<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die natuurbewaarder vang ‘n slang.

Die slang eet ‘n rot.

Skryf nou hierdie bostaande sinne oor in die verlede tyd, en begin elke sin soos hieronder aangedui:

Gister

Toe hy die slang sien,

Verlede week toe ek in die veld gaan stap het,

Laasmaand

Gisteraand

Skryf die sinne nou in die toekomende tyd en begin elke sin soos hieronder aangedui:

Môre

As hy ooit ‘n slang sien,

Wanneer ek volgende week in die veld gaan stap,

Volgende week

e) Môre-aand

3.4 ‘n Bywoord vertel ons meer omtrent die werkwoord. Dit sê byvoorbeeld waar, hoe of wanneer iets gedoen word. Kyk na die onderstaande voorbeelde:

Die kinders is daar. (Bywoord van plek, want jy vra: Waar?)

Susan hardloop vinnig. (Bywoord van wyse, want jy vra: Hoe?)

Ek werk nou. (Bywoord van tyd, want jy vra: Wanneer?)

Soms is daar ‘n sin met baie bywoorde in. Kyk na die voorbeeld:

Die pofadder het gister doodstil hier gelê.

‘n Mens skryf die bywoorde altyd in die volgorde: TYD, WYSE, PLEK.

3.5 ‘n Voegwoord word gebruik om sinne te verbind.

Wanneer ‘n mens sinne deur middel van voegwoorde verbind, moet jy baie versigtig wees, want die woordorde moet reg wees.

Kyk na die volgende voorbeelde:

Ek is bang vir slange. Ek sal hulle nie doodmaak nie. (maar)

Ek is bang vir slange, maar ek sal hulle nie doodmaak nie.

Pofadders is goed gekamoefleer. ‘n Mens sien hulle nie sommer raak nie. (daarom)

Pofadders is goed gekamoefleer, daarom sien ‘n mens hulle nie sommer raak nie.

Ek is bang vir slange. Ek sal hulle nie sommer doodmaak nie. (hoewel)

Hoewel ek bang is vir slange, sal ek hulle nie sommer doodmaak nie.

Die voegwoord wat ‘n mens gebruik, bepaal die woordorde. Kyk na die onderstaande tabel en probeer onthou wat ná elke soort voegwoord gebeur. Hierdie is nie al die voegwoorde nie; dis net ‘n paar van dié wat die meeste gebruik word:

A: Die woordorde bly dieselfde. B: Die tweede werkwoord staan direk ná die voegwoord. C: Die werkwoord gaan staan aan die einde van die sin.
enmaarwant dusdaarom hoewelaangesienomdatdatterwyl
Voorbeeld:Ek staan doodstil, want ek is bang vir die slang. Voorbeeld:Ek is bang vir die slang, daarom staan ek doodstil. Voorbeeld:Ek staan doodstil aangesien ek vir die slang bang is.

Verbind nou die volgende sinne met die voegwoorde tussen hakies:

Die mamba is ‘n gevaarlike slang. Dit is baie giftig. (aangesien)

My ma sê. Ek moet mooi kyk. (dat)

‘n Mens moet versigtig wees vir slange. Jy moet hulle nie sommer doodmaak nie. (maar)

Slange is nuttige diere. Hulle vang rotte en muise. (want)

‘n Boomslang is ‘n skaam dier. Hy vlug gewoonlik as hy ‘n mens sien. (dus)

3.6 Skryf enige 10 woorde uit die bostaande werk in jou woordelys en maak weer eens seker dat jy weet hoe om elkeen te spel en in ‘n sin te gebruik.

Assessering

LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.4 vir inligting lees en inligting opsom;
3.7 evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en multimedia-tekste gebruik word om ‘n spesifieke effek te bereik:
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.2 met sinne werk:
6.3 werk met tekste:

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Opsomming (belangrikste feite):

Slange is reptiele en hulle is interessante diere.

Mense vrees slange en reageer heftig as hulle ‘n slang teëkom. ‘n Mens moet stilstaan, anders sal die slang aanval.

Geelslang-gif is neurotoksies, pofadder-gif is sitotoksies en boomslang-gif is hipotoksies.

Elke dier vervul ‘n rol in die ekologie en as diere doodgemaak word, versteur dit die ekologie.

2. Spelling word geleer en getoets.

3. Woordeskat. Hier kan u bv. ook vinnig verduidelik/hersien hoe voor- en agtervoegsels funksioneer. Neuro-, sito- en hemo- is voorvoegsels wat verduidelik kan word.

AKTIWITEIT 2

1. Soorte sinne

1.1 vraagsin

1.2 stelsin

1.3 bevelsin

1.4 uitroepsin

2.1 vraagteken

2.2 uitroepteken

2.3 punt

3.

3.1 S.nwe in die laaste paragraaf: dier, natuur, mens (2), ekologie, spinnekop, slang (2), slangvanger, amptenaar, Natuurbewaring (verduidelik dat dit ‘n eienaam is), plek, slange, werk, rotte, muise, plae

3.2 a) gevaarlike

b) vinnige

c) aggressiewe

d) hoë (Verduidelik gebruik van deelteken.)

e) waaksame

3.3 a) Gister het die slang lekker in die son gelê.

b) Toe hy die slang sien, het die seun doodstil gestaan.

c) Verlede week toe ek in die veld gaan stap het, het my ma my gewaarsku om mooi voor my voete te kyk.

d) Laasmaand het die natuurbewaarder ‘n slang gevang.

e) Gisteraand het die slang ‘n rot geëet.

3.4 a) Môre sal die slang lekker in die son lê.

b) As hy ooit ‘n slang sien, sal die seun doodstil staan.

c) Wanneer ek volgende week in die veld gaan stap, sal my ma my waarsku om mooi voor my voete te kyk.

d) Volgende week sal die natuurbewaarder ‘n slang vang.

e) Môre-aand sal die slang ‘n rot eet.

3.5 a) Die mamba is ‘n gevaarlike slang aangesien dit baie giftig is.

b) My ma sê dat ek mooi moet kyk.

c) ‘n Mens moet versigtig wees vir slange, maar jy moet hulle nie sommer doodmaak nie.

d) Slange is nuttige diere want hulle vang rotte en muise.

e) ‘n Boomslang is ‘n skaam dier, dus vlug hy gewoonlik as hy ‘n mens sien.

3.6 Woordeskat

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask