<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 4

Navorsingstaak

Gaan lees na oor die prosesse waardeur wol alles gaan vandat die wolvag afgeskeer is totdat dit kledingstof word waarvan jou klere gemaak word. Stel die proses in ‘n vloeidiagram op ‘n plakkaat voor. As jy dit verkies, mag jy ook enige ander dierlike of plantaardige stof gebruik.

[LU 2.1]

Die eerste katoen is in Indië lank voor Christus gekweek en gebruik. Uit Indië het die kweek van katoen geleidelik deur Persië en Egipte na Europa en Noord-Afrika versprei.

Sy, afkomstig van die sywurm (Bombyx mori), is heel waarskynlik die eerste keer sowat 4 000 jaar gelede in China gemaak. Sy is warm om te dra, glad, baie lig, sterk en wanneer dit gekreukel en gelos word, keer dit weer na sy oorspronklike vorm terug. Sy is ideaal om gebruik te word deur dokters, en in die wetenskap en tegnologie.

Voorbeelde

  • Ruimtevaarders se klere word van sy gemaak.
  • Sy word gebruik om raketsnare en vislyn te maak.
  • Steke van ‘n wond word met sydraad ingesit.

Sy word vandag nog van die kokonne van die sywurm verkry. ‘n Kokon bestaan eintlik net uit een stuk draad wat sowat 5 km lank kan wees. Meer as 40 000 kokonne word benodig om een kilogram rou sy te maak. Vroeër is sy met die hand gespin, maar vandag word masjinerie gebruik om sy te spin.

Agtergrond

Die pels en velle van diere kamoefleer hulle sodat hulle vyande hulle nie maklik kan sien nie. ‘n Verkleurmannetjie is ‘n goeie voorbeeld.

Die mens het hierdie eienskap raakgesien en dra tydens oorlogvoering in die veld klere waarop kamoefleermerke aangebring is.

Dit is selfs mode om klere te dra waarop kamoefleermerke of patrone van dierevelle afgedruk is.

Opdrag 5

Versamel prente uit ou tydskrifte en koerante van sulke klere en plak dit op 'n skoon vel papier, of teken soortgelyke klere. Verduidelik met byskrifte watter diervelle watter kledingstukke is, indien herkenbaar.

[LU 3.2]

Agtergrond

Sommige eienskappe van tekstielstowwe kan net in sekere toestande bepaal word en dit is wanneer jy sekere toetse op hulle doen. Ons noem dit versteekte eienskappe en dit is eienskappe soos sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid en isolasievermoë. Versteekte eienskappe kan die vorm van ‘n voorwerp heeltemal verander.

Sigbare eienskappe kan ‘n mens makliker aflei deur aan die voorwerp te ruik, te voel of daarna te kyk.

Opdrag 6 A

ONDERSOEK

Aan die Opvoeder:

Verdeel die klas in groepe. Laat elke groep ‘n ander eienskap van die tekstielstowwe ondersoek.

Opdrag

Sorteer die volgende stukke tekstielstowwe wat jul onderwyser aan julle gaan gee (voorbeelde van nylon, poliëster, katoen, sy en wol) volgens hul eienskappe in twee groepe, naamlik sintetiese en natuurlike tekstielstowwe. Toets elk van die volgende eienskappe volgens ‘n wetenskaplike betroubare metode.

  1. Sterkte: Probeer elke stukkie materiaal skeur en skryf neer of dit maklik of moeilik was.
  2. Brandbestandheid : Brand ‘n hoekie van elke stukkie materiaal. Jy benodig ‘n tang, ‘n kers, vuurhoutjies en ‘n metaalplaat. Ruik en voel daaraan nadat dit gebrand het en nie meer warm is nie. Brand dit met ‘n vlam of daarsonder? Vorm dit as (‘n sagte kool) of smelt dit (‘n harde kool)? Ruik dit skerp of na papier? Brand dit vinnig of stadig?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask