<< Chapter < Page Chapter >> Page >

(Aangepas uit Die KleinBurger, 21 April 2003.)

1. Maak ‘n opsomming in jou eie woorde van paragrawe 3, 4 en 5 van bostaande leesstuk. Jou opsomming moet ongeveer 60 woorde lank wees.

2. Kyk goed na die spelling van die volgende woorde en maak seker dat jy sal onthou hoe om hulle te spel:

interessant

moeilik

taamlik

aggressief

paadjie (verkleinwoord van pad)

plae (meervoud van plaag)

sakie (verkleinwoord van saak)

3. Skryf die bostaande woorde in jou woordelys en sorg dat jy weet hoe om elkeen in ‘n sin te gebruik. Vra jou onderwyser as jy nie weet nie.

Aktiwiteit 2:

Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer en jou woordeskat uit te brei

[LU 6.2, 6.3]

1. Soorte sinne

Onthou jy nog dat daar vier soorte sinne is? Hulle is die stelsin, die vraagsin, die bevelsin en die uitroepsin.

Hier volg vier sinne. Skryf langs elkeen neer watter soort sin dit is.

Is jy bang vir ‘n slang?

‘n Slang is ‘n reptiel.

Staan stil!

Sies, ek gril my dood vir ‘n slang!

2. Leestekens

Voltooi die volgende sinne deur die korrekte woord in te vul. (Jy moet die naam van die korrekte leesteken gee.)

Aan die einde van ‘n vraagsin skryf ‘n mens ‘n

Aan die einde van ‘n uitroepsin en ‘n bevelsin is daar ‘n

Aan die einde van ‘n stelsin kom daar ‘n

3. Woordsoorte

Ons gaan net ‘n paar belangrike woordsoorte probeer onthou en kyk hoe hulle in ‘n sin gebruik word.

3.1 ‘n Selfstandige naamwoord is ‘n woord wat vir iets ‘n naam gee. ‘n Mens kan dit uitken deur te kyk of jy die woorde ‘n of die voor die woord kan gebruik. ‘n Naamwoord het gewoonlik (maar nie altyd nie) ‘n meervoudsvorm of ‘n verkleiningsvorm. Kyk na die voorbeelde wat uit die leesstuk kom:

Elke dier vervul ‘n rol in die natuur.

Die vetgedrukte woorde is selfstandige naamwoorde, want ‘n mens kan sê:

die dier – die diere – die diertjie

‘n rol – rolle – rolletjie

die natuur

(Hulle hoef nie almal meervouds- of verkleiningsvorme te hê nie.)

Onderstreep nou al die selfstandige naamwoorde in die laaste paragraaf van die leesstuk.

3.2 ‘n Byvoeglike naamwoord vertel ons meer van die selfstandige naamwoord. Kyk na hierdie voorbeelde:

‘n Slang is ‘n interessante dier.

Pofadders lê dikwels op ‘n warm teerpad.

‘n Giftige slang kan ‘n mens doodmaak.

Wat sien jy? Die byvoeglike naamwoord staan voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf. Maar dit kan soms ook ná die selfstandige naamwoord staan:

Die slang is koudbloedig.

Geelslange is gevaarlik.

Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies:

Ek het ‘n (gevaarlik) slang in die veld gesien.

‘n Slang reageer op ‘n (vinnig) beweging.

‘n Swart mamba is ‘n (aggressief) slang.

Die boomslang het in ‘n (hoog) boom opgekrul gelê.

Die (waaksaam) man het mooi gekyk waar hy trap.

3.3 ‘n Werkwoord sê wat gedoen word. ‘n Mens kan toets of ‘n woord in ‘n sin ‘n werkwoord is deur te kyk of dit in ‘n ander TYD geskryf kan word, bv. as dit van die teenwoordige tyd na die verlede tyd kan gaan. Kyk na die voorbeelde:

Die slang lê lekker in die son.

Die seun staan doodstil.

My ma waarsku my om mooi voor my voete te kyk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask