<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Kritiese en kreatiewe denke

Module 9

Om navorsing te doen oor ‘n tradisionele dans: die indiese dans

Dans

Aktiwiteit 1:

Om navorsing te doen oor ‘n tradisionele dans: die indiese dans

[lu 2.3]

Waarneming

  • Kyk na ‘n video van ‘n Indiese dans. Doen navraag by jou plaaslike video-winkel oor video’s in die “Bollywood”-genre.

Neem kennis van die volgende aspekte terwyl jy na die video kyk:

    • verskillende maniere waarop die danser reguit en krom danspatrone gebruik;
    • elevasie, beweging, gebare, spronge, draaie;
    • verandering in spoed, spanning, kontinuiteit, ritme, ruimtelike verhoudings;
    • bewegings met betrekking tot die musiek;
    • vertel die dans ‘n storie?
    • dansstruktuur: begin, middel en einde;
  • verskillende gevoelens, stemmings en emosies deur die dansers uitgedruk.

Kyk weer na die video – of soveel keer soos wat jy dit wil sien.

Vul dan die onderstaande vraelys in.

1. Het jy van die dans gehou? Waarom? / Waarom nie?

2. Het jy van die musiek gehou? Waarom? Waarom nie?

3. Wat vertel die dans vir jou oor die Indiese kultuur?

4. Beskryf die vloerpatrone van die dans.

5. Watter bewegings het jy waargeneem? (Verwys na die vyf basiese liggaamsaktiwiteite).

6. Watter storie het die dans vertel?

7. Het die dans ‘n begin, middel en ‘n einde gehad? Indien wel, indentifiseer die struktuur.

8. Het die dans enige stemmings, emosies en gevoelens uitgebeeld? Wat was dit?

Klasbespreking

Bespreek die video, asook die punte soos uiteengesit in die vraelys.

Aktiwiteit 2:

Om ooreenkomste en verskille in danse te identifiseer: ‘n afrika-dans vs. ‘n indiese dans

[lu 2.4]

Waarneming en Vraelys

  • Kyk na ‘n video van ‘n tradisionele Afrika-dans.

Neem kennis van die volgende:

    • beweging
    • styl
    • doel
    • kostuums
  • musiek
  • Kyk weer na die video oor die Indiese dans.

Klasbespreking

Bespreek die verskille tussen die twee dansstyle en kulture.

Vergelyk die vyf basiese liggaamsbewegings tussen die twee danse en identifiseer die verskille.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
GESAMENTLIK (2.1 – 2.2)
uitvind oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan die klas verslag doen;
die wenslikheid verduidelik dat ‘n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word;
DANS (2.3 – 2.4)
navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video’s en dit in die klas aanbied;
waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask