<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Uitdrukking en kommunikasie

Module 5

Om die gebruik van instrumente in westerse musiek te ondersoek

Musiek

I nleidend

Kan jy enkele voorbeelde noem waarvoor musiekinstrumente gebruik word?

Uit hierdie voorbeelde kan jy aflei dat die primêre doel van musiekinstrumente is om klank te produseer en musiek te maak!

Onthou jy nog die ghommatrom?

Wat is die doel, funksie en rol van die ghommatrom?*

Maar hoe word die trom in ander musiekkulture gebruik?

Die funksie en rol van instrumente varieer van tydstip tot tydstip, area tot area en kultuur tot kultuur. Ons gaan in hierdie module ondersoek instel na die doel, funksie en rol van instrumente (spesifiek ook die trom) in:

  1. Westerse musiek ( klassieke musiek)
  2. Tradisionele musiek (Indiese musiek)
  3. Inheemse musiek (Afrika-musiek)

Aktiwiteit 1:

Om die gebruik van instrumente in westerse musiek te ondersoek

[lu 4.3]

Stap 1

Die opvoeder sal ‘n kort gedeelte van SYMPHONIE FANTASTIQUE (1829) DEEL IV van Hector Berlioz aan jou voorspeel.

Omkring die korrekte moontlikhede:

  • Watter tipe orkes is dit?
Rock Jazz Simfonie Pop
  • Watter tipe instrumente kan jy onderskei?
Strykers Houtblasers Koperblasers Slagwerk

Stap 2

Die opvoeder sal agtergrond inligting gee omtrent die komposisie, sowel as die komponis. Luister goed en beantwoord dan die volgende vrae.

  • Wat is ‘n simfonie?
  • Wat is ‘n programsimfonie?
  • Waarvoor was Berlioz veral bekend?
  • Noem een tipiese kenmerk van die Romantiek.
  • Wat is die tema van hierdie simfonie?

Stap 3

Luister (meer as een maal!) na kort gedeeltes uit die onderskeie dele van die simfonie en beantwoord die vrae. Julle kan ook in groepies werk

D eel ii

  • Watter geleentheid word beskryf deur die musiek?
  • Hoe weet jy dit?
  • Watter instrumentegroep vorm die basis van die orkes?
  • Watter instrument verleen ‘n “feëagtige” gevoel?

D eel iiI

  • Watter toneel word hier uitgebeeld?
  • Uit watter instrumentegroep sou jy kies om die skaapwagters se fluite uit te beeld?
  • Watter instrumente gebruik die komponis?
  • Wat is die belangrikste funksie van die houtblasers?
  • Watter rol/le neem die strykers aan?

D eel iV

  • Watter instrument/instrumentegroep is hier veral pertinent?
  • Hoe ervaar jy hierdie musiek? Gee byvoeglike naamwoorde om dit te beskryf.
  • Waarvoor is koperblasers aanvanklik (nog voor die simfonie-orkes) gebruik?
  • Waarom?
  • Beskryf die funksie van die koperblasers.
  • Beskryf die funksie van die slagwerkinstrumente.

Aktiwiteit 2:

Om die gebruik van instrumente in tradisionele musiek te ondersoek: indiese musiek

[lu 4.3]

Stap 1

Luister na die musiek en beantwoord die volgende vrae:

  • Is die musiek bekend aan jou?
  • Waaraan laat die musiek jou dink of waar dink jy sal jy hierdie tipe musiek hoor?
  • Hoeveel instrumente hoor jy?
  • Beskryf in jou eie woorde wat jy dink die funksie van elke instrument is.
  • Kan jy enige patrone hoor m.b.t. melodie, ritme en vorm?
  • Dink jy die melodie is spesifiek so gekomponeer (m.a.w. alles noot vir noot neergeskryf) of is daar baie improvisasie?

Stap 2

T uiswerk/navorsing

Versamel prente en artikels wat verband hou met die Indiese tradisies (klere, kos, instrumente, materiaal, kuns, maskers ens.) en plak dit in jou leerderjoernaal. As jy video opnames kan maak van programme op televisie kan jy dit gerus aan die res van die klas voorspeel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask