<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Blaas vyf kort sterk asems deur jou ronde lippe uit en probeer jou asem aan die ander kant van die klas blaas.

Voel hoe die krag van die uitgaande asem gehoor word aan die ander kant van die klas.

Herhaal ses keer.

Herhaal die oefening met ‘n klank terwyl jy uitasem.

Herhaal ses keer.

Opwarmingsoefening:

Opwarmingsoefeninge sal jou in staat stel om te reageer, vry van onnodige spanning, binne ‘n reeks energieke en plesierige situasies.

Opwarmingsoefening:

Plaas stoele langs een muur van die klas of skoolsaal om ‘n lang doolhof te vorm.

Maak seker daar is genoeg plek vir jou om deur die doolhof te loop sonder om aan ‘n stoel of die muur te raak.

Verbeel jou die stoele en die area buite die doolhof is geëlektrisifeer.

Werk in pare, A en B.

A is blind, so hy/sy moet sy/haar oë toehou of geblinddoek word.

B is stom en moet A fisies deur die doolhof lei sonder om geskok te word.

Die pare moet mekaar deur die doolhof volg en seker maak dat daar genoeg ruimte is om nie in mekaar vas te loop nie.

Soos jy uit die doolhof kom, moet jy stil gaan sit en na die ander kyk soos hulle hulle pad deur die doolhof vind.

AKTIWITEIT 2

OM TE REAGEER OP VERSKILLENDE STIMULI IN DRAMATIESE SPELETJIES EN OEFENINGE: SPELETJIES

[LU 1.6]

Na die opwarmingsoefeninge is jy gereed om met die drama-aktiwiteite te begin. Vandag gaan ons speletjies speel. Ja, drama is baie pret!

Oefening 1: Tasbare boks

Jou opvoeder sal ‘n kartondoos voorsien met voorwerpe daarin.

Die inhoud sal artikels bevat soos ‘n sleutel, ‘n kers, wasgoedpennetjie, potlood, ens.

Daar sal net een van elke artikel in die boks wees.

Die sykante van die boks sal toe wees, maar daar sal ruimte wees vir ‘n hand om tussen die kante in die boks te glip, maar niemand mag die inhoud van die boks kan sien nie.

Die boks word in die middel van die speelarea geplaas.

Jy moet aan die ver kant van die boks kniel met jou gesig na die ander leerders toe, wat dan moet dophou of jy nie in die boks kyk as jy jou hand in die boks steek nie.

Jy moet ‘n artikel identifiseer deur net daaraan te vat.

Los die artikel in die boks en haal jou hand uit.

Mimiek die artikel en die gebruik daarvan vir die klas.

Die ander leeders moet dan uitroep wat die artikel was.

As hulle nie reg raai nie, moet die mimiekaksie herhaal word.

Jy moet probeer onthou watter artikels al geïdentifiseer is en dan daardie artikels vermy, m.a.w. jy sal ‘n klomp verskillende artikels moet identifiseer d.m.v. aanraking voordat jy ‘n artikel vind wat nog nie mimiek is nie.

Oefening 2: Ontmoetings

Jou opvoeder sal aan jou ‘n karakter toeken om te karakteriseer.

Niemand mag weet watter karakters die ander gaan karakteriseer nie.

Vorm groepe van drie, nie meer as vier nie.

Maak jou karakter aan die ander lede van die groep bekend.

Julle moet ‘n kort toneel beplan, ‘n situasie uitdink, ontwikkeling beplan, dialoog en ‘n slot inwerk.

Jy mag onder geen omstandighede gedurende die toneel die karakters se temperament of beroep noem nie.

Teen die einde van elke kort toneel moet die leerders in die speelarea bly, terwyl die ander leerders probeer raai wat elke speler uitgebeeld het.

Die spelers word nie toegelaat om te sê wat of wie hulle was nie; hulle moes dit net gewys het.

Oefening 3: Die oorname

Jou opvoeder sal ‘n aantal items (enige items) in die middel van die speelarea plaas.

Ondersoek die artikels.

Hierdie artikels kan gebruik word in ‘n kort toneel, soos hulle is, of as iets anders.

Bly in die groepe van die vorige oefening .

Jy het vyf minute vir voorbereiding.

Jou opvoeder sal na ‘n groep wys om hulle toneel met hulle artikels op te voer.

Sy/hy sal dan na ‘n ander groep wys om in die vorige groep se toneel in te beweeg en oor te neem – die eerste groep moet die tweede groep toelaat om hulle toneel, hulle ruimte en hulle artikels oor te neem, en moet dan wegbeweeg van die speelarea terug na hulle plekke in die sirkel.

Die oorgange moet egalig en vinning gebeur.

Om die ‘oorname’ te inisieer, kan die opvoeder musiek speel, op ‘n fluitjie blaas, hande klap, roep, op ‘n musiekinstument speel, ens.

AKTIWITEIT 3

OM SENSORIESE DETAIL EN EMOSIONELE UITDRUKKING IN DRAMATIESE AKTIWITEITE TE GEBRUIK: VOORWERPE EN SENSASIES

[LU 1.7]

Die doel van hierdie aktiwiteit is om te streef na helderheid van kommunikasie, sonder spraak, deur gebruik te maak van grafiese beweging. Moenie bekommerd raak nie, ons speel nog steeds!

Oefening 1: Kyk daarna

Dink aan iets lewendigs of leweloos waarna jy kan kom kyk in die speelarea.

Jy mag nie daaraan raak of daarmee toneelspeel nie, net kyk en reageer.

Jy moenie die oefening aanpak voordat jy ten volle voorbereid is om die voorwerp duidelik te visualiseer nie.

Die ander leerders moet dan die reaksies van die leerder in die speelarea kan ‘lees’.

Na elke visualisering moet die leerders raai wat die voorwerp was.

Oefening 2: Sensasies

Kies een van die sintuie om op te voer:

  • Smaak : bitterheid, warm kerrie, galserige botter, iets soet, medisyne
  • Aanraking : streling, ‘n hou, ‘n slang, ‘n ysblok, iets grofs, taai, sy, lig, swaar
  • Gesig: sonsopkoms, rugbywedstryd, ‘n ongeluk, bekoring, walging, verwondering,
  • iets ver
  • Gehoor: skinder, geweerskote, kompliment, huil, musiek, deurklokkie

Gebruik jou gesigsuitdrukking sowel as jou liggaam om die sintue uit te druk.

Oefening 3: Voorwerpe en Sensasies

In julle groepe, skep ‘n kort toneel deur Oefeninge 1 en 2 te kombineer.

Julle mag net een voorwerp gebruik.

Julle mag soveel sintuie as wat julle wil, gebruik.

Voer die toneel vir die klas op.

Lewer kommentaar oor elke opvoering.

Kies ‘n ‘wen-toneel’ na afloop van die opvoerings.

Assessering

LU 1

SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

DRAMA

1.5 eenvoudige ontspannings- en asemhalingsoefeninge onder leiding van die onderwyser kan doen wanneer opgewarm en afgekoel word;

1.6 regeer op gehoor-, mondelinge, visuele, tasbare en bewegings-stimuli gedurende drama-oefeninge en –speletjies;

1.7 gebruik maak van sintuiglike detail en emosionele uitdrukking in drama-aktiwiteite soos eenvoudige mimiek om gewig, grootte en vorm aan te dui.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask