<< Chapter < Page Chapter >> Page >

NATUURWETENSKAPPE

Graad 4

DIE PLANEET AARDE EN DIE HEELAL

Module 37

ONDERSOEK NA DIE MISTERIE VAN DIE BUITENSTE RUIMTE

Aktiwiteit:

Om die misterie van die buitenste ruimte te ondersoek en oor satelliete te kan praat

[LU 1.1, 1.3, 3.1]

Wat is in die ruimte daarbo?

Die grootmense sê: Sien is glo!

Toe, neem my dan daarheen!

Moet ek ry, of moet ek vlieg… alleen?

Ek klim in my ruimteskip en dink

Is ek nou simpel of wil ek net rinkink!

Nee, ek is nuuskierig en wil self sien

Wat is daarbo? Marsmannetjies? Miskien!

Ek kom toe daar en was ek verras

Dis baie donker, ek hou my bewende broek vas…

‘n Sterretjie knipoog vir my

Sjoe, dis “cool” hierbo, ek dink ek bly!

Verlange na my huis neem my terug

Na die pragtige blou aarde en die skoon suiwer lug.

Ek word wakker uit my droom…

Oeps: Oos wes tuis bes!

M.K

Illustreer die gediggie.

Dis enige kind se droom om die ruimte te besoek, maar die meeste van ons het nie daardie wonderlike geleentheid wat Mark Shuttleworth in 2002 gehad het om die buitenste ruimte te besoek nie. Ons kan egter baie van die ruimte leer deur ‘n teleskoop te gebruik.

Die teleskoop

‘n Italianer met die naam van Galileo Galilei het in 1609 ‘n teleskoop gemaak om na voorwerpe wat ver is, te kyk. Hy het bevind dat die pragtige verligte baan wat ons nou die Melkweg noem, eintlik ‘n magdom van sterre is. Hy het ook berge en kraters op die maan gesien.

Maak jou eie teleskoop van afvalmateriaal en voer die volgende opdragte uit:

Gebruik jou teleskoop om die sterre in die aand te bekyk

Doen nou dieselfde in die dag, maar onthou om nie direk na die son te kyk nie; dit kan jou oë beskadig.

Jy en ‘n paar maats moet nou ‘n storie opmaak oor hoef nie iets oor die sterre te wees nie, dit kan enigiets wees. Gee terugvoering aan die klas deur middel van rolspel. Wees kreatief!

‘n Paar idees:

een groep kan toeriste wees

‘n ander groep kan ‘n sportspan wees

‘n ander groep kan televisie-akteurs wees en bv. tydens die nuusbulletin optree

‘n ander groep kan hulle storie oor die radio aanbied.

Die ruimte

Ons lewe onder ‘n baie dik laag lug wat die atmosfeer genoem word. Die atmosfeer voorsien ons van suurstof om asem te haal, dit hou ons lekker warm en dit beskerm ons teen die strale van die son. As ‘n mens verder van die aarde af deur die atmosfeer reis, raak die lug dunner en dunner en dan word dit baie moeilik om asem te haal. Op ‘n hoogte van ongeveer 10 km kan ons nie asemhaal sonder ekstra suurstof nie. Op ‘n hoogte van ongeveer 160 km is daar amper geen lug nie. Nou is ons op pad ruimte toe!

In die ruimte is daar geen atmosfeer nie. Klank kan nie daar trek nie en daar is geen weersomstandighede soos ons dit op die aarde ken nie. Die ruimte begin waar die aarde se atmosfeer ophou. Ons weet nie waar die ruimte ophou nie. Ruimteskepe het al vanaf die aarde tot baie diep in die heelal gereis, maar van die sterre wat ver in die ruimte is, is nog nie ontdek nie. Hulle is miljoene en miljoene kilometer ver van ons af.

Satelliete

Wanneer voorwerpe ‘n roete of ‘n pad in die buitenste ruimte volg, word dit ‘n wentelbaan genoem.

Vuurpyle of pendeltuie stuur satelliete in die ruimte in tot in ‘n wentelbaan waar dit teen net die regte spoed moet beweeg. As dit te vinnig beweeg, kan dit dalk tot in die buitenste ruimte wegskiet; as dit te stadig beweeg, kan dit terug na die aarde val. Mense gebruik rekenaars op aarde om die spoed van die satelliete te beheer.

Die nut van satelliete

Hou ‘n groepbespreking oor die nut van satelliete en kyk hoeveel voordele julle groep kan opnoem. Gee terugvoering aan die klas en skryf die beste neer.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

ondersoek beplan;

data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan.

Memorandum

WENKE VIR HIERDIE MODULE

Hou baie ou tydskrifte in die klas, sodat die kinders prentjies daaruit kan knip

Wys baie prentjies uit boeke en tydskrifte

Laat die kinders dit prakties ervaar.

Moedig die kinders aan om kreatief te dink wanneer hulle take doen en in groepe werk.

Probeer om aktiwiteite te skep waar hulle dinge self kan ontdek.

Indien moontlik, wys video’s. Kinders leer deesdae baie deur visuele waarneming.

MISTERIE VAN DIE BUITENSTE RUIMTE

Lees die gediggie vir die klas voor en laat hulle ‘n prentjie teken. Laat hulle gerus nog gediggies en berigte oor die ruimte soek en aan die klas kom voorlees.

DIE TELESKOOP

Maak jou eie teleskoop van afvalmateriaal. Daar is verskeie boeke waarin u idees kan kry.

DIE RUIMTE

Probeer om ‘n video van die ruimte aan die klas te wys.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask