<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Uitdrukking en kommunikasie

Module 1

Rockmusiek

MUSIEK

Aktiwiteit 1

Om rockmusiek te kan geniet en die gebruik van instrumente daarin te bespreek

  • Luister na gedeeltes uit vyf opnames en beantwoord die vrae:
  • Waar dink jy sou jy die onderskeie voorbeelde hoor?
  • Dink jy die musiek is outyds of modern?
  • Is dit vokaal en /of instrumentaal?
  • Watter tipe instrument/e is op die voorgrond (kan jy hoor)?
  • Sou die musiek vir dans gebruik kon word?
  • Watter tipe dans dink jy?
  • Vergelyk die instrumentasie van die volgende voorbeelde deur met regmerkies aan te dui watter instrumente gebruik word.
Voorbeeld 1 Voorbeeld 2 Voorbeeld 3
Strykinstrumente
Houtblasers
Trompet of saxofoon
Elektriese ghitaar
Tromme
Klawerbord

“Rock het gekom om te bly!”

As jy gedink het Rock is beperk tot tienergehore, maak jy ‘n groot fout. Glo dit as jy wil: Rock was reeds daar in jou ouers (en dalk ouma en oupa) se tyd!

Rockmusiek het ontstaan teen ongeveer 1950, kort na die Tweede Wêreldoorlog as deel van ‘n populêre jeugkultuur. Gevolglik is die “ouer” luisteraars se musieksmaak reeds tóé gevorm. Baie van die hedendaagse musikante maak vandag nog gebruik van idees wat hulle verkry uit die musiek van bv. Chuck Berry, Elvis Presley, Bob Dylan, Beatles en Jimi Hendrix.

Die eerste Rockmusiek was “Rock and Roll”!

Dit het ontwikkel in verskeie strominge soos “Disco”, “Folk/Country”, “Hard Rock”, “Pop Rock”, “Grunge”, “Punk”, “New Wave”, “Reggae”, “R&B”, “Soul”, “Soft Rock”, “Psychedelic”, “Garage”, “Europop”, “Rap”, “Heavy Metal”, “Alternative Rock”, “Techno”, ens.

Wat is die tipiese samestelling van ‘n Rockgroep?

  • Luister nou na Rock uit die verskillende dekades.

Is daar ‘n ooreenkoms ten opsigte van instrumentasie?

  • Dui met regmerkies aan watter instrumente teenwoordig is.
ROCKMUSIEK
BASIESE SAMESTELLINGVAN ‘N ROCKORKES 50’s 60’s 70’s 80’s 90’s 2000
Elektriese ghitare met versterkers
Tromstel
Sanger en mikrofoon
Klawerbordinstrumente
Ander
  • Verdeel in groepe en hou ‘n dinkskrum. Probeer so ver as moontlik konsensus bereik voordat julle die onderstaande voltooi. Onthou daar is nie noodwendig ‘n korrekte antwoord nie!
  • Voltooi dan deur die toepaslike blokkie te merk!
  • Rockmusiek word deur mans beoefen.
JA NEE MEESTAL
  • Indien daar vrouens in die groep is, is hulle beperk tot klawerbordinstrumente.
JA NEE MEESTAL
  • Tromme word deur mans bespeel.
JA NEE MEESTAL

Die groepe vergelyk hul antwoorde.

Tuiswerkopdrag:

Verkry inligting uit tydskrifte, internet, orkeste van die omgewing, video-opnames, televisie, ens. om julle samevattings te staaf of verkeerd te bewys!

  • Luister gerus na Ek kan Rock in my Taal , gesing deur Karin Zoïd en Amanda Strydom.

Aktiwiteit 2

Om die kultuur van rockmusiek te bespreek met verwysing na die benutting van instrumente en deelname deur mans en vrouens

Rockmusikante het ‘n nuwe jeugkultuur gevestig! Nie net in musiek nie maar ook in:

Modes – dink maar aan die modes vandag en in die sestigs.

Uitdrukkings – peace, dis cool!

Denkwyses – vryheid en rebelsheid; politieke voorkeure, ens.

Sedert die 50’s is lirieke veral gebaseer op liefde, seksualiteit, identiteitskrisisse, persoonlike vryheid en ander kwessies, tiperend van tieners.

Mettertyd word rasseverhoudings, ekonomie, politieke en kulturele voorkeure ook gewild. Voorbeelde: Blowin’ in the Wind – Bob Dylan

Talk to the people – Johnny Clegg en Savuka (SA)

Vanaf die ’80’s word ook verbode onderwerpe soos "drugs", depressie en selfmoord aangeraak, sowel as sosiale kwessies soos omgewingsbewaring, aborsieregte en VIGS.

Tans is die lirieke van die Amerikaanse hip-hop- kultuur meestal aggressief en gewelddadig (Gangsta Rap), terwyl die Suid-Afrikaanse eweknie, kwaito, dikwels die gevolge van swak gewoontes soos bv. dwelms, misdaad en selfs luiheid aanspreek.

  • Lees die gegewe gedeeltes uit die volgende lirieke.

Verdeel in vyf groepe sodat elke groep een lied hanteer.

Luister na die lied terwyl jy konsentreer op die LIRIEKE.

Die groep bespreek die sewe vrae en vul dan die antwoorde in.

  1. Wat is die boodskap van die lied?
  2. Watter emosies word uitgedruk?
  3. Is daar enige spesifieke patroon ten opsigte van rym?
  4. Toon die lied enige literêre, politiese, historiese of kulturele verbintenisse?
  5. Hoe dra hierdie verwysings by tot die lied se betekenis?
  6. Spreek die lied enige sosiale kwessies aan?
  7. Sou jy sê dit is ‘n tipiese onderwerp vir rockmusiek? Motiveer jou antwoord.
  • Bespreek die musikale elemente wat gebruik word, soos byvoorbeeld die instrumentasie, vokale styl, melodie, ritme, vorm, ens.

Beantwoord dan die vrae:

  • Beklemtoon hierdie elemente die betekenis wat jy vroeër onderskei het?
  • Is dit die styl wat jy verwag het van die lirieke?
  • Wat is die patroon t.o.v. vorm in hierdie lied?
  • Die vyf groepe (hele klas) vergelyk nou hul antwoorde. Kies ‘n leier in elke groep wat die bespreking doen. Luister elke keer na ‘n gedeelte van die lied wat bespreek word.
  • Wat het hierdie liedere in gemeen?
  • Lees die volgende stellings:

VRAAG:

Dink jy Rockmusiek het dieselfde pad geloop as Klassieke en Afrikamusiek en dat dit eers net deur mans beoefen is?

Aanvullende Aktiwiteit

Skryf julle eie lirieke op die melodie van ‘n lied wat jy ken. Leerders kan dan die geleentheid kry om ‘n Karaoke-lesuur te geniet. Speel “Backtracks” van die lied, terwyl die nuwe lirieke daarmee saam voorgedra word. Besluit vooraf op ‘n spesifieke tema.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
4.5 geslags- en/of kulturele stereotipering in lirieke en die gebruik van instrumente in die verlede en die hede kan identifiseer en verduidelik;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask