<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 9

Sosiale danse deur die tye

Aktiwiteit 1:

Om nabetragting te hou oor:SOSIALE DANSE DEUR DIE TYE

[LU 2.7, 2.4]

In hierdie module gaan ons kyk hoe sosiale danse hulle tydsgees weerspieël. Jou opvoeder sal jou lei deur die 50’s, 60’s en 70’s en die dansstyle, musiek en modes vergelyk, asook hoe dit deur die dekades verander het.

Oefening 1: Die 50’s, 60’s en 70’s

Die klas sal in groepe opgedeel word.

Jou groep sal ‘n bepaalde dekade navors.

Vors jou era na en doen ‘n aanbieding van die taak aan die klas.

Jou aanbieding moet ‘n demonstrasie van die dansstyl insluit, soos:

  • prente
  • mondelinge aanbieding
  • video
  • musiek
  • modes, ens.

Elke mondelinge aanbieding moet tussen vyf en tien minute duur.

Oefening 2: Klasbespreking

Neem na afloop van die aanbiedings deel aan ‘n klasbespreking oor die verskille en

ooreenkomste van hierdie eras.

Bespreek die invloed van die geskiedenis en wêreldgebeure op die styl van sosiale danse in die 50’s, 60’s en 70’s.

Bespreek die invloed van die musiek op die verskillende dansstyle.

Bespreek die verskillende dansfaktore wat ons kultuur beïnvloed.

Dink na oor hedendaagse style van sosiale dans. Kan julle die toekomstige ontwikkeling van dans voorspel?

N abetragtingsvrae

Dink oor jou navorsingsproses en -aanbieding en beantwoord die volgende vrae:

1. Watter hulpbronne het vir jou die meeste met jou navorsing beteken?

2. Hoe goed het jy en jou groep aan hierdie projek saamgewerk?

3. Was die inligting wat jy gekry het akkuraat en informatief? Waarom? Waarom nie?

4. Het hierdie benadering jou gehelp om ‘n beter begrip van die evolusie van sosiale dans te bekom? Waarom? Waarom nie?

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4
materiaal en inligting goed te organiseer en al die lede van die groep by die aanbieding te betrek: was onsuksesvol in sy/haar poging om die taak in groepsverband aan te bied het ‘n beperkte poging aangewend om die taak in groepsverband aan te bied het ‘n bevredigende taak aangebied en kon al die lede by die aanbieding betrek het ‘n suksesvolle, insiggewende taak aangebied
die aanbieding met vertroue en goeie stemprojeksie tussen 5 – 10 minute te kan aanbied: kon nie die aanbieding met vertroue aanbied nie en kon nie binne die tydraamwerk werk nie het ‘n aanbieding met min vertroue gedoen en die tydraamwerk verontagsaam het ‘n bevredigende aanbieding gedoen en binne die tydsbestek gebly het die aanbieding met selfvertroue en goeie stem-projeksie gedoen en het binne die tydsbestrek gebly
aktief aan die groepbespreking deel te neem: het nie aktief aan die groep-besprekings deelgeneem nie het ‘n beperkte poging tot deelname aan die groep-besprekings aangewend het aan die groepbesprekings deelgeneem het met insig en begrip aktief aan die groep-besprekings deelgeneem

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK
2.3 kan analiseer hoe kulture mekaar affekteer en hoe hulle verandering ondergaan;
2.4 die rol wat tegnologie in die vorming van prosesse en produkte in drama, dans, musiek en kuns oor die tyd heen gespeel het, kan analiseer;
2.5 die begrippe mag, kontrole en dominering in massamedia- en volkskultuurverband kan bespreek en vertolk;
DANS
2.7 besin en vergelykings tref oor hoe sosiale danse hulle tyd weerspieël;
DRAMA
2.8 die positiewe en negatiewe effekte van televisie, radio, dokumentêre programme of rolprente op ons lewens kan analiseer;
2.9 ‘n resensie oor ‘n plaaslike of ander dramaproduksie kan skryf, met verwysings na konvensies van die opvoer en elemente van drama;
MUSIEK
2.10 die wyse waarop musiek in liedjies, rituele, publieke gebeure, rolprente, opera of advertensies gebruik word om reaksies te ontlont, kan analiseer;
VISUELE KUNSTE
2.11 die invloede en omstandighede wat die ontwikkeling van ‘n Suid-Afrikaanse, Afrika- of internasionale kunstenaar uit die verlede of hede bepaal, kan ondersoek en verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask