<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3. In die leesstuk word ’n hele aantal redes genoem en geïmpliseer (ons moet dit dus aflei) waarom mense aan sport deelneem. Skryf vier redes neer wat jy kan raak lees of aflei.

Aktiwiteit 2

Om ‘n gedig te lees en te ontleed om die wonder van die gebruik van woord en beeld te ervaar

LU 1.1 LU 1.3 LU 1.5
LU 3.1 LU 3.3 LU 3.5

Teks B

  • Lees Die Gewigopteller deur Ernst van Heerden.

1. In hierdie gedig word die optel van die gewig as ’n stryd tussen twee kragte gesien wat elkeen op ’n unieke manier uitgeBEELD word. Soek in die gedig na woorde wat verwys na die krag waarmee die aarde die gewig vashou (swaartekrag).

2. Waarmee word hierdie krag vergelyk? (So ’n vergelyking waar die woorde “soos” of “as” nie gebruik word nie, noem ons ’n METAFOOR en ons sê “in ’n metafoor word die beeld direk in die plek van die werklikheid genoem.”)

3. Watter woorde beskryf die gewigopteller? (Kyk mooi; daar is op meer plekke as net een ’n verwysing na hom.)

4. Waarmee word die gewigopteller dus vergelyk?

5. Watter woord kan ons as die heel BELANGRIKSTE woord in die gedig beskou?

6. Hoe word hierdie woord uitgelig? (Watter tegnieke gebruik die digter dat ons hierdie woord raaksien?

7. Wat beteken die woord?

8. Wat druk die woord in die gedig uit?

9. Kyk na die leestekens in die gedig. Vanaf reël 3 is daar geen leestekens aan die einde van die reëls nie, wat aandui dat ons die reëls aaneen moet lees sonder pousering. Wat noem ons hierdie verskynsel?

10. Wat is die funksie hiervan in hierdie gedig?

11. Lewer kommentaar oor die kort KLANKE, WOORDE, REËLS en STROFES in die gedig. Besluit of dit enigsins bydra tot die hele inhoud van die gedig, en ook hoe.

12. Wat noem ons die soort strofes waaruit die gedig bestaan?

13. En die rymskema?

Aktiwiteit 3

Om begrip van die inhoud van ‘n gegewe teks weer te gee

LU 3.2 LU 5.3.2 LU 5.5.1

Teks C

Stokgeveg dalk as SA sport bereken ( uit “Die Burger”)

Stokgevegte, een van Suid-Afrika se gunsteling- inheemse tydverdrywe, gaan dalk eersdaags as amptelike sport erken word.

As alles volgens plan verloop, kan die land se voorste stokslaners mekaar reeds in September vanjaar amptelik te lyf gaan by Suid-Afrika se eerste inheemse sportspele in die provinsie Limpopo. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sportkommissie, dr. Joe Phahla, het gister aan die portefeuljekommissie oor sport gesê inheemse sportsoorte en speletjies sal uitsterf as die jeug dit nie aanleer nie. Daar word dus in September ’n inheemse spele gehou om sportsoorte soos stokgevegte amptelik op die sportkalender te plaas.

“Ons is besig om stokgevegte veiliger te maak met behulp van elektroniese stokke wat ’n hou sal registreer wanneer ’n deelnemer ’n ander tref,” het Phahla gesê. “Ons hoop om ook ’n span van die parlement daar in aksie te sien,” het hy geskerts.

Tans word die tradisionele speletjie ncuva , wat met klippies in ’n sirkel op die grond gespeel word, gerekenariseer sodat mededingers uit die nege provinsies mekaar elektronies die stryd kan aansê.

Volgens Phahla begin die spele met ’n klein begroting, maar daar is landwyd reeds 230 fasiliteerders opgelei om deelnemers in tradisionele sport af te rig. ’n Handleiding word ook saamgestel waarin die reëls vir die sport gestandaardiseer word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask