<< Chapter < Page Chapter >> Page >
a Reëndans b Kleed c Kleur
  1. Wat is ‘n raga?
a Die melodie b Die ritme c Die dreunbas
  1. Wanneer word ragas uitgevoer?
a Soggens b Spesifieke tyd van die dag of seisoen c Tydens godsdienstige geleenthede
  1. Op watter instrument word die raga gespeel?
a Sangira b Siter c Strykinstrument
  1. Hoe word hierdie instrument bespeel?
a Stryk met boog b Soos ‘n viool c Pluk snare
  1. Hoeveel snare het die instrument?
a Elf tot dertien b Sewe c Vyf
  1. Hoe word die addisionele snare bespeel?
a Pluk die snare b Met strykstok c Vibreer net saam
  1. Wat is die tala?
a Die melodie b Die ritme c Die dreunbas
  1. Watter instrument speel die tala?
a Siter b Tabla c Tambura
  1. Watter tipe instrument is bogenoemde?
a Perkussie b Snaar c Klawerbord
  1. Waaruit bestaan hierdie instrument?
a ‘n Stel van twee tromme b Een trom c Twee stokkies
  1. Watter instrument speel die dreunbas?
a Siter b Tabla c Tambura
  1. Hoe verskil hierdie instrument van die siter?
a Dit word gestryk b Dit het vier snare c Dit is ‘n tipe trom
  1. Hoe word al die bogenoemde instrumente bespeel?
a Sittend op hoë stoele b Staande c Sittend plat op die vloer
  1. Wie is ‘n bekende komponis van Indiese musiek?
a Savi Rhanker b Berlioz c Ravi Shankar
Totaal:
25

Stap 8

Nog tradisionele musiek: Die Kaapse Klopse

Soos Indiese musiek, is die musiek van die Kaapse Klopse ook ‘n voorbeeld van tradisionele musiek in Suid-Afrika.

Beskryf die ghommatrom

Wat is die doel, funksie en rol van die ghommatrom?

Aktiwiteit 3:

Om die gebruik van instrumente in inheemse musiek te ondersoek: afrika-musiek

[lu 4.3]

Die rol van musiekinstrumente in die Afrika-musiekkultuur is baie meer uitgebreid as in Westerse musiekkulture:

  • Die primêre funksie van musiekinstrumente is om klank te maak/skep.
  • Afrika-instrumente word egter dikwels ook gebruik om spesifieke kenmerke van kulture uit te beeld – bv. ritueel simboliek as versierings op die instrument.
  • Musiek (instrumente) word gebruik vir mondelinge kommunikasie bv. boodskappe na ander areas; oorlogskrete.
  • Liggaamsperkussie en sang is net so belangrik soos gemaakte instrumente.

Jy het in die vorige twee aktiwiteite kennis gemaak met die gebruik van die trom in Westerse klassieke musiek en Indiese tradisionele musiek.

Dit is egter met Afrika waarmee die trom sinoniem mee is!

Stap 1

Werk in groepe en doen navorsing oor die doel, funksie en rol van die trom (of ander instrument soos mbira) in die algemeen, of in spesifieke kulture en sekere streke. Die opvoeder sal julle lei.

Elke groep kry die geleentheid om hul inligting met die klas te deel.

Stap 2

Jy behoort nou genoeg kennis te hê om Westerse, tradisioneel Indiese en inheemse Afrika-musiek met mekaar te vergelyk t.o.v. die volgende aspekte:

Westerse musiek Indiese musiek Afrika- musiek
Die term “musiek”
Notasie
Vokale musiek
Funksie van die trom
Improvisasie
Diatoniese toonleer

Watter afleiding kan jy maak?

Musiek word dikwels gebruik as terapie. Vandag word Afrika-tromme ook gebruik om jeugdige misdadigers te rehabiliteer. Die speel van die soort tromme het ‘n stimulerende effek wat mense help om van hulle frustrasies en negatiewe energie ontslae te raak.

Enige mens voel tog goed oor homself wanneer hy iets bevredigend en sinvol gedoen het!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.3)
  • die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask