<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Persoonlike ontwikkeling

Module 14

'n positiewe selfbeeld

Aktiwiteit:

Om persoonlike suksesse te identifiseer en 'n aksieplan vir voortgesette positiewe selfbeeldvorming te ontwikkel

[lu 3.1]

Voltooi die onderstaande tabel eerlik en met aandag:

Onthou: Hierdie prestasies verwys na jou persoonlike beste prestasies - nie jou prestasie in vergelyking met iemand anders s’n nie. As jy byvoorbeeld in die tweede kwartaal 47% vir Wiskunde (akademiese prestasie) gekry het teenoor die 43% van die eerste kwartaal, is dit ‘n prestasie. So ook as jy hierdie jaar deelgeneem het aan die klasdebat (kulturele prestasie), terwyl jy verlede jaar te bang was om voor die klas op te tree, is dit ook ‘n prestasie.

LW: Die karakterprestasie het hier te make met jou persoonlikheid en geaardheid. Dit is dikwels moeiliker om hierdie prestasies en tekortkominge raak te sien. Een voorbeeld is miskien jou traagheid of fluksheid om jou ouers te help met takies in en om die huis:

Prestasie: Ek maak elke dag my bed op nadat ek in die verlede net oor naweke my bed opgemaak het.

Tabel 1

My beste prestasies in 200_:

Vorige prestasie Huidige prestasie
Akademiese prestasies:
Sportprestasies:
Kultuurprestasies:
Karakterprestasies:

Onderstreep (of "highlight") daardie prestasies waarop jy dink dat jy nog kan verbeter in die jaar wat voorlê. Kies een uit elke groep.

Voltooi nou tabel 2:

  1. Vul die prestasies wat jy onderstreep het in die eerste kolom in.
  2. Stel vir jou ‘n nuwe mikpunt en dui dit in die tweede kolom aan. Hier moet jy vir jou ‘n realistiese mikpunt stel. Dit sou onrealisties wees as jy bv. ‘n persoonlike mikpunt van 97% stel as jy die vorige keer 47% gekry het, maar met harde werk is 55% sekerlik binne jou bereik.
  3. In die derde kolom moet jy ‘n plan van aksie uitdink. Dit moet weer eens haalbaar wees, byvoorbeeld

vir jou Wiskunde- (akademiese) mikpunt: neem ekstra Wiskundeklas,

of

as jy aan die kunswedstryd wil deelneem (kultuur): sluit aan by die buitemuurse dramaklas,

of

by karakterprestasie sal ‘n nuwe mikpunt (volgens die bg. voorbeeld) wees: maak ook my kamer oor naweke netjies.

Tabel 2

Huidige prestasie Nuwe mikpunt Plan van aksie
Akademiese prestasie:
Sportprestasie:
Kultuurprestasie:
Karakterprestasie:

Assessering

LU 3

persoonlike ontwikkeling

Die leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 persoonlike suksesse identifiseer en ‘n aksieplan ontwikkel vir die voortgesette vorming van ‘n positiewe selfbeeld;

3.2 begrip van en respek vir liggaamsveranderings toon;

3.3 op ‘n gepaste manier uitdrukking gee aan ‘n verskeidenheid gevoelens en dit respekteer;

3.4 maniere ondersoek en evalueer om doeltreffend op gewelddadige situasies en kontekste te reageer;

3.5 besin oor hoe terugvoering gegee en ontvang kan word;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask