<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 4

Maak jou eie speelgoed

Module 9

‘n faks vanaf speelgoedland

‘n faks van speelgoedwêreld

Aktiwiteit 1

Om ‘n probleem te identifiseer en ‘n ontwerpopdrag te aanvaar [lu 1.1, 1.4, 1.6]

Lees meegaande faks en skryf daarna Supertoy se ontwerpvoorstel in een sin.

AAN: Tegnologie-ontwerpspan

VAN: Speelgoedwêreld

ONDERWERP: Speelgoed vir laerskoolkinders

Vanjaar val die klem op praktiese (eenvoudige) speelgoed wat kinders vir hulself kan maak om tuis mee te speel. Ons wil hê u moet die volgende twee produkte (hoed, roeiboot), wat ons voorlopig ontwerp het, bou en verbeter. Neem in ag dat dit bekostigbaar en ook aantreklik moet wees. Gebruik slegs die materiale wat verskaf word.

Hoede

  • Materiale : Papier/karton, skêr, kramdrukker, gom, spleetspeld.
  • Hulplyn : Besonderhede van die ses gewildste hoede by kinders word verskaf.
    Roeiboot
  • Materiale : 1ℓ karton melkhouer, kleefband/gom, twee (roomys-) stokkies, rekkies, kramdrukker, skêr.
  • Hulplyn : Ontwerpplan word verskaf.
    Baie dankie dat u span die kontrak aanvaar het. Ons verneem binne twee maande van u!

Vriendelike groete.

H. Toybee

Hans toybee

HOOF: SPEELGOEDWÊRELD

Ons ontwerpvoorstel:

WAT? .........................................................................................................

Vir WIE? ......................................................................................................

Vir WANNEER? ...........................................................................................

Vir WAAR? ...................................................................................................

Aktiwiteit 2

Om die spesifikasies vir ‘n geskikte hoed te bepaal [lu 1.2]

Gonsgroep

Aan watter vereistes (spesifikasies) wil Speelgoedwêreld hê moet die hoede voldoen? (Skommel reg!)

g d v E o n e u I
r a i P t e k s
o k o p d e G o

Hulplyn

Gelukkig verskaf Speelgoedwêreld die volgende ses idees. Vra hul hulplyn. Bestudeer die volgende twee bladsye daaroor.

  • Maak seker julle weet hoe elke tipe hoed ontwerp kan word.
  • Voldoen dit aan die drie vereistes (1.2 a) van Speelgoedwêreld? (Sien gonsgroep).

Aktiwiteit 3

Om ondersoek na die soorte hoede in te stel [lu 1.3]

a) Verjaarsdaghoed

b) Blomhoed

c) Kroon

d) Pet

e) Fes

f) Helm

Assessering

Leeruitkoms 1: tegnologiese prosesse en vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;

  • uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en die hoofontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk) identifiseer wat dit geskik as ’n oplossing maak;

1.3 waar gepas ’n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:

  • beplan die ondersoek;
  • voer die ondersoek uit;
  • verwerk en interpreteer data;
  • evalueer en kommunikeer bevindinge;

1.4 met bystand ’n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk vir ‘n gegewe doel;

1.6 een van hierdie oplossings kies en redes vir die keuse gee.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11098/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask