<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kowie Brönn sê toe’s hy in ‘n stryd. Want koue port het hy al gedrink, maar hy’t nie eens geweet mens krý warm port nie. Dis dié wat hy toe van aperigheid sê: “Gee maar ‘n warmetjie, mister King.”

a) Lees die teks nou op jou eie deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

(i) Is die storie hartseer, komies, kwaai, vriendelik?

(ii) Dink jy die storie is waar? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

(iii) Op watter tyd van die dag speel die verhaal af? Gee een rede vir jou antwoord.

(iv) Baie van die sinne in die teks is in aanhalingstekens geskryf. Wat beteken dit?

(v) ‘n Sinoniem vir “tweegesprek” (‘n gesprek tussen twee persone) is dialoog . Is die dialoog tussen Oom Kowie en die koning:

beleefd?

ongeskik?

respekvol?

ongemanierd?

vriendelik?

onvriendelik?

(Antwoord JA of NEE, en bespreek redes vir julle antwoorde)

(vi) Die skuinsgedrukte sin in die eerste paragraaf is eintlik ‘n onvolledige sin, maar tog verstaan ons dit. Die volledige sin sou kon wees: Die mense slaap darem nie meer nie, dog ek.

Soek na nog so ‘n paragrafie met onvolledige sinne. Verander dit na volledige sinne en skryf dit hieronder neer.

Moenie vergeet om jou persoonlike woordelys op die laaste bladsy aan te vul nie.

AKTIWITEIT 2

OM DIE TAALIDIOOM IN DIE TEKS TE VERSTAAN EN TE GEBRUIK

[LU 2.4.2]

Groepbespreking

b) Bespreek eers in groepe wat die volgende uitdrukkings beteken en skryf dan jou antwoorde neer.

(i) Wat beteken dit om iemand om die nek te val?

(ii) Wat doen jy as jy met iemand ‘n woordjie breek?

(iii) Wanneer is ‘n seun of ‘n meisie opgeskote?

(iv) Wat bedoel ons as ons sê iemand is spekvet en gesond?

(v) Wat doen jy as jy iets links laat lê?

(vi) Die woord “aperigheid” kom aan die einde van die leesstuk voor. Watter een van die volgende word daarmee bedoel? Kleur die regte antwoord in.

Aapstreke uithaal / Snaaks wees / Nie van beter weet nie.

AKTIWITEIT 3

OM TE SOEKLEES VIR SPESIFIEKE BESONDERHEDE

[LU 3.1.1]

Klasaktiwiteit

By a) (iii) het jy neergeskryf op watter tyd van die dag die verhaaltjie afspeel. Probeer nou om ook al die ander sinne te identifiseer wat die tyd van die dag aandui. Onthou om nie antwoorde uit te skree nie – steek jou hand op!

AKTIWITEIT 4

OM TE LEES TERWYL OOGKONTAK VERSKUIF OM SO ‘N GROOT MOONTLIKE DEEL VAN DIE GEHOOR IN TE SLUIT [LU 2.3.1]

OM GEPASTE INTONASIE EN GESIGSUITDRUKKINGS TE GEBRUIK [LU 2.3.2]

OM TEMPO EN VOLUME VIR KLEM AAN TE PAS [LU 2.3.3]

OM POUSES GEPAS TE GEBRUIK EN TOON VOLGENS DOEL AAN TE PAS

[ LU 2.3.4]

Rollees die teks met jou maat. Julle moet poog om die volgende vaardighede korrek uit te voer:

  • oogkontak met mekaar (later met die klas);
  • die regte gebruik van jou stem (vinnig/stadig; opgewonde/gedemp; vriendelik; hard/sag; ens.);
  • die regte gesigsuitdrukkings (bv. bly).Oefen dit ook tuis en vra bv. vir Pappa of Mamma om saam met jou te lees. Jy moet deeglik voorberei, want jy gaan geleentheid kry om dit saam met jou maat aan die klas voor te lees.

Assessering

LU 1

LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask