<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 5

LUISTER, LEES EN PUNKTUASIE

Ek wens ek......................................................................

Daar is baie wense wat jy op die stippellyn kan invul. Dalk wens jy jy kan êrens heen reis of miskien is daar iemand wat jy graag wil ontmoet. Andersins wil jy dalk baie geld hê of op 'n ander plek gaan bly. Jy wens moontlik ook dat jy baie beroemd is of iemand anders kan wees.

Ons gaan in modules 5 tot 9 allerhande wense wens. Gee jou verbeelding vrye teuels!

Aktiwiteit 1

Om antwoorde uit die inhoud van ‘n gedig af te lei [LU 1.2]

1. Luister aandagtig na die gediggie wat jou leerkrag vir jou voorlees. Kies dan die regte feite uit elke sin. Maak ‘n in die korrekte blokkie.

Wat ek wil wees

Ek wil so graag ‘n dokter wees

dan word almal gou gesond

of was ek nou ‘n reisiger

dan reis ek orals rond.

Of anders wil ek koning wees

van ‘n groot en magtig land

dan heers ek oor my koninkryk

met wysheid en verstand.

‘n Meester wil ek ook graag wees

dan sou ek kinders leer -

is ek in ‘n slegte bui -

om my nie te tempteer!

Dan dink ek soms ‘n olifant

of anders ‘n malmokkie!

‘n Tier is darem mooi, weet jy?

Of anders ‘n toktokkie!

Maar kon ek al die dinge wees

dan sê hul: “Hy is gek!”

Dus – as ek alles reg oordink

dan bly ek liewers ek!

Henriette Pienaar

verpleeg-ster genees-heer tandarts
1.1 Die persoon wat jou gou met medisyne gesond kan maak, is ‘n …
slim wees ryk wees lank en sterk wees
1.2 ‘n Koning moet ...
onder-wyser predikant boer
1.3 ‘n Moderne woord vir ‘n meester is ‘n ...
olifant toktokkie beer
1.4 Hierdie kind dink diere is mooi. Watter dier uit hierdie lysie is nie in die gediggie genoem nie?
‘n seun of ‘n dogter?
1.5 Is die kind wat hier praat ...

Ek wens ek kon op ‘n ruimtereis gaan.Heel eerste wil ek gaan land op die maan.Daarna sal ek reis na ‘n ander planeet,Soos Jupiter, Mars, dalk Venus, wie weet?

Lees nou die volgende leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae .

EK WENS EK WAS 'N RUIMTEREISIGER.

Het jy ook al saans na die maan en sterre gekyk en gewens jy kan op 'n ruimtereis gaan? Dalk wens jy dat jy op die maan kan gaan land, of op 'n ster. Ek wonder of jy geweet het dat die sterre eintlik planete is en dat die son ook 'n ster is. Daar is egter nog miljoene sterre wat ons nie eens met 'n teleskoop kan waarneem nie omdat hulle te ver van die aarde af is.

Die son is soos 'n groot bol vuur en straal lig en warmte uit. Die son is ook geweldig groot, maar lyk klein omdat hy miljoene kilometer ver van die aarde af is. Die aarde is 'n planeet wat om die son draai of wentel. Dit neem die aarde 'n hele jaar om een keer om die son te wentel. Daar is nog agt ander planete wat ook om die son wentel, waarvan Venus en Jupiter twee is.

Daar is al baie bemande en onbemande ruimtetuie die ruimte in gelanseer. Wetenskaplikes kom op hierdie manier meer te wete van ander planete en probeer so vasstel of daar enige tekens van lewe op hulle is.

Aktiwiteit 2

Om voorspellings en afleidings uit gelese teks te maak [LU 3.1.1]

  1. Beantwoord nou die volgende vrae:
  1. Waarvoor dink jy word 'n teleskoop gebruik?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask