<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Verduidelik dan die werkwyse weer: onderstreping van betrokke feite / inligting; weergee van die feite in sinvolle volsinne in eie woorde; moontlike verkorting van stelwyse (sonder om inligting verlore te laat gaan); die aanduiding van die aantal woorde vir die antwoord.

Laat elke leerder dan indiviueel sy / haar finale antwoord neerskryf.

1. (fisiese) oefening of liggaamsbeweging; ook emosionele, geestelike, verstandelike kompetisie; mededinging/kompetisie-element belangrik; volgens bepaalde reëls; georganiseer; mense doen dit veral vir ontspanning/tydverdryf; daar is gewoonlik ‘n wenner. [Opdrag vra elkeen in ‘n volsin in ‘n reël.]

2. Die leerder moet hier op grond van sekere aspekte van die definisie by 1 onderskei: in par. 2,4 en 5 word die volgende genoem:

  • twee mense wat by kaggelvuur ‘n potjie skaak speel
  • ‘n groep kinders wat pouse tennisbal rondskop of rondgooi
  • twee motorbestuurders wat “dice” by ‘n verkeerslig
  • laerskoolmeisies wat rekspring
  • rugby
  • krieket
  • sokker
  • twee leerders wat nie-amptelik kompeteer vir die hoogste punte
  • jy wat kas moet help dra omdat jy sterker as jou broer is
  • twee kleuters wat spog oor wie se pa die beste is
  • NB: Hier is nie noodwettig korrekte of verkeerde antwoorde nie; die motivering van die leerders bevat meestal iets van kompetisie, reëls, ‘n wenner, fisiese aktiwiteit. Hier kan u die oefening gebruik om leerders se logika en vermoë om toepassings te maak, heerlik aanwakker.

3. om met ander kragte te meet

vir (mededingende) ontspanning/tydverdryf

vir geld

om fliks en gesond te bly

AKTIWITEIT 2

  • Lees die gedig met die leerders deur / laat hulle dit self stil lees en na enkele aspekte daarvan kyk, bv. lengte van woorde, klanke, enjambement.
  • Vra die leerders se respons – ons wil immers hê dat hulle saam met ons die wonder van poësie ontdek en leer om analities te dink. Behandel die gedig (moontlik selfs na aanleiding van hierdie response) sonder om die vrae as sodanig van ‘n kant af te beantwoord.

1. “taai” “klou” “vermenigvuldig elke pond”

2. ‘n sort dier – die word “klou” is hier die leidraad

3. “ruie vlegsel van die spier” “dier” wat (met een) “klap”

4. ook hy word met ‘n dier vergelyk (metafoor)

5. “triomfantelik”

6. tussen aandagstrepe met uitroepteken daarna, tipografies in middel van gedig

7. oorwinnend, verwys na die oorwinning wat die gewigopteller behaal

8. die gewigopteller wat die gewig bokant sy kop uitstoot (Hier kan u die leerders daarop wys dat die woord as’t ware die as van die stel gewigte voorstel; die deel onderkant word die gewigopteller en die gewig bokant hierdie word die gewig. Die hele gedig, en veral dié woord in hierdie posisie BEELD die gewigopteller uit wat die gewig bokant sy kop hou.)

9. enjambement

10. Moet reëls aaneen lees – die inhoud handel oor die vloeiende beweging waarmee die gewigopteller die gewig “blitssnel” bokant sy kop uitstoot.

11. kort woorde / woorde met kort klanke – suggereer die vlugtigheid van die oomblik ook die kort reëls dra hierdie boodskap oor.

12. koeplette

13. paarrym

AKTIWITEIT 3

Buiten dat u hierdie teks as begripstoets gaan gebruik, kan u die leerders laat debatteer oor heelwat kwessies wat hierin aangeraak word: waarom moet “swart” sportsoorte opgeblaas word, kultuurverskille wat na vore kom in verskillende sportsoorte, tradisionele sportsoorte van ander kulture (leerders kan hieroor gaan navors / uitvra) ens. Die teks dien o.m. as voorbereiding / katalisator vir Aktiwiteit 5.

(let op dat die leerders elke vraag in een volsin moet beantwoord.)

1. Inheemse / tradisionele sportsoorte en speletjies kan uitsterf as ons nie daarvan bewus gemaak en aangemoedig word om deel te neem nie.

2. Stokgevegte word met elektroniese stokke geveg wat registreer sodra ‘n stok die teenstander raak, en ander speletjies word byvoorbeeld aangepas sodat dit op rekenaar gespeel kan word.

3. Daar is heelwat aktiwiteite rondom die spele aan die gang, soos fasilteerders wat opgelei word en ‘n handeling met reëls wat vir die sportsoorte opgestel is.

4. Hy het die opmerking skertsend gemaak.

5. Hulle sal afgerig word, daar is ‘n handleiding met reëls beskikbaar en daar word ‘n spele aangebied waar deelnemers kragte kan meet.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask