<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Stap 3

Agtergrond

  • In Indië word die term SANGITA gebruik vir musiek, sowel as vir dans en drama.
  • Indiese musiek is een van die oudste musiek vorme en dateer sowat 3 000 jaar terug.
  • Baie mense van Indië het gereis en hulself gevestig in ander dele van die wêreld – so ook Suid-Afrika.
  • Saam met hulle het hulle die Indiese musiekkultuur gebring.
  • Hierdie musiekkultuur bestaan o.a. uit klassieke musiek, geestelike musiek (Hindu), volksmusiek, tradisionele musiek, populêre musiek .
  • Die belangrikste instrument in Indiese musiek is basies die stem.
  • Die musiek word dit hoofsaaklik mondeling (soos musiek uit Afrika) van geslag tot geslag oorgedra d.m.v. nabootsing.
  • Tiperend aan hulle vokale styl is die verskeie note wat op een lettergreep gesing word.
  • Daar word ook baie gebruik gemaak van versierings en improvisasie. Improvisasies word gewoonlik uitgevoer deur die solis en tromspeler.

Stap 4

Instrumente

Hier volg die beskrywing van drie Indiese musiekinstrumente.

  • Tabla is die gewildste perkussie instrument. Dit bestaan uit ‘n stel van twee tromme en word met die vingers en hande bespeel.
  • Die mees algemene instrument is die siter . Dit is ‘n snaarinstrument met sewe snare en ‘n lang nek. Die snare word gepluk en die instrument word dikwels vir solo-improvisasies gebruik. Dan is daar is ook nog 11 - 13 addisionele snare. Hierdie snare vibreer saam (word nie gepluk nie) om die kenmerkende klank van die siter voort te bring.
  • Die tambura is soortgelyk aan die vorm van die siter, maar het slegs vier snare. Die instrument se lang nek word vertikaal (regop) gehou wanneer dit bespeel word.

Al die instrumente word bespeel terwyl plat op die grond gesit word.

Identifiseer nou die instrumente volgens bostaande beskrywing.

Stap 5

D ie samestelling van indiese musiek

Indiese musiek bestaan basies uit drie patrone wat elk verteenwoordig word deur ‘n spesifieke instrument. Voltooi die volgende deur die instrument en die funksie (patroon) by te voeg.

Raga

Instrument :

Funksie

Tala

Instrument:

Funksie:

Dreunbas

Instrument:

Funksie:

Stap 6

Volg die opvoeder se instruksies om ‘n komposisie in eg Indiese styl uit te voer!

Stap 7

Toets jou kennis van indiese musiek

Merk die blokkie met die korrekte antwoord in. (a,b of c)

  1. Wat is die Indiese woord vir musiek?
a Sangira b Sangita c Musica
  1. Watter ander twee kunsvorme word ook met die term aangedui?
a Dans en drama b Tatoeëring en dans c Tatoeëring en drama
  1. Waar is Indië geleë?
a Afrika b Amerika c Asië
  1. Watter godsdienste word veral in Indië beoefen?
a Hindoeïsme b Boeddhisme c Christen
  1. Hoe is Indiese volksmusiek (asook die klassieke tradisie) versprei?
a Bladmusiek b Films c Mondeling
  1. In watter taal is die onderskrifte in films van Indië?
a Afrikaans b Frans c Engels
  1. Wat beteken improvisasie?
a Om die melodie te speel net soos wat jy wil b Om musiek op te maak soos jy vorder c Om tyd te hou
  1. Op watter sisteem is Westerse musiek hoofsaaklik gebaseer?
a Diatoniese b Pentatoniese c Tala
  1. Op watter sisteem is ons eie raga gebaseer?
a Diatoniese b Pentatoniese c Tala
  1. Uit hoeveel partye bestaan Indiese musiek?
a Een b Twee c Drie
  1. Wat beteken die woord “raga”?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask