<< Chapter < Page Chapter >> Page >

7. verkies om te staan en werk

8. hou van musiek in die agtergrond terwyl daar gewerk word

9. geniet om met hande te werk – goed te maak

10. hou daarvan om kougom te kou - in klas te eet

11. leer deur beweging en ondersoek van wêreld

12. mag as hiperaktief beskou word

13. vind maklik rigting

14. vat maklik aan andere (gee drukkies, ens.)

15. verkies om dinge self te doen eerder as om ‘n demonstrasie dop te hou of op te lees in ‘n boek

AKTIWITEIT:

[LU 5.1]

1. Wat is jou leerstyl?

2. Watter strategieë (metodes) kan jy gebruik om meer effektief te studeer?

Navorsing van Voorsieners van Fondse vir Studie- en Beroepsdoeleindes

Ná-skoolse (tersiêre) opleiding is baie duur en dikwels is dit die koste wat ons daarvan weerhou om die beroep te beoefen wat ons nog altyd van gedroom het.

Daar is egter maniere om hierdie struikelblok te oorkom. As ons vroegtydig inligting bekom oor watter metodes aangewend kan word om fondse vir studiedoeleindes bymekaar te maak, kan ons onsself en ons ouers baie bekommernisse spaar.

Hier volg ‘n paar wenke:

1) Heel eerste moet jy jou eie situasie bestudeer

a) Is daar reeds voorsiening gemaak vir studie? Ouers neem soms studiepolisse uit vir hul kinders om voorsiening te maak vir studie-onkostes. Het jou ouers dit gedoen?

b) Indien jou ouers voorsiening gemaak het, is dit genoeg vir die kursus wat jy van plan is om te volg? Dikwels styg studiekoste so baie dat ‘n polis wat ‘n paar jaar vantevore uitgeneem is, nie meer genoegsaam voorsiening maak vir die volle koste nie.

c) As jou sake in orde is, het jy geen rede tot verdere kommer nie. As daar egter geen gespaarde fondse is nie, of as die fondse glad nie voldoende is nie, moet jy verdere planne maak. ‘n Deeglike opleiding is net té belangrik om sommer oorboord te gooi.

2) Wat kan jy self aan die situasie doen?

a) Jy kan jou studies uitstel en eers gaan werk om geld bymekaar te maak.

b) Jy kan deeltyds studeer en deeltyds werk, sodat jy self kan help om jou studiegelde te dek. Hierdie opsie verg egter baie deeglike kennis van jouself, want dit kos baie selfdissipline om geld te verdien en onafhanklik te voel, maar nog steeds toegewyd te wees om jou tyd en geld vir studiedoeleindes te gebruik. Jy woon nie nou noodwendig klas by nie, óf jy werk ‘n gedeelte van die dag en woon lesings by vir ‘n ander gedeelte van die dag. Jy moet nou op jou eie besluit hoe om jou tyd te bestuur en by ‘n doeltreffende skedule te hou.

c) Jy kan aansoek doen om finansiële hulp om jou studies mee te finansier.

3) Die finansiering van jou studies

Daar is verskillende moontlikhede wat jy kan probeer:

a) Studiebeurse

  • Dit is finansiële hulp wat aan ‘n student toegeken word op grond van uitstekende prestasie.
  • Daar is gewoonlik geen werks- of terugbetalingsverpligtings vir die student nie.
  • Studiebeurse is meer beskikbaar in sekere studierigtings soos die skeikunde, ingenieurswese en die handelswetenskappe.

b) Beurslenings

  • Jy kan aansoek doen om ‘n beurs.
  • Dit is finansiële hulp wat aan ‘n student verleen word om homself vir ‘n loopbaan te bekwaam.
  • Daar word meestal van ‘n aansoeker verwag om ‘n goeie akademiese rekord te hê en finansieel die hulp regtig nodig te hê.
  • Gewoonlik is daar verpligtinge gekoppel aan ‘n beurslening. Daar word gewoonlik van die student verwag om vir ‘n sekere tyd by die instansie wat die beurs toegestaan het, te werk, of andersins om die bedrag na die voltooiing van studie terug te betaal.

c) Lenings

  • ’n Lening word deur jou ouers by ‘n bank aangegaan.
  • ’n Lening word toegestaan op grond van jou ouers se verhouding met die bank waar hulle sake doen.
  • ’n Lening moet altyd na voltooiing van studie terugbetaal word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask