<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 2.4

Aktiwiteit 7

  • Hoe word meervoude en verkleinwoorde gevorm?

Onthou:

  • Die meeste meervoude word gevorm deur ’n –s of –e by die woord te voeg. Voorbeelde: een oom twee ooms een tante twee tantes een neef twee neefs

Onthou die volgende:

  • Wanneer die woorde op ’n -i , -u , -o en ’n beklemtoonde, kort a eindig, kry ons ’n ‘s in die meervoud ( en ‘tjie in verkleinwoord)Byvoorbeeld: een ma twee ma’s
  • Wanneer die laaste gedeelte van die woord ’n kort klinker ( a , u , o , i , en a ) bevat, word die laaste klank verdubbel.Byvoorbeeld: een mes twee messe een model twee modelle
  • Verkleinwoorde word gevorm deurdat ons -ie , -pie , -tjie , of ‘tjie , ens. byvoeg.

DIT IS BELANGRIK OM TE ONTHOU DAT HIERDIE SLEGS ENKELE VOORBEELDE IS !

  • Voltooi die onderstaande tabel deur elke keer die ontbrekende woord in te vul. Die woorde moet korrek gespel word.
Woord Meervoud Verkleinwoord
ouma
pa’s
nefie
oupas
ma
tante
ooms
niggie
swaers
skoonsussie
stiefseun
dogters
skoonma
sustertjie
LU 6.2

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 aandagtig luister tydens ’n bespreking.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 interaksie voer in addisionele taal;
2.3 ontwikkeling toon in die vermoë om kenmerke van die gesproke taal te gebruik en te kommunikeer;
2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie- en nie-fiksieverhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.7 vir genot lees;
3.8 sommige elemente van die poësie verstaan.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.4 skeppend skryf;
4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture, gebruik.

Memorandum

Moontlike antwoorde en riglyne

AKTIWITEIT 1

1. Gesin verwys na die vader, moeder en kinders. Familie verwys na al die ander, bv. die grootouers, tannies, ooms, neefs en niggies.

2. vinnig

3. Mense het nie meer tyd vir familie en vriende nie/ mense het behep geraak met hul beroepe / niemand het meer tyd vir kuier en ontspanning nie. (enige twee) Alledaagse voorbeelde: eie keuse.

4. min gepla is

5. Die werk wat iemand doen om sy brood te verdien. (Die geld wat iemand verdien om ‘n bestaan mee te maak.)

6. Opvoeder kontroleer.

7.

7.1 voorkoms – die wyse waarop mense hulself versorg.

7.2 stabiliteit – standvastigheid/bestendigheid/lewe volgens vaste beginsels.

7.3 navorsing – studies omtrent die onderwerp/feite, materiaal uit die alledaagse lewe inwin om sekere afleidings te maak.

7.4 samelewing – gemeenskap/ mense in ‘n bepaalde omgewing.

7.5 aanslae absorbeer – krisisse hanteer/ moeilike keuses maak, ens.

7.6 vasstaande dinge – beginsels, tradisies wat baie lank staan.

7.7. ondersteun – om iemand te help/by te staan.

7.8. veilige hawe – ‘n plek waar jy tuis voel/ waar daar minder eise en stres is[bg. antwoorde dien slegs as riglyne – aanvaar ook ander relevante besprekings]

AKTIWITEIT 2

Die voorbeeld van die assesseringsmatriks vir ‘n paragraaf (agter aangeheg) mag hier gebruik word.

AKTIWITEIT 3

1. Een van die ouers is oorlede / ouers geskei / kinders buite huweliksverband gebore / kinders aangeneem, ens.

2. Ouma en Oupa woon in by kinders omdat hulle nie meer selfversorgend is nie / of omdat dit vooraf so beplan is. ‘n Tekort aan huisvesting kan ook meebring dat mense gedwing word om by mekaar te woon. Kinders uit vorige huwelike wat by bestaande gesin inwoon, ens.

3. Opvoeder fasiliteer die bespreking.

AKTIWITEIT 4

Let asseblief daarop dat hierdie aktiwiteit met groot omsigtigheid hanteer moet word omdat dit sommige leerders mag ontstel, veral as hulle uit gebroke huise kom.

AKTIWITEIT 5

1. Ooms

2. Neef

3. Skoonma

4. Skoondogter

5. Dogter

6. Ma

7. Pa

8. Niggie

9. Broer

10. Seun

11. Swaer

12. Tante

AKTIWITEIT 6

Opvoeder fasiliteer die bespreking.

Groepbespreking kan ook geassesseer word.

AKTIWITEIT 7

WOORD MEERVOUD VERKLEINWOORD
ouma oumas oumatjie
pa pa’s pa’tjie
oupa oupas oupatjie
ma ma’s ma’tjie
tante tantes tantetjie/tannie
oom ooms oompie
niggie niggies niggietjie
swaer swaers swaertjie
skoonsuster skoonsusters skoonsussie/skoonsustertjie
stiefseun stiefseuns stiefseuntjie
dogter dogters dogtertjie
skoonma skoonma’s skoonma’tjie
suster susters sustertjie/sussie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask