<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 5

Om afleidings uit ‘n teks te maak

Aktiwiteit 1:

Om uit gelese teks afleidings te maak

[lu 3.1.2]

Lees die onderstaande deur en bewoord die vrae:

KOOP JY DIE NAAM?

Dit maak nie regtig saak hoe duur die bande van 'n motor is, of dat 'n eksotiese parfuum se bottels in Venesië geblaas is, of dat 'n beroemde vulpen vervaardig word van die hitteskild wat vir die ruimte-pendeltuig, Columbia, gebruik is nie.

Wat saak maak, sê die mense wat probeer peil hoe verbruikers se grille werk, is die naam. Hoe die produk lyk of wat dit is, is skynbaar van minder belang as die naam of die kenteken wat baie duidelik aangebring moet word.

Dink maar aan die volgende name en probeer produkte daar byvoeg: Cartier, Pierre Cardin, Christiaan Dior of Poco Rabanne.

Nie die geur, glans, waarborg of mode is so deurslaggewend nie. Dit geld vir enigiets en alles, van die groot handgemaakte motor met die RR op sy snoet tot polshorlosies en roomys.

Die gewildheid van 'n naam wissel soms van gemeenskap tot gemeenskap en saam met die vlak van ingeligtheid van sekere groepe. As dit bloot gaan om die bekendheid van 'n handelsnaam wat mense maklik onthou, is Coca-Cola los voor op die jongste wêreldranglys, die Europese ranglys - en by gekleurde Suid-Afrikaners.

By blankes word die bekende koeldrank geklop deur Pick 'n Pay en Checkers, sê mej. Sue Grant van die marknavorsers Markinor, na aanleiding van 'n opname wat hulle 'n paar maande gelede gemaak het.

Blanke Suid-Afrikaners onthou die handelsnaam Pick 'n Pay die beste en plaas dit ook bo-aan die lys van maatskappye wat hulle die meeste bewonder.

Gekleurde Suid-Afrikaners se rangorde vir maatskappye wat hulle bewonder, stem baie meer ooreen met handelsname wat hulle spontaan onthou. Daar is uitsonderings soos Toyota wat hoog opgegee word onder die maatskappye wat hulle bewonder, maar nie hoog op die lys is van handelsname wat hulle spontaan onthou het nie.

Hoe dit ook al sy, die Suid-Afrikaanse rangorde se klem val hoofsaaklik op kos en verskil baie van dié in Europa en die wêreld, waar voedsel, benewens koeldrank, beperk is tot McDonalds se hamburgers.

SUID-AFRIKA SE TOP TIEN
Blankes Ander Groepe
Pick 'n Pay Coca-Cola
Checkers SAB
Coca-Cola OK Bazaars
OK Bazaars Pick 'n Pay
Woolworths Lever Bros
Koo Checkers
Edgars Eskom
Toyota Shell
Volkswagen Clover
Philips Toyota
  1. Bespreek gou die volgende vrae in groepe:
  2. Waaraan koppel julle die volgende name: Pierre Cardin, Christiaan Dior, Cartier?
  3. Op watter handgemaakte motor sal jy die kenteken RR aantref?
  4. In watter land word die motor gemaak?
  5. Beantwoord nou die volgende vrae individueel:
  6. Watter handelsnaam word wêreldwyd die maklikste onthou?
  7. Watter twee handelsname klop bostaande handelsnaam onder blanke Suid-Afrikaners?
  8. Wat is, volgens die artikel, die belangrikste aspek wat ‘n produk verkoop?
  9. Verskaf een woord uit die leesstuk vir die volgende:
  • omhulsel wat teen hitte beskerm
  • dit gee die deurslag
  • iets in ‘n spesifieke orde plaas
  • Hoe verskil die Suid-Afrikaanse rangorde (alle bevolkingsgroepe) van die wêreldrangorde?
  • Hoekom leef die naam Bugatti vandag nog voort?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask