<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Maak jou eie legkaart as kreatiewe werkstuk vir jou portefeulje. Sorg dat jou prent ’n standpunt stel. Jy kan bv. uit hierdie tyd van die geskiedenis spotprente gebruik of ’n kaart wat die grense tussen moondhede tydens die Eerste Wêreldoorlog aandui, gebruik. Gebruik die volgende matriks om jou eie/jou maat se werkstuk te assesseer.
Eienskappe: 1 2 3 4
  • Kleurvolheid
  • Interessantheid
  • Gepastheid
  • Leersaamheid
LU 1.1 LU 1.2 LU 1.4 LU 1.5

Aktiwiteit 2

Om die botsende belange in kolonies as die tweede oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek

LU 1.2 LU 1.3 LU 1.4 LU 1.5 LU 2.1

LEESSTUK 2

Duitsland het laat begin deelneem aan die wedloop om grondgebied in Afrika te koloniseer. Wilhelm II het in Marokko ’n moontlikheid gesien om sy mag in Noord-Afrika te begin uitbrei. Marokko het ryk ysterertsneerslae gehad, ’n aanwins vir enige nywerheidsland.

Frankryk het reeds beheer gehad oor Algerië, Tunisië, die Wes- en Sentraal-Soedan en Frans-Somaliland langs die Rooi See. Maar Frankryk het dringend ystererts benodig, omdat Duitsland na die Frans-Pruisiese Oorlog in 1871, Elsas en Lotharinge geannekseer het en so Frankryk se grootste bron van ystererts oorgeneem het. Boonop moes Frankryk oorlog­skuld afbetaal aan Duitsland. Frankryk en Duitsland was dus groot vyande sedert 1871.

Brittanje kon egter nie toelaat dat die Franse, Marokko annekseer nie, omdat dit ’n bedreiging sou wees vir die belangrike strategiese Britse vlootbasis op Gibraltar. Duitsland was vinnig besig om sy vloot op te bou, wat vir Brittanje, wat die oppermag op see nodig gehad het om sy uitgebrei­de kolonies te beskerm, ’n groot gevaar was. Duitsland was dus in 1904 vir Frankryk en Brittanje ’n bedreiging, daarom het hulle die Entente Cordiale gesluit.

Brittanje en Frankryk het met hierdie ooreenkoms hul verskille oor hul botsende belange in Afrika, versoen. Frankryk het Brittanje se belange in Egipte en die Anglo-Egiptiese Soedan erken, terwyl Brittanje in die geheim die Franse belange in Marokko erken het. In die openbaar het Brittanje steeds die onafhanklikheid van Marokko gewaarborg.

Toe Frankryk se belange in Marokko bekend word, het die Duitse keiser,

Wilhelm II, Marokko besoek en die Sultan van Marokko verseker dat Duitsland hulle teen Frankryk sou beskerm. In 1906 is ’n konferensie in Algeciras gehou waarop die onafhanklikheid van Marokko en Duitse ekono­miese belange in Marokko gewaarborg is. Frankryk het op hierdie kon­ferensie die steun van Brittanje en sy ou bondgenoot, Rusland, ontvang.

Brittanje het die ondemokratiese regeringsvorm in Rusland, die outokrasie van die tsaar, sterk afgekeur.

In 1905 is Rusland deur Japan verslaan en die Tsaar was verplig om die Doema, ’n vorm van parlementêre regering, in te stel. Nou was same­sprekings tussen Rusland en Brittanje moontlik. Britse belange in Persië is erken, en Russiese belange in Afganistan. Verder het hierdie Anglo-Russie­se Entente in 1907 gelei tot die vorming van die Drievoudige Entente tussen Frankryk, Brittanje en Rusland. Die entente was nie ’n militêre verbond nie, maar ’n vriendskaplike verstandhouding wat ’n poging was om die vrede in Europa te bewaar.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask