<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Teen 1907 was Europa dus finaal in twee gewapende kampe verdeel: die Drievoudige Entente met Frankryk, Brittanje en Rusland aan die een kant, en die Drievoudige verbond van Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië aan die ander kant.

KEN JY NOG DIE VOLGENDE BEGRIPPE?

onafhanklikheid : Die reg van ’n persoon of groep om hul eie besluite te neem en na eie goeddunke uit te voer

demokrasie : Regering vir die volk, deur verteenwoordigers wat op ’n vrye verkiesing deur die volk verkies word. Die doel agter die begrip demokrasie was oorspronklik die beskerming van minderhede Demokrasie word soms opgesom met: een mens, een stem.

outokrasie : Besluitneming sonder dat die wil van die volk in ag geneem word.

Opdrag:

  • Trek nou ’n TYDLYN waarop jy die volgende datums aandui. Sorg dat die gebeure wat jy per datum neerskryf, sinvol en feitelik korrek is.1871, 1904, 1905, 1906, 1907
LU 2.1

Aktiwiteit 3

Om die bewapeningswedloop as die derde oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek

LU 1.3 LU 1.4 LU 1.5 LU 2.3

LEESSTUK 3

In die tien jaar van 1905 tot 1914 het die groot moondhede geweldig baie geld op bewapening gespandeer. Duitsland het die Drievoudige Entente gesien as ’n poging van Frankryk, Brittanje en Rusland om hom te omsingel. Die Duitse militêre mag is dus massief verbeter en vergroot .

Die Britse offisiere en leërmag is onder leiding van die ervare Lord Haldane gereorganiseer om gereed te wees om enige vyand te verslaan. Frankryk en België het ook op die Duitse bedreiging gereageer deur die tydperk waartydens hul manskappe diensplig (opleiding in oorlogvoering) moes doen, langer te maak. Rusland het sy wapenfabrieke groter gemaak en ’n nuwe strategie uitgewerk vir oorlogvoering.

Die wapentegnologie het in hierdie tyd geweldig ontwikkel. Brittanje het bv. in 1906 ’n nuwe soort gevegskip/slagskip gebou, die HMS Dreadnought , wat swaar gepantser was en groot kanonne aan boord gehad het. Die Duitsers het met hul duikbote ’n nuwe soort oorlogvoering ter see begin. Ten spyte van ontwapeningskonferensies, het wantroue en vyandigheid tussen die groot moondhede toegeneem en oorlog was onafwendbaar.

Opdrag:

  • Kyk nou na al die swartgedrukte woorde in Leesstuk 3. Tot na Leesstuk 4 volg daar nog inligting oor WAPENS, TEGNOLOGIE EN STRATEGIE. Vir hierdie werkstuk moet jy so ’n stappie verder gaan en VERANDERING OF OOREEN­KOMS in wapens in verskillende tye bespreek. Let dus goed op na VERBETERINGS, dit is veranderinge wat op wapengebied aangebring is en grade van ooreenkoms en verskil , aandui.

BRONINLIGTING:

  • Jy kan by die volgende webtuistes meer inligting hieroor vind:

1. www.askjeeves.com (Tik die vraag in.)

2. www.google.com (Tik die sleutelwoord in.)

3. www.mweb.co.za (Gaan na die biblioteekafdeling.)

PRENTE:

Reader's Digest Illustrated Story of WORLD WAR I 1969

Raadpleeg ook jou naaste Provinsiale Biblioteek. Vra dat die bibliotekaresse jou by die Naslaanafdeling wys waar die Eerste Wêreldoorlogbronne is.

  • Jy het nou bronne oor WAPENS geëvalueer en geselekteer.
  • Gebruik hierdie spasie om jou eie navorsing wat jy met die hulp van die inligting op bl. 7 oor die tema, WAPENS, gedoen het, in te plak.
  • Indien jy nie daarin slaag om voldoende inligting uit bronne vas te stel nie, mag jy bv. ’n oorlogsveteraan se vertellings (behoorlik gedokumenteer en gedateer) inplak as bewys van jou navorsingswerk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask