<< Chapter < Page Chapter >> Page >

7.4 samelewing (paragraaf 4)

7.5 aanslae. . .absorbeer: (paragraaf 4)

7.6 vasstaande dinge (paragraaf 5)

7.7 ondersteun (paragraaf 5)

7.8 veilige hawe (paragraaf 5)

LU 3.7 LU 3.8

Aktiwiteit 2

  • Vertel kortliks hoe julle gesin of familie ’n baie moeilike tyd oorleef het. (Een paragraaf, 5 − 6 sinne) Gebruik vier nuwe woorde wat jy aangeleer het.

OF

  • Vertel kortliks van ’n opwindende gebeurtenis wat jul gesin/of familie beleef het.
  • Voordat julle jul paragrafie inlewer, moet julle eers die volgende kontrolelys voltooi:
Ja Nee
1 . Het ek elke sin met ’n hoofletter begin?
2 . Het ek elke keer ’n punt aan die einde van die sin gebruik?
3 . Is my handskrif leesbaar ?
4 . Het ek die opdrag korrek beantwoord?
5 . Is daar vier “nuwe” woorde in my paragraaf?
LU 4.1

Aktiwiteit 3

In die verlede het die tradisionele gesin uit ’n ma, pa, boeties en sussies bestaan. Deesdae is daar ’n groot aantal familie-vorme wat suksesvol as kerngesin bestaan.

Hier volg twee algemene voorbeelde:

Die enkel-ma of enkel-pa

Die uitgebreide gesin.

Bespreking:

1. Noem twee redes waarom ons deesdae enkelouers aantref.

2. Noem twee maniere waarop die “uitgebreide gesin” gevorm kan word.

3. Is daar nog ander familiestrukture waarvan jy die klas kan vertel?

4. Vertel van ’n interessante of buitengewone familiestruktuur waarvan julle kennis dra. (Julle kan ook vertel van ’n storie wat julle gelees het. Wat van ’n foto of koerantuitknipsel van die familie/gesin?)

LU 1.4 LU 2.3

Aktiwiteit 4

Stamboom

  • Vra julle ouers om julle te help met die inligting en voltooi dan die volgende stamboom.
LU 4.1

Aktiwiteit 5

  • Julle het sekerlik nou nuwe woorde bygeleer. Toets nou jul kennis oor die “name” wat ons die familie gee deur die volgende woordspeletjie te voltooi. (Daar is meer as 10 woorde weggesteek.)
A B D E R T H Y U J I K L P L J Y
K O Q W A S S D F L H I U B A T H
S P C S B O U T S U S T E R A F H
K E M E T U I O K P L L E O O F W
O O F H F M A L O K D T P E E B E
O R T Y U A M V O R S A G R T X T
N Q I P O G N D N L G N K A E S U
D O G T E R B S M S K T L O C A O
O D T Y U O U M A B L E E G U W P
G E T M O O O A P C O M E H N P L
T E R N P T O A O X P T A L K D A
E T F B I J R D U Z B P I S L F H
R Y D V Y E D J Y M C N E E F V V
Y E C C A E S Y T I A N K U P V C
T U A W R A A I R T E N I G G I E
R I S X E O P O E R W E W O E G S
A P A P S E U N W E R K I P F F O
LU 3.8

Aktiwiteit 6

  • Die volgende brief het in ’n bekende tydskrif se RAADGEE-RUBRIEK verskyn:

My onskuldige dogter, met die sagte krulhare en onnutsige bruin oë, het oornag verander. Sy dra hoë platformskoene, groot oorringe, nou­sluitende langbroeke en die kortste T-hempies. Sy het snot en trane gehuil oor ’n naeltjiering en ’n selfoon. Die hare moet gebleikte strepies hê en ontwerpersetikette is “funky”. Sy kry die stuipe as sy die huis verlaat sonder maskara en lipglans. Volgende week is die klere waaroor sy vandag ge‘rave’ het, oudmodies en “boring”. Ek is raadop. Waar gaan dit alles eindig? Ek ken my kind nie meer nie! Help my, asseblief.

Desperaat van Kroonstad.

  • Hierdie groep jongmense word die sogenaamde “tussen-inners” genoem.
  • Bespreek hierdie verskynsel in jul groepe. (Julle kan gerus van die volgende vrae gebruik maak.)

Vrae:

  • Is daar ook sulke meisies in jul gemeenskap?
  • Hoe oud kan hierdie meisies wees?
  • Waar hang hulle gewoonlik uit?
  • Watter ooreenkomste/verskille is daar tussen dié meisies in jul gemeenskap en die wat hier beskryf word?
  • Watter raad sal jy aan die ouers van sulke kinders gee?
  • Watter raad sal jy aan die meisies gee?
  • Dink jy dat hulle die fase sal ontgroei?
  • Is dit ’n belangrike fase in ’n meisie se lewe?
  • Wat doen seuns van min of meer dieselfde ouderdom wat ‘vreemd” is?
  • Is hierdie verskynsel ’n meisie-ding?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask