<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

SKOOLPRET

Module 32

‘N NUWE KLASMAAT

Aktiwiteit 1

Om leestekens te gebruik en woordeskat te bou [LU 4.5.3, 3.6.2]

ONTMOET VIR BENNIE ('n Leesstuk met begripsvrae)

Lees die onderstaande leesstuk in julle groepe en bespreek dan die vrae wat daarop volg:

Vandag kry ons 'n nuwe klasmaatjie. Bennie.... Bennie wie? Hoe het Juffrou nou weer gesê?

"Klas, vandag kry julle 'n nuwe klasmaatjie en sy naam is Bennie Bezuidenhout. Emile, hy moet langs jou sit. Sal jy hom asseblief help om by ons skool tuis te voel? Wys vir hom pouse waar die speelterrein en die kleedkamer is."

As Juffrou maar net weet hoe bly ek is om 'n nuwe maatjie te kry! Ek voel sommer baie trots dat Juffrou vir my uitgekies het om vir Bennie te help.

Gou maak ek plek vir Bennie om langs my in die dubbelbank te sit. Ons almal help om sy skryfboeke en handboeke gereed te kry; ons trek oor en Juffrou skryf sy naam op al sy boeke. Toe die skoolhoof vir Bennie na ons klas bring, is alles gereed.

Bennie is 'n lang seun, wat sterk gebou is. Hy kan seker goed rugby en krieket speel. Sy ouers het reeds vir hom sy skoolklere gekoop en hy lyk sommer soos een van ons.

Juffrou heet hom welkom en hy kom sit langs my. Hy pak sy skooltas uit: 'n potloodsakkie, 'n liniaal, sy vorige skool se boeke en 'n woordeboek. Laaste haal hy sy kosbakkie en 'n koeldrankbottel uit.

Hy kyk vir my en glimlag vriendelik en ek hou sommer dadelik van hom. Ek besluit dat ek hierdie nuwe maat mooi sal help om gelukkig in ons skool te wees.

Skryf nou die antwoorde van die vrae in volsinne neer. Onthou om ‘n sin met ‘n hoofletter te begin en om leestekens te gebruik.

(a) Waar gaan Bennie sit?

..............................................................................................................

..............................................................................................................

(b) Wat doen die kinders in die klas om die juffrou te help om vir Bennie se koms gereed te maak?

..............................................................................................................

..............................................................................................................

(c) Hoekom dink Emile dat Bennie goed in sport behoort te wees?

.............................................................................................................

.............................................................................................................

(d) Waarmee moet Emile vir Bennie help?

.............................................................................................................

.............................................................................................................

(e) Waarom lyk Bennie reeds soos een van hulle?

.............................................................................................................

.............................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask