising.

Reg op skoon water.

Reg op gesondheid, word aangespreek.

1. Voorblad:

  • Gesels oor ‘n besoek aan ‘n vermaaklikheidspark.
  • Gesels oor die spieëlbeelde op die voorblad.
  • Plak ‘n foto van jouself in die laaste blokkie.
  • Deel die leerders in groepe van 4 .

Gesels oor hoe hulle sal voel as hulle werklik soos die persone in die eerste drie blokkies gelyk het.

  • Gesels in die onderrigtaal oor hoe ‘n mens optree teenoor mense wat anders as jy lyk: Morele en sosiale implikasies.
  • Moedig leerders aan om selfs in die addisionele taal hul optrede te bespreek.

Onthou jy nog?

  • Vergroot die sinne. Laat leerders dit gereeld lees.
  • Sny die sinne op in woorde . Laat die leerders die woorde lees totdat dit deel vorm van hulle sigwoordeskat.
  • Flits woorde gereeld totdat leerders dit onmiddellik herken.

Sigwoorde

  • Leerders oefen sigwoorde deur gereeld te lees.
  • Vergroot die bladsy. Knip woorde uit en laat leerders “snap” speel.

Leerders afdeling

Inhoud

  • ‘n Gedig om na te luister, oor te praat, te lees en op te sê:

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand . . . . .. . . . . . .

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand,

Wie’s die snaaksste in die land?

Jy buig my been soos ‘n kierie om.

My oor en toon is ewe krom!

My kop is so groot soos ‘n monster

My oog so groot,

Ek kan my daaraan verwonder.

My oor so klein, Juffrou sal haar bekommer!

Met reusehande en piesangvingers

Sal ek moet raakvat, of ek’s in die knyp.

My arms bult van die spiere.

Die kinders lag en gaan te kere.

  • Versier die bladsy met die dele van die liggaam wat in die gedig genoem word.
LU 2.8 LU 2.5 LU 3.6.6
  • Woorde vir jou eie woordeboek:
  • Lees die woorde.
  • Teken die prentjies.

kop

juffrou

kinders

been

piesangs

arm

toon

oog

hande

oor

vingers

kierie

LU 3.3.1
  • Bou jou eie man waarvoor die kinders sal lag:
  • Teken ‘n kop en lyf.
  • Speel die speletjie op die bladsy:
  • Gebruik ‘n dobbelsteen.
  • Lees die woorde waarop jy land.
  • Teken dit op die regte plek aan die kop en lyf.
  • Eerste klaar wen.
  • Beskryf jou man aan jou maats.
LU 3.3.1
  • Begin:
  • Lees en klap die woorde:
spiere spie / re
kierie kie / rie
spieëltjie spieël / tjie
bekommer be / kom / mer
LU 3.3.1 LU 3.3.2
  • Onthou jy nog?
  • Lees die sinne:

1. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.

2. Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar.

3. Nou het hy en sy ou vrou kos en leer vir twee paar skoene.

4. Vannag sal ons koekeloer.

5. Hy knip, knip, knip die leer.

6. Wie het kom kap, kap, kap op die hak?

7. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.

8. Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak.

9. Ek gaan vir elkeen ‘n paar skoene maak.

  • Lees die woorde:
Kant en klaar ek
skoene is op gaan
die rak maar elkeen
bly werksbank staan ‘n
mooiste het nou hempie
die hy sy broekie
ou vrou kos en maak
leer vir twee by
paar vannag sal in
ons koekeloer knip venster
wie kom kap al
hak toe dit donker
kabouters
LU 3.3.1 LU 3.3.3 LU 3.3.4

Klanke

  • Voltooi die woorde:

_____een _____ierie _____eus

_____ande _____iesang _____ie

_____ond _____piere _____euse

_____and _____oon

m k b n h d

l p r s t

  • Vul die blokkiesraaisel in deur die klanke reg te skommel:
1 h
1 n s
2 k 2 r
Af:
  1. dhane
  2. eurse
  3. iesangiep
  4. ied
3 p
Dwars:
  1. eusn
  2. iekier
  3. eriesp
  4. ootn
  5. daln
3 s e 5 l 4 d 4 t n
LU 4.1 LU 4.3

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n reeks ervaringe of gebeurtenisse oorvertel;

Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder gesels oor ‘n tekening, prent of voorwerp.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis aan letters en woorde herken en skep:

3.3.1 herken ‘n toenemende aantal hoëfrekwensiewoorde as sigwoorde;

3.3.2 gebruik woordherkennings- en begripsvaardighede soos klanke, kontekstuele leidrade en voorspelling om teks te verstaan;

3.3.3 lees met toenemende spoed en vlotheid;

3.3.4 lees hardop en gebruik korrekte uitspraak en gepaste klem;

Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;

3.6.6 lees bekende gedigte en rympies;

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder individuele woorde, soos byskrifte skryf;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde korrek spel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask