<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Watter afleidings sal skoenhandelaars (entrepreneurs) wat nie kennis dra van die wet nie, maak as hulle die nuwe skoenpryse by die fabrieke sien?

≤ Verbruikers wil meer skoene hê.

≤ Verbruikers wil minder skoene hê.

Watter van die volgende stellings sal waar wees, indien die wet in werking tree?

≤ Meer entrepreneurs sal die skoenbedryf betree.

≤ Minder entrepreneurs sal die skoenbedryf betree.

≤ Daar sal geen verskil wees nie.

Gee redes vir jou antwoord:

  • Wins

‘n Handelaar kan nie ‘n verbruiker forseer om by hom te koop nie. Die verbruiker het die keuse om baie verskillende artikels van duisende verskillende handelaars te koop. Waarom sou hy by ‘n spesifieke handelaar koop?

Dit is die probleem waarmee enige besigheidsman te make het. Hoe oortuig hy ‘n kliënt om by sý besigheid en nie by sy mededinger te koop nie? Hy moet dan juis om hierdie rede sy pryse so aantreklik moontlik maak en dit maak dit weer moeilik om wins te maak.

Aktiwiteit 5:

Om planne te beraam om belangstelling in jou produkte te stimuleer

[lu 4.1]

By ‘n markdag besluit jy om ‘n stalletjie met tuisgebakte koek te hê. Jy verneem dat daar ‘n soortgelyke stalletjie gaan wees. Wat kan jy doen ten einde die kliënte na jou stalletjie te lok?

Wat sal die beste wees:

≤ Jy verkoop heel koeke.

≤ Jy verkoop koekskywe.

Waarom?

Dink jy dit is wys om ‘n koekstalletjie by ‘n skool se markdag te hê?

Waarom?

Dit is belangrik om ‘n produk te verkoop waarin die verbruiker belangstel.

Jy moet die diens bied teen ‘n prys wat die verbruiker bereid sal wees om te betaal.

Assessering

AssesseringLeeruitkomstes(LUs)
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed;
1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en –bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor;
1.3 verduidelik die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse.

Memorandum

A. Selfwerksaamheid in Suid-Afrika

  • Lees en bespreek die koerantberig oor ‘n jong entrepreneur wat ‘n geleentheid gesien het om ‘n inkomste te genereer.

B. Selfwerksaamheid in ander lande

  • Bestudeer die gegewe inligting oor selfwerksaamheid in ses verskillende lande, maak afleidings en stel die inligting grafies voor nadat die data na persentasies herlei is.

C. ‘n Paar ekonomiese beginsels

  • Lees en bespreek die paragrawe ter inleiding van ekonomiese grondbeginsels.
  • Lei die leerders tot die besef dat privaat eiendomsreg lei tot motivering en trots in eie “produkte”.

Aktiwiteite 2 en 3

  • Die leerders kom tot die besef dat (die ontwikkeling van) “geld” as betaalmiddel (ruilmiddel) onontbeerlik was en dat die prys van produkte beïnvloed word deur die vraag daarna.

Aktiwiteit 5

  • Die leerders word hier gelei tot die insig in die fyn balans tussen ‘n aantreklike verkoopprys en goeie wins op produkte.
  • Dit is selde dat ‘n handelaar die enigste in sy soort is wat spesifieke produkte verkoop. Daarom moet hy bedag en voorbereid wees om kompetisie in die mark te kan hanteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask